100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary Afrikaans First Additional Language Onderwereld $4.55   Add to cart

Summary

Summary Afrikaans First Additional Language Onderwereld

 19 views  0 purchase
  • Course
  • Institution

All the Answers to Onderwereld for the questions for in the 'garde 12 Bester Book'. The 'grade 12 Bester book' is has sort summaries with questions you need to answer. This documents gives you all the answers to these question (in the book). Unfortunately if you don't already have the book this ...

[Show more]

Preview 4 out of 30  pages

  • April 27, 2023
  • 30
  • 2022/2023
  • Summary
  • 200
avatar-seller
Onderwêreld Antwoorde


Onderwêreld Antwoorde
Hoofstukke – kontekstuele vrae: Moontlike antwoorde
Proloog (10 punte)
1. Eckardt Wilken  (1)
2. Derdepersoonsverteller  (1)
3. Beeldspraak in par. 2: “die stilte word ’n spons” – vergelyking. Ja, dit dui die intensiteit van die stilte
aan./Die stilte verdoof hulle woorde.  (2)
4. Die titel is Onderwêreld wat met donker verband hou. In par. 6 word daar ook na die onderwêreld
van eggo’s verwys.  (2)
5. Dit is baie effektief omrede dit spanning wek.  (2)
6. Eckardt ervaar innerlike konflik omrede hy besef sy pa wou selfmoord pleeg. Dit laat vrees, angs en
onsekerheid by hom ontstaan.  (2)

Hoofstuk 1: Sluimerende grys selle, Polyfilla en ringtones (10 punte)
1. Eerstepersoonperspektief(1)
2. Lig is die lewe vir die mensdom. (1)
3. G-4ce is Greg. (1)
4. a) Greg “stamp sy pad oop” (par. 2); Greg vergeet hy is aan diens (par. 5); Hy wil nie gesels nie.
(par. 6); Greg se gedagtespraak: “Waar de hel is hy dan?” (par. 8); Baie vraagsinne. (Enige twee)  (1)
b) Leerder se antwoord, bv. Hy is nie ’n goeie leier nie – hy het sy diensbeurt vergeet./Hy is populêr
onder sy maats wat ’n bewys van sy ondersteuning as hoofseun is – hulle respekteer hom.  (1)
5. Eckardt het net verdwyn sonder om vir Greg iets te sê. Greg het gedink hulle is vriende.  (1)
6. Om spanning te skep./Om ’n vinnige verteltempo te bewerkstellig./Om Greg se karakter te
openbaar./Om Greg se onrustigheid/vrees te beklemtoon.  (2)
7. Eckardt se selfoon en skootrekenaar is nog in sy kamer. Dit is vreemd omrede Eckardt juis altyd
daarmee besig is.  (2)

Hoofstuk 2: Log File: Die dag voor die laaste skooljaar begin (10 punte)
1. Dit begin met ’n verwysing na Eckardt se verdwyning en Greg wat Eckardt se selfoon in sy kas
gekry het. (1)
2. Die terugflits na sy ontmoeting met Eckardt in Januarie./Die terugflits na sy gesprek met sy pa die
vorige aand. (1)
3. Dit is ’n vorm van spot/sinisme. Hy sien dié statusskool as deel van ’n magstelsel wat net deur
sekere mense betree mag word. (2)
4. Sy pa se lewe draai om sy werk – sy “magtige mediamasjien” kom eerste in sy lewe./Daar is min
kommunikasie tussen hulle: “Ek het hom nie geantwoord nie.” (1)
5. Greg wil nie soos sy pa wees nie, terwyl sy pa wil hê hy moet in sy voetspore volg. Hulle verhouding
is koud, liefdeloos, onbetrokke. Greg vermy toenadering en “vererg” hom vir sy pa wat hoë eise aan
hom stel. (Ook ander gemotiveerde beskrywings) (2)
6. Hy weet nog nie wat hy na matriek wil doen nie. Dui op sy onsekerheid oor sy toekoms. (1)
7. Daar moet altyd vernuwing en verbetering op die vorige jaar se resultate wees, anders kan die
besigheid nie voortbestaan nie – taakgerigte mens. (2)

Hoofstuk 3: Boeke en Boggom (10 punte)
1. Eckardt is baie slim – hy weet dinge (rekenaars en kuberkrakery) wat niemand by die skool van weet
nie./Eckardt lees geweldig baie – hy het dus ’n goeie algemene kennis. Greg lees nie baie nie en speel
eerder rugby.  (2)


1

, 

2. Eckardt is anders – hy lees omdat hy meer wil weet (wil dieper na dinge kyk)./Hy gaan nie na
partytjies toe nie (sosialiseer nie graag nie)./Hy hou hom eenkant; stil./Hy bly onbetrokke – neem
nie deel aan skoolaktiwiteite nie.  (3)
3. Hy ly moontlik self aan depressie as gevolg van sy donker verlede en donker hede.  (1)
4. Eckardt is ’n nuweling in die skool – hy moet nie te veel aandag trek nie (moeilikheidmaker wees
nie) anders gaan die matrieks (en ander leerders) hom swaar laat kry.  (1)
5. Hy voel skuldig omrede hy Eckardt soos ’n Trapper wou behandel (die Tonnel-ritueel).  (1)
6. Hy besef Eckardt is ’n cool ou en hy herinner hom aan sy oorlede broer John.  (2)

