100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary Afrikaans Huistaal Kwartaal 1 - 2 Opsommings $6.61
Add to cart

Summary

Summary Afrikaans Huistaal Kwartaal 1 - 2 Opsommings

 16 views  0 purchase
  • Course
  • Institution
  • Book

Short, detailed, and easy to understand

Preview 4 out of 37  pages

  • No
  • Kwartaal 1 - kwartaal 2
  • February 24, 2023
  • 37
  • 2022/2023
  • Summary
  • 200
avatar-seller
Afrikaans 2 Junie 2022
Kwartaal 2: Opsommings

Gespook (108+110)

Spoke loop nou
midmiddae in malls
klieng-klak op mekaar se hakke
van Clicks na Woolworths na
Sportman’s Warehouse na
Mugg & Bean
has-beens met donkerbrille
teen buisbestraling
en jy hoor van hulle
as selfone sinjaal
en kasregister kerm

Want nog ‘n spesie
is besteel
van tyd
van wyse
van plek

Neon het die nag geslaan
TV die drome
7/24 is die deure oop
om te koop
geselskap en geluk

Nou loop die spoke
maar midmiddae
in malls

Sien jy hulle ook?

Woordeskat:

Blieng - Blink klere of bykomstigehede

Buisbestraling - Te veel blootstelling aan buisligte

Has – Beens - Uitgediende, afgeleefdes, “verskiete sterre”

Kliek – klak - Geluide van skoene in winkelsentrums

Klieng - Geluid van geld; hier koop

Malls - Winkelsentrums

Midmiddae - In die middle van middae

Neon - Neonligte, neongas in buise vir beligting of advertensieborde

,Sinjaal - Sinjaaleer is die werkwoord. Hier beteken dit ; teken, sein (gee) om iets te
doen of na te laat

Spesies - Verwante plante of diere direk onder die geslag of genus; soort

7/24 - Sewed ae van die week, vie ren twintig uur per dag; d.w.s elke dag die
heeldag, voortdurend

Opsomming:

Die spoke loop deesdae helder oordag, in die middae in die winkelsnetrums rond. Die nagte is nie
Meer donker soos vroer nie, mense droom nie meer nie, want hulle kyk net TV, neonligte skyn die
Heeltyd en die winkels is snags oop. Sien jy ook die spoke in die winkelsentrum?

Vrae en Antwoorde:

1.1 Hoe lyk die “spoke” in die malls?
Hulle dra hakskoene en donkerbrille. Hulle lyk bietjie afgeleef, uitgedien (“has-beens”)

1.2 Wat doen die “spoke”? Noem 6 verskillende dinge
 Hulle loop smiddae in die “malls”
 Hulle koop blink modeartikels
 Hulle besoek Clicks, Woolworths en Sportman’s Warehouse vir alles wat hulle benodig
 Hulle eet en drink koffie by Mugg & Bean
 Hulle selfone lui en ontvang boodskappe
 Hulle laat kasregisters aanhoudend werk

1.3 Watter beskrywings in strofe 1 suggereer kunsmatigheid of oppervlakkigheid?
 “klieng hul blieng”
 “has-beens met donkerbrille”
 “teen buisbestraling”
 “selfone sinjaal”
 “kasregister kerm”

2.1 Waarvan, dink jy is die mense in strofe 2”besteel”? Beskruf in jou eie woorde drie dinge
 Baie tyd word in winkels vermors
 Hierdie manier / wyse van doen is … verslawend, leeg
 Die omgewing / plek is kunsmatig, onnatuurlik
 Die mense word besteel van tyd, goeie tydverdrywe op gesonde plekke

3.1 Watter effek het die TV op mense?
 Die TV maak mense se verbeelding en ideale dood
 Die mense dink nie meer nie
 Alles is reeds daar om waar te neem

3.2 Watter dinge wil mense eintlik koop?
 Geselskap
 Geluk

3.3 Slaag hulle daarin om vriende en geluk te bekom? Motiveer jou antwoord
 Hul ewigdurende gekoop se eintlik dat hulle dit nie kry nie. Dis dus hartseer en ironies
dat hulle dit juis nie kry nie

,4 Wat word bereik met die voorafplasing van “nou” in stofe 4?
 Dit skep ‘n idee dat die “geselskap en geluk” tevergeefs nagejaag is en nou loop hulle
maar weer soekend daar rond. Die kopers het spoke wat in die “malls” ronddwaal,
geword – altyd op soek na iets om hulle leegheid te vul
5. Wat word die soort vraag in die slotstrofe genome? Wat wil die digter daarmee bereik?
 Dit is ‘n retoriese vraag aan die leser.
 Hiermee betrek die spreker die leser by sy satire om ook krities te wees oor
koopverslawing

6. Wat kon die title “Gespook” alles beteken?
 Die title Gespook kan op twee dinge dui: Die sukkel om te koop, maar ook op die
dwalende kopers wie se siele nie rus nie, die wat nie in staat is om geluk of geselskap
te koop nie

Niemand skryf meer briewe nie:

