100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary Besigheidstudies graad 12, volledige opsommings. $10.93
Add to cart

Summary

Summary Besigheidstudies graad 12, volledige opsommings.

1 review
 271 views  6 purchases
  • Course
  • Institution
  • Book

Die opsommings is gemaak deur gebruik te maak van Via Afrika besigheids boek en OMS Bloemfontein klas notas.

Preview 4 out of 43  pages

  • Yes
  • April 3, 2023
  • 43
  • 2022/2023
  • Summary

1  review

review-writer-avatar

By: milavisser123 • 8 months ago

avatar-seller
Besigheidstudies
graad 12
Volledige jaar




Hierdie nota’s is getik deur student.notes.sa deur gebruik te maak van Via Afrika en die Department van Onderwys so ook OMS Bloemfontein
se leermiddels te gebruik. Dit is die werk van en so opgestel deur die betrokke partye.

,Kwartaal 1 Onderwerp 1
Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO) (Nr. 97 van 1998)
Die WVO speel ‘n belangrike rol om te verseker dat die Suid-Afrikaanse arbeidsmag vaardig is en bydra tot die
produktiwiteit en ekonomiese groei van die land. Die WVO probeer om meer Suid-Afrikaners in staat te stel om
toegang te verkry tot vaardigheidsopleiding wat langtermyn voordele vir die bevolking en die samelewing inhou.

Die doel van die WVO is die volgende:
• Ontwikkel die vaardighede van Suid-Afrikaners om produktiwiteit in die werkplek te verbeter.
• Moedig besighede aan om die vaardighede van nuwe en bestaande werkers te verbeter.
• Belê in die onderwys en opleiding van die Suid-Afrikaanse arbeidsmag.
• Herstel doelbewus wanbalanse van die verlede deur onderwys en opleiding.
• Verbeter die werksvooruitsigte van voorheen benadeelde mense.
• Verskaf die sistematiese implementering van vaardigheidsontwikkelingstrategieë op ‘n nasionale-, sektor- en
werkplekbasis

Die impak van die WVO op besighede Positiewe/Voordele
• Vermeerder die aantal werkers wat oor skaars vaardighede beskik.
• Verbeter produktiwiteit in die werkplek want werknemers word bemagtig deur opleidingsprogramme, en word dus
meer kundig.
• Verhoog globale mededingendheid van Suid-Afrikaanse besighede, aangesien meer werknemers opgelei word met
opgegradeerde, relevante en skaars vaardighede.
• Verbeter die opbrengs op belegging (OOB) in onderwys en opleiding.
• Verhoog belegging in onderwys en opleiding in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark.
• Verbeter die dienslewering van besighede omdat werknemers op ‘n optimale vlak werk.

Nadele
• Die implementering van die WVO is tydrowend, duur, voorskriftelik en administrasie-intensief.
• Die heffi ng op vaardigheidsontwikkeling (VOH) plaas ‘n bykomende las op besighede wat finansieel sukkel.
• Die WVO-inisiatief van die regering word dalk nie altyd deur alle besighede ondersteun nie.
• Besighede vind dit moeilik om die implementering van hierdie Wet te monitor en te beheer.

Basiese Gids tot Vaardigheidsontwikkelingsheffings Werkgewers moet 1% van hul werkers se betaling as ’n
vaardigheidsontwikkelingsheffing betaal. Die geld gaan na Sektorale Opvoedings- en Opleidingsowerhede (SOOO’s)
en die Vaardigheidsontwikkelingsfonds om vir opleiding te betaal.

Die Wet op Vaardigheidsontwikkelingsheffing is van toepassing op alle werkgewers behalwe:
• Die staatsdiens
• Godsdiens- of liefdadigheidsorganisasies
• Openbare entiteite wat meer as 80% van hul geld van die Parlement kry; en
• Werkgewers – Wie se totale betaling aan al hul werkers minder as R250 000 per jaar is en nie hoef te registreer
kragtens die Wet op Inkomstebelasting nie.

SOOO’s
• Ontwikkel sektorvaardigheidsplanne in lyn met die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie.