Hoofstuk 4: Log File: Die Tonnel (10 punte)
1. Mark Gibson  (1)
2. Dit begin waar Hoofstuk 2 geëindig het: die begin van die skooljaar.  (1)
3. Die leerlingraadslede – leerders van invloedryke, welgestelde ouers.  (2)
4. Plank beskou die meeste leerders van Lawson Kollege as blote “saketransaksies” – koop ’n plek
vir jou kind. Mense met geld en mag (“die pa wat die skool se budget die grootste hupstoot gee”)
beheer die skool. Indien jy ’n balkie dra (Greg se hoofseunbalkie), het jy ook mag in die skool.  (2)
5. Nee, hy is nie jaloers nie en hy spot ook nie met Greg nie.  (2)
6. Hy gee sy waarneming van die werklikheid – van gesag en mag.  (1)
7. Dit verwys na ondergrondse tonnels by die skool en ’n ritueel wat al die graadagts moet deurmaak
as deel van hul inisiasie.  (1)

Hoofstuk 5: Die soektog en gerugte van selfmoord (10 punte)
1. Die ek-spreker dink aan sy broer, John, wat selfmoord gepleeg het.  (1)
2. Tydspronge van die hede na die verlede.  (1)
3. “extreme sport”  (1)
4. Kort sinne/eensinparagrawe  (1)
5. Die gerug dat Eckardt selfmoord gepleeg het.  (1)
6. Die manier waarop Eckardt na Greg tydens die inisiasie gekyk het, skep spanning wat deur die
ellips uitgehef word. Die ellips suggereer ook dat daar ’n verband tussen Eckardt en John is. (1)
7. Sy pa het te veel en te hoë eise aan hom gestel. Hy kon die druk van sy pa nie meer hanteer om
op alle gebiede te presteer nie.  (1)
8. Ja, hy verwag dat Greg soos hy moet wees. Greg moet nou die plek van John inneem.  (2)
9. Jy moet die lewe aandurf en nie bang wees vir uitdagings, pyn en hartseer nie. Die lewe moet jou
weerbaar maak teen emosies.  (1)

Hoofstuk 6: Log File: Lux hominum vita (10 punte)
1. Internetswerwing en veral aankope op onveilige webblaaie.  (1)
2. Woordbetekenisse in konteks:
a) “clones” – klone (presiese weergawe van iets)  (1)
b) “surf” – om op die internet te swerf (die internet gebruik)  (1)
3. Paragraaf 2: Prestasie en die beeld na buite is al wat vir Greg se pa saak maak – dit gee jou mag./
Greg moet ’n beeld van sy pa wees.  (1)
4. “Sal dit nie waag nie.”  (1)
5. Hulle ervaar hul skoolopleiding as ’n soort “breinspoel” sodat hulle optree volgens voorgeskrewe
reëls van instansies wat hom vorm en mense in gesagsposisies. Hulle mag niks bevraagteken nie.  (2)
6. Hulle dink na oor die feit dat albei se pa’s dieselfde verwagtinge vir hulle het – om in hulle pa’s se
voetspore te volg.  (2)
7. Leerders se response (kan daaroor debatteer)  (1)



2

, Onderwêreld Antwoorde

Hoofstuk 7: Die pion gooi sy toys uit die cot (10 punte)
1. ’n Moontlike selfmoordbrief van Eckardt.  (1)
2. Greg  (1)
3. Greg bots met die skoolhoof. Hy weier om aan die rugbywedstryd deel te neem. (1)
4. Die skool moet iets daadwerkliks doen om Eckardt te soek.  (1)
5. Opstand teen gesag  (1)
6. Tydsprong – gesprek met Dok en dan terug in die koshuis.  (1)
7. Paragraaf 5: Die konfrontasie met sy onderdrukkende pa.  (1)
8. Hy weet dat sy pa hom verkwalik oor sy botsing met die skoolhoof en sy weiering om aan die
rugbywedstryd deel te neem./Hy verbreek reëls en ondermyn gesag.  (1)
9. “Is ek dan hulle leier?” (par. 9): Nie een van sy maats het hom ondersteun in sy weiering om rugby
te speel indien hulle nie na Eckardt soek nie./Sy maats volg hom nie.  (1)
10. Leiers moet voorloop en die res moet volg – niemand dink en doen soos hy nie.  (1)

Hoofstuk 8: Log File: Onderwêreld (10 punte)
1. Hy leer hom om ’n kuberkraker te word.  (1)
2. “Cyberspace se onderwêreld wag . . .” in par. 2.  (1)
3. Kuberkrakery is vir hom ’n gevaarlike uitdaging, maak hom opgewonde en dit voel vir hom soos ’n
ekstreme sportsoort; sy broer, John, was ook lief vir gevaarlike sport.  (2)
4. Eckardt herinner hom die hele tyd aan John. Hier stel hy Greg voor ’n uitdaging – sy broer het hom
ook uitgedaag.  (2)
5. Die kuberruimte is metafories van ’n donker, onbekende, bose terrein wat betree word. Greg is ook
besig om die donker, onbekende wêreld van sy psige te ontdek – sy verset en rebellie teen
gesagstrukture.  (2)
6. Eckardt verduidelik dat “firewalls” soos die ringmuur van ’n kasteel is. Só ’n muur beskerm ’n kasteel
teen indringers. Dit is ook die funksie van “