Die volgende opsommings sluit in:
-Elemente en verbindings
- Voorstelling van formules
- Name en formules
- Chemiese reaksies
- Balanseer van reaksievergelykings
- Gastoetse
- Definisielys
Elemente en verbindings
Voorstelling van elemente en verbindings
Elemente en verbindings kan onder andere voorgestel word met behulp van simbole, formules en
grafiese voorstelling.
Element: ‘n suiwer stof bestaande uit een tipe atoom.
Verbinding: ‘n groep van twee of meer verskillende atome wat mekaar aantrek met relatiewe sterk
kragte of bindings. Die atome verbind in vaste verhoudings.
Elemente en die periodieke tabel
Die periodieke tabel van elemente is deur Dmitri Mendeleev voorgestel.
Dit is saamgestel deur elemente wat kenmerkende neigings ten opsigte van sekere fisiese en chemiese
eienskappe saam te groepeer.
Basiese struktuur van die atoom
• Atome bestaan uit drie subatomiese deeltjies – protone, neutrone en elektrone.
• Protone is positief gelaai en kom saam met die neutrone wat geen lading het nie in die kern van
die atoom voor. Die protone en neutrone word saam die neukleone genoem.
• Elektrone is negatief gelaai en kom rondom die kern voor in verskeie energievlakke wat ons
orbitale noem.
Uitleg van die periodieke tabel van elemente
Die periodieke tabel is die voorstelling van elemente in volgorde van toenemende atoomgetalle.
Dit toon aan hoe periodisiteit van fisiese en chemiese eienskappe van die elemente verwant is aan
atoomstruktuur.
Groepe is die vertikale kolomme in die periodieke tabel.
Sommige groepe het name:
• Alkali-metale (groep 1)
• Alkali-aardmetale ( groep 2)
• Halogene ( groep 17)
• Edelgasse ( groep 18)
Periodes is die horisontale rye in die periodieke tabel.
• Elemente kan of metale, nie-metale of metalloiede (half-metale) wees. Die metale en nie-
metale, met die uitsondering van waterstof, word geskei met ‘n sigsaglyn waar rondom die
metalloiede voorkom.
• Die half-metale kom op ‘n sigsaglyn voor tussen die metale en nie-metale.
• Metale word aan die linkerkant van die periodieke tabel aangetref.
• Nie-metale word aan die regterkant van die periodieke tabel aangetref.
, • Oorgangsmetale kom voor in groep 3-12
• Die half-metale sluit in: boor (B), silikon (Si), germanium (Ge), arseen (As), antimoon (Sb), telluur
(Te) en astaat (At).
• Half-metale het eienskappe van beide metale en nie-metale.
• ‘n Kenmerkende eienskappe van half-metale is verhoogde geleiding met toename in
temperatuur.
• Die metale is abie meer as die nie-metale op die periodieke tabel.
• Meeste metale is vaste stowwe by kamertemperatuur met die uitsondering van kwik (Hg) wat ‘n
vloeistof is.
• Talle nie-metale is diatomiese gasse soos waterstof (H2), stikstof (N2), suustof (O2), fluoor (F2) en
chloor (Cl2). Diatomies beteken dit bestaan uit molukule wat twee van dieselfde atome bevat
wat chemies gebind is.
• Broom (Br2) is ‘n rooibruin vloeistof by kamertemperatuur en jodium (I2) is ‘n vaste stof.
• Edelgasse is die enigste stowwe wat in atomiese vorm by omgewingstoestande gevind word.
Atoomgetal: Die getal protone in ‘n atoom van ‘n element.
Die massagetal van ‘n element stem ooreen met die aantal nukleone in die kern van daardie element,
met ander woorde die som van die protone en neutrone in die kern van die element. Die aantal
neutrrone kan dus bereken word deur:
Aantal neutrone = massagetal – atoomgetal
Simbole van elemente – word ALTYD met hoofletters geskryf. Indien die simbool vir die element uit
twee letters bestaan word die eertse letter met ‘n hoofletter geskryf en die tweede as ‘n klein letter.
Name van elemente
Die atoomgetal, simbool en naam van meeste elemente word in die tabel hieronder aangedui.
Atoomgetal Simbool Naam
1 H Waterstof
2 He Helium
3 Li Litium
4 Be Berillium
5 B Boor
6 C Koolstof
7 N Stikstof
8 O Suurstof
9 F Fluoor
10 Ne Neon
11 Na Natrium
12 Mg Magnesium
13 Al Aluminium
14 Si Silikon
15 P Fosfor
16 S Swawel
17 Cl Chloor
The benefits of buying summaries with Stuvia:
Guaranteed quality through customer reviews
Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.
Quick and easy check-out
You can quickly pay through credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.
Focus on what matters
Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!
Frequently asked questions
What do I get when I buy this document?
You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.
Satisfaction guarantee: how does it work?
Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.
Who am I buying these notes from?
Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller LeerNou. Stuvia facilitates payment to the seller.
Will I be stuck with a subscription?
No, you only buy these notes for $6.89. You're not tied to anything after your purchase.