Stress is 'n reaksie wat deur voortgesette, toenemende of nuwe druk en eise veroorsaak word.
Wanneer die druk groter is as jou vermoë om dit die hoof te bied, kan jy oorweldig voel deur:
Voortuderende senuweespanning of angs
Te veel om te doen
Te veel probleme om op te los
Te veel dinge wat gebeur waarooor jy voel jy geen beheer het nie
Liggaamlike stresfaktore
Liggaamlike faktore veroorsaak stres wat jou liggaam raak. Bv.
Gebrek aan oefening
Seksuele mishandeling
Siekte
Beserings
Dit sluit ook ongesonde lewenstylkeuses in soos:
Swak voeding
Gebrek aan slaap
Middelmisbruik
Verslawing
Emosionele stresfaktore
Emosionele stresfaktore sluit in:
Gevoelens: kommer en senuweeagtigheid, angstigheid, jaloesie, woede
Reaksie op lewenskrisisse: onbeplande swangerskappe, die dood van familie, egskeiding van ouers,
druip van 'n graad
Verandering: te trek, nuwe werk, te trou, oorgang van skool na volwasse lewe
Persoonlikheid: gedagtes, gevoelens, houdings en gedrag. Hierdie kan alles bydra tot stres afhangend
van jou persoonlikheid
Sosiale stresfaktore
Sosiale stresfaktore verwys na aspekte van jou verhoudings met ander, van jou familie en vriende tot die
gemeenskap oor die algemeen.
Familie en die gemeenskap
Egskeiding of dood in familie
Familieverantwoordelikhede
Familiedruk om te presteer
Argumente met familielede
Skuld
Stigma
Vriende en portuurgroep:
, Portuurdruk
Eensaamheid
Ongewildheid
Onsekerheid van self in vriende kring
Ongewildheid
Omgewingstresfaktore
Die omgewing is alles rondom jou. Dit is waar jy woon en sluit al die fisiese faktore in wat jou kan raak.
Omgewingsfaktore:
Natuurlike rampe: vuur, vloede, droogte
Gevaarlike omgewings waar geweld 'n deel van die lewe is
Skadelike lewensomstandighede met 'n gebrek aan basiese geriewe soos water, elektrisiteit en
behoorlike skuiling
'n Gebrek aan privaat ruimte by die huis
Geraasbesoedeling soos selfone wat lui, bouwerk, harde musiek
Fisiese faktore soos 'n gebrek aan vars lug, sonlig en privaatheid
Stresfaktor Stresfaktor Voorbeeld Uitwerking op lewensgehalte
Ligaamlik Mishandeling 'n Familielid slaan jou Liggaamlike en emosionele pyn, verlies aan vertroue,
vrees, kan nie op studies fokus, littekens, afwesig van
skool en raak agter
Emosioneel Lewenskrisis 'n Sterfte van 'n Hartseer, rou, eensaamheid, depressie, verlies aan
familielid inkomste
Sosiaal Beroep Onseker watter Kommer, verlies aan motivering, slapeloosheid
beroep om te kies
Sosiale Druk Portuurdruk Jy kan in die tronk beland of vir jouself 'n slegte naam
maak
Armoede Tekort aan geld om Jy is dikwels bekommerd, onseker, verloor motivering
vir skool te betaal
Omgewing Geraas Leef in 'n area waar Gespanne gevoel, hoofpyne, geïrriteerd raak en verloor
daar baie geraas fokus
weens swaar verkeer
is
Die tekens en simptome van stres
Die tekens van stres is liggaamlik en kan gesien of gemeet word. Die simptome van stres is probleme wat jy opmerk
of voel.
Hoofpyn
Maagpyn
Gespanne gevoel
Slapeloosheid
Onrustigheid
Positiewe en negatiewe stres
,Stress kan jou motiveer en jou gereed maak vir aksie mdat die adrenalien in die bloedstroom vrystel om jou energie
te gee om tot aksie oor te gaan.
Positiewe stres is goed vir jou omdat dit jou kan motiveer, aanmoedig en druk op jouself kan laat toepas.
As stres egter te veel raak om te hanteer, word dit ongesond, onplesierig, en kan dit gevaarlik wees. As jy te lank en
te dikwels in stresvolle situasies is, stel jy dikwels te veel adrenalien vry, wat skadelik kan wees.
Stresvlakke
Lae stresvlak beteken jy is instaat om die stres in jou lewe te hanteer.
Gemiddelde stresvlak beteken dat jy nog jou stres kan hanteer, maar dat dit aandag benodig voor dit onbestuurbaar
word.
