Afrikaanse Grammatika
Leereenheid 5: Antwoorde
Aktiwiteit 5.1
(a) [byna dood]: Die kern van die stuk is ’n adjektief; dit is dus ’n Adjektiefstuk.
(b) [erg verbrand]: Die kern is ’n adjektief; dit is dus ’n Adjektiefstuk.
(c) [vyf ongetroude vroue]: Die kern van die stuk is ’n selfstandige naamwoord; dus is
dit ’n Selfstandige naamwoordstuk.
(d) [’n bekertjie van die lekker lemoensap]: Die kern van die stuk is ’n
massanaamwoord; dus is dit ’n [Massa]Naamwoordstuk.
(e) [werk baie hard]: Die kern van die stuk is ’n hoofwerkwoord; dus is dit ’n
Werkwoordstuk. Die hoofwerkwoord verbind in hierdie geval egter met nog ’n
stuk, naamlik baie hard. In laasgenoemde is die adjektief hard die kern; dus is
hierdie tweede stuk 'n Adjektiefstuk wat binne die Werkwoordstuk voorkom.
Aktiwiteit 5.2
5.2.1 Voorbepaling Kern
(a) Ou Matesis
die befoeterdste onderwysers
die skool
(b) die grootste stuk waatlemoen
(c) die ou bedelaar
’n enkele slukkie water
(d) die romantikus
aanvallige meisie
5.2.2
(a) Anne: onderwerp
’n fyner patroontjie: direkte voorwerp
(a) So ’n ding: onderwerp
die skool: indirekte voorwerp
’n slegte naam: direkte voorwerp
(b) Die vyand: onderwerp
, (oor) nuwe inligting: voorsetselvoorwerp
(d) Ons: onderwerp
’n uur: tydsadjunk/adjunk van tyd
Aktiwiteit 5.3
(a) Ou (Voorbepaling) Matesis
die befoeterdste (Voorbepaling) onderwysers
(b) uiters interessant: kopulapredikaat/kopula-aanvulling
(c) (iets) moois: nabepaling
(d) baie jonk: kopulapredikaat/kopula-aanvulling
Aktiwiteit 5.4
5.4.1
(a) by wyse van afwisseling
(b) in plaas van swem
(c) afgesien van haar nukkerigheid.
(d) ter wille van haar vriendskap
(e) in verband met die lening
5.4.2
(a) (aflaai) by die ingang van die stasie: adjunk van plek
(b) (gee) vir hom: (indirekte) voorwerp
(c) (wag) vir my: bywoordelike bepaling van tyd
(d) (staan) in die hoek: adjunk van plek
(e) (hou) van biltong: voorsetselvoorwerp
Aktiwiteit 5.5
Vraag 5.5.1 en Vraag 5.5.2 word hier saam beantwoord.
Mwe Hw Verpligte aanvulling by die Hw Adjunk
(a) het af(ge)skakel die enjin van sy trekker
(b) stoot aan die omheining nors
(c) sien dat sy werkers padgegee het (voorwerpsin) toe