• Keur die werkplekvaardigheidsplanne ingedien deur die besighede in hul sektore goed. • Bevorder en vestig
leerderskappe.
• Bepaal toelaes aan deelnemende besighede, op voorwaarde dat daardie besighede ’n werkplekvaardigheidsplan
en implementeringsverslae by hul SOOO ingedien het.
Hierdie nota’s is getik deur student.notes.sa deur gebruik te maak van Via Afrika en die Department van Onderwys so ook OMS Bloemfontein
se leermiddels te gebruik. Dit is die werk van en so opgestel deur die betrokke partye.

,Implikasies vir klein en groot besighede

• ’n Gemotiveerde en goed opgeleide werkmag voeg waarde tot die besigheid by.
• Menslike Hulpbron-bestuurders, lynbestuurders en personeelbestuurders moet die vereistes en implikasies van die
wetgewing ken.
• Werkgewers kan beboet word of selfs tronk toe gaan (vir ’n periode wat nie een jaar oorskry nie) as hulle ’n
misdryf kragtens die Wet op Vaardigheidsheffings begaan
• Die Vaardigheidsontwikkelingsheffing van 1% moet binne sewe dae na die einde van die maand betaal word.
• Om ’n leerderskap te skep, moet ’n formele leerderskapooreenkoms deur beide partye onderteken word.

Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie en die
Menslikehulpbronontwikkelingstrategie
Die doelwit van die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie is:
• om die vaardigheidontwikkelingstelsels so te verbeter dat dit meer in ooreenstemmings is met die behoeftes van
die arbeidsmark en die vereistes van maatskaplike gelykheid
• om werkplekopleiding en teoretiese leer te integreer
• om die vaardigheidsvlakke van gegradueerdes van sekondêre en tersiêre onderwys te verbeter
• om die vaardigheidstekorte in die vakkundige, tegniese en professionele velde aan te spreek
• om die oorbeklemtoning op leerderskappe op NKR-vlak te verminder
• om diegene in die werkmag met voldoende tegnologiese vaardighede toe te rus



Die wet op arbeidsverhoudinge
Die Wet op Arbeidverhoudinge (WAV), 66 van 1995, is gemik op die bevordering van ekonomiese ontwikkeling,
maatskaplike geregtigheid, arbeidsvrede en demokratisering van in die werkplek. Die Wet op Arbeidsverhoudinge is
op alle werkgewers, werkers, vakbonde en werkgewersorganisasies van toepassing, maar is nie van toepassing op
lede van die:
• Nasionale Weermag
• Nasionale Intelligensie-agentskap
• Suid-Afrikaanse Geheimediens.

Vakbonde word ingevolge die Grondwet van Suid-Afrika van 1996 erken, wat voorsiening maak vir die reg om by
vakbonde aan te sluit, en vir unies om kollektief te beding en te staak. Drie instansies is geskep om konflik in
industriële verhoudinge te verminder, en onregverdige diskriminasie uit te skakel en diskriminasie van die verlede in
die werkplek reg te stel: die Nasionale Adviesraad vir Ekonomiese Ontwikkeling en Arbeid (Nedlac), die Arbeidshof
en die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA). Die feit dat die WAV reëls voorskryf oor hoe om
werknemers af te dank, maak dit vir meeste besighede baie belangrik. Die doel van die wet dek egter meer as dit –
dit bevorder ekonomiese ontwikkeling, maatskaplike geregtigheid, arbeidsvrede en die demokratisering van die
werkplek deur:



➢ Vryheid van assosiasie Vryheid van assosiasie beteken die reg om saam te kom met ander individue en
gesamentlik gedeelde belange ter sprake te bring, te bevorder, na te streef en te verdedig. Dit sluit die reg in
om by ’n vakbond aan te sluit.
➢ Organisasieregte Die wet verleen aan vakbonde die reg van toegang tot die werkplek vir ledewerwing en hou
van vergaderings.
➢ Bedingings- en statutêre regte Bedingingsrade word deur geregistreerde vakbonde en
werkgewersorganisasies gevorm. Hulle handel met kollektiewe ooreenkomste, probeer arbeidsdispute
oplos, en maak voorstelle oor arbeidsbeleide en -wette. Verder kan hulle moontlik pensioenfondse,
Hierdie nota’s is getik deur student.notes.sa deur gebruik te maak van Via Afrika en die Department van Onderwys so ook OMS Bloemfontein
se leermiddels te gebruik. Dit is die werk van en so opgestel deur die betrokke partye.