Hoë stresvlak beteken jy moet dringend stresbestuurmetodes toepas om jou stres te verlaag of van die oorsake
daarvan ontslae te raak
Hanteringsmeganismes
Metode 1: Identifiseer stresfaktore en assesseer stresvlakke
Die eerste stap om stres te hanteer, is om te weet wat die oorsake daarvan is hoe gestres jy is.
Metode 2: Volg 'n gebalanseerde lewenstyl
'n Gebalanseerde lewenstyl beteken jy maak tyd vir jou skoolwerk, vriende en familie, doen oefening, het
stokperdjies, kry genoeg slaap en eet gebalanseerde maaltye.
Metode 3: Maak tyd vir liggaamlike oefening, rekreasie en vermaak
Liggaamlike aktiwiteit is een van die beste maniere om van stres ontslae te raak. As jy lang tydperke sit sonder om te
oefen, kan spanning in jou liggaam opbou.
Metode 4: Gebalanseerde voeding
Volg 'n gebalanseerde dieet en eet gesonde kos en neem gereelde maaltye. Onthou om genoeg water te drink
Metode 5: Hanteer jou emosies
Vind 'n uitlaatklep vir jou emosies. As jy baie emosioneel voel, gee uiting aan jou gevoelens.
Metode 6: Visualiseer en omskep skadelike emosies na genesende emosies
Visualisering help baie om jou te laat ontspan en is baie nuttig om skadelike emosies na genesende emosies te
omskep. Om iets te visualiseer beteken jy sien prentjies in jou kop, of verbeel jou dit.
Metode 7: Lag
Lag is een van die beste maniere om stres te verlig
Metode 8: Tydbestuur
Identifiseer jou tydverkwisters en pak hulle aan. Vermy om dinge uit te stel. Probeer om dit wat gedoen moet word,
onmiddellik te doen.
Metode 9: Goeie verhoudings
Wees goed vir jou vriende, ondersteun hulle en kry steun van hulle.
Metode 10: Omarm die uitdagings van Graad 12
Glo in jouself. Wees gaaf met jouself. Motiveer jouself deur aan jouself te sê jy kan hierdie jaar baie bereik
Metode 11: Pas eksamenstres-verligters toe
, Voor jy 'n toets of eksamen skryf, of as jy te veel druk in jou eksamen ervaar, maak jou gemoed stil deur hierdie
oefening te doen.
Kalmeringsoefening:
Sit regop in jou stoel. Laat jou hande in jou skoot lê en maak jou oë toe.
Luister na die die mees verafgeleë geluide wat jy kan hoor.
Konsentreer nou op klanke al nader aan jou totdat jy die naaste geluide aan jou kan hoor.
Luister weer na die verste geluide.
Maak jou oë oop en keer terug na jou vraestel
Eksamen-asemhalingsoefeing:
Haal diep asem, uit jou maag
Laat dan jou asmen baie stadig uit
Herhaal
Verandering - om te transformeer of anders te word
Lewensgehalte - jou vlak van persoonlike welsyn en tevredenheid met jou lewe en die toestande van jou lewe
Stres - druk, senuweespanning en angs, voortdurende kommer, spanning
Angs - kommer, senuweeagtigheid of onrus
Stresfaktor - iets wat stres of druk veroorsaak
Persoonlikheid - eienskappe, optrede, gedrag en houding wat 'n mens uniek maak
Tekens van stres - 'n meetbare aanduiding van stres
Simptome van stres - 'n gevoel wat op stres dui
Adrenalien - 'n chemiese boodskapper bekend as 'n hormoon wat in die bloedstroom vrygestel word in reaksie op
stres; dit laat die hartklop en bloeddruk toeneem
Positiewe stres - goeie en nodige stres
Negatiewe stres - skadelike, slegte stres
Hanteringsmeganisme - maniere om stres te hanteer of dit aan te pak
Bestuurstegnieke - maniere om stres te hanteer, bestuur en voorkom
The benefits of buying summaries with Stuvia:
Guaranteed quality through customer reviews
Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.
Quick and easy check-out
You can quickly pay through credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.
Focus on what matters
Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!
Frequently asked questions
What do I get when I buy this document?
You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.
Satisfaction guarantee: how does it work?
Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.
Who am I buying these notes from?
Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller StudyG33k. Stuvia facilitates payment to the seller.
Will I be stuck with a subscription?
No, you only buy these notes for $13.62. You're not tied to anything after your purchase.