Niemand skryf meer briewe nie
met ‘n veer griffie potlood of pen
dis telegramme kits e-posse SMS’e
sel-telefoonoproepe of ‘n faks

intimiteit van die handskrif
hoe ‘n mens verlief kon raak
op skiuns vloeiende sierskrif
Kalligrafie is weg, soos in dood …

Toe verras jy my met jou peperduur
geborduurde silwer sierskrif-liefdesbrief
ek het dit opgeblaas vergroot
dit pronk nou teen my kamermuur

om te weet om dit nooit te vergeet, my lief…
liefde kom nog aangestap in ‘n handgeskrewe brief

Woorverklarings:

Griffie - ‘n Griffie of skryfstif van leiklip, waarmee leerders lank gelede geskryf het op
leie (skryfplaat van leiplaat) wat dan skoon gevee is sodat dit weer daarop
geskryf kan word

Kalligrafie - Die kuns van mooi skryf, pragtige handskrif, ook dikwels sierskrif

Opgeblaas - Om iets te vergroot (‘n Anglisisme vir “blow-up”)

Pronk - Om te spog

Sierskrif - Soort skrif wat baie versier is met krulletjies in die letters, veral die
hoofletters
Veer - In die ou dae het mense die skerpgemaakte punt van ‘n veer (veral van
ganse maar ook van bv. Kraaie) in ink gedruk en daarmee geskryf

, Opsomming van die gedig:

Niemand skryf meer briewe in pragtige handskrif nie, almal verkies deesdae e-posse SMS’e, ens. Toe
verras sy geliefde hom met ‘n pragtige liefdes brief in sierskrif. Hy het die brief vergroot en teen sy
muur opgeplak sodat hy nooit sal vergeet dat die liefde steeds in ‘n handgeskrewe brief na hom
aangestap kan kom nie

Vrae en Antwoorde:

1.1 Nadat jy die strofe 1 gelees het, wat dink jy is die groot verskil tussen die outydse en die
hedendaagse manier van kommunikasie?

 Die grootste verskilhet te doen met die tyd. Om briewe met die hand te skryf met ‘n
griffie, ‘n veer’n potlood of ‘n pen, vat baie langer as om dit op ‘n rekenaar of die
selfoon te tik. Dit het weke soms selfs maande geneem voor briewe by hulle
bestemmings uitgekom het – veral as dit per skip gestuur is. Vandag is die verskil
tussen stuur- en ontvangtyd van ‘n boodkskap skaars etlike sekondes

1.2 Met watter kommunikasiemetodes is die outydse skryfmetode vervang?
 Dit is vervang met telegramme (alhoewel ook reeds outyds) e-posse, SMS’e,
selfoonoproepe en fakse

2.1 Verduidelik hoe iemand se handskrif intiem kan wees.
 Intiem beteken onder andere om iemand baie goed te ken, om baie naby aan iemand
te wees en om ‘n nuwee verbintenis met iemand te he. Elke mens se se handskrif is
uniek en ‘n mens se karakter word dikwels in jou handskrif weerspieel. Jy herken
mense aan hul briewe handskrif. Dit kan ook daarna verwys na dat mense wat briewe
skryf mekaar baie (intiem) leer ken, as wanneer ‘n elektroniese boodskap vining getik
en gestuur word. Dit is natuurlik ook baie meer romanties om ‘n handgeskrewe brief in
‘n koevert met jou naam en address daarop in jou posbus te kry as net nog ‘n e-
posboodskap

2.2 Die spreker raak in strofe 2 nostalagies oor briefskryf. Wat is dit wat die spreker mis?
 Die spreker mis die mooi versierde en netjiese skrif, maar ook die persoonlike kontak
wat ‘n brief gebring het. Om ‘n brief in sierskrif vir iemand te skryf, beteken dat die
skrywer baie moeite daarmee gedoen het, wat die leser dit juis soveel meer laat
waaedeur

2.3 Waaraan kan die leser sien dat die leser baie erg is oor kalligrafie
 Die spreker vergelyk dit met iets of iemand wat dood is – war beteken sy gaan nooit
weer sien nie. Dit het heeltemal verdwyn

2.4 Dink jy ‘n mens leer iemand beter ken deur ‘n handgeskrewe brief as deur ‘n e-posboodskap?
Motiveer jou antwoord
 Ja ‘n mens moet mooi dink wanneer jy skryf, want jy kan nie soos ‘n rekenaar iets
vining uitvee nie. Ink is permanent as jy dus ‘n fout maak moet jy van voor af begin. Of
jy moet dit doodkrap en dan weet die leser hoe jy gesukkel het om presies te skryf wat
jy bedoel.
 Nee die inhoud van die briewe bly dieselfde, dit is net die format wat verskil

3.1 Wie is die “jy”?
 Dit is die aangesprokene, die spreker se geliefde

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying these notes from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller sunehorn2. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy these notes for $6.61. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

50064 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy study notes for 14 years now

Start selling
$6.61
  • (0)
Add to cart
Added