, siekverlofbetaling, werkloosheid- en opleidingskemas, en ander sulke voordeel namens hul lede
administreer.http://en.wikipedia.org/wiki/Trade_unions_in_South_Africa - cite_note-15
➢ Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en
Arbitrasie (KVBA) is ’n liggaam vir dispuutoplossing gevestig kragtens die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV),
55 van 1995. Dit is ’n onafhanklike instelling en behoort nie aan of word beheer deur enige politieke party,
vakbond of besigheid nie. Die KVBA maak voorsiening vir dispute wat nie in die werkplek opgelos kan word
nie. Indien hierdie proses faal word die dispute na die Arbeidshof verwys.
➢ Die Arbeidshof en die Arbeidsappèlhof Die Arbeidshof het dieselfde status as ’n hooggeregshof. Die
Arbeidshof bereg oor kwessies wat met arbeidsdispute verband hou. Appèlle word by die Arbeidsappèlhof
aangeteken.

Stakings en uitsluitings
Indien ’n staking nie volgens die voorskrifte van die WAV geskied nie, kan die Arbeidshof ’n bevel uitreik om
enige persoon te verbied om aan sodanige optrede deel te neem. Die Arbeidshof kan ook terugbetaling aan die
werkgewer gelas vir verliese wat gely is weens ’n uitsluiting of onwettige staking.

➢ Werkplekforums Die hoofdoel van werkplekforums is om arbeidsverwante probleme op te los deur die
vestiging van samewerkende verhoudings tussen alle werknemers (ook werkers wat nie aan ’n vakbond
behoort nie) en hul werkgewer. ’n Werkplekforum kan in ’n besigheid met meer as 100 werknemers gestig
word. Slegs geregistreerde vakbonde mag by die KVBA aansoek doen om die stigting van ’n werkplekforum.
➢ Onbillike ontslag Ontslag is onbillik as:
o ’n werker van plan was om deel te neem of deelgeneem het aan ’n staking of protes of dit
ondersteun het
o ’n werker geweier het om die werk van ’n ander stakende of uitgesluite werker te doen, tensy sy
weiering lewe of gesondheid sal bedreig ’n werker gedwing word om ’n eis te aanvaar
o ’n werk van plan was of aksie geneem het teen ’n werkgewer deur –
▪ ’n bestaande reg; of
▪ deelname aan prosedure; of
o ’n werker is swanger of beplan om swanger te word
o ’n werkgewer gediskrimineer het teen ’n werker as gevolg van ras, geslag, etniese of maatskaplike
afkoms, kleur, seksuele oriëntasie, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, geloof, politieke
oortuiging, kultuur, taal, maritale status of gesinsverantwoordelikheid\
➢ ’n werkgewer nie kan bewys –
o ’n werker se wangedrag of onvermoë
o dat die werkgewers se operasionele behoeftes geldig is
o dat die afdankingsprosedure regverdig was nie.

Implikasies vir besighede
Die WAV is gegrond op die beginsel van kollektiewe bedinging en maak voorsiening vir strukture waarmee dispute in
die werkplek opgelos kan word. Dit het voordele vir sowel werkgewers as werknemers, en bevorder ’n gesonde
onderlinge verhouding. Die nienakoming van WAV-reëls en -regulasies hou ook ’n groot risiko vir werkgewers in
aangesien daar ’n doeltreffende en gratis opsie vir werknemers in die vorm van die KVBA en die Departement van
Arbeid is. KVBA-fooie en -koste Wanneer vir advies of opleiding gevra word deur werknemers, werkgewers of ander
belanghebbende partye sal die KBVA help. In 2012 was die fooi tussen R1 650,00 en R1 835,00 vir elke dag of deel
van ’n dag.




Hierdie nota’s is getik deur student.notes.sa deur gebruik te maak van Via Afrika en die Department van Onderwys so ook OMS Bloemfontein
se leermiddels te gebruik. Dit is die werk van en so opgestel deur die betrokke partye.

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying these notes from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller viankeherbst. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy these notes for $10.93. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

59063 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy study notes for 15 years now

Start selling
$10.93  6x  sold
  • (1)
Add to cart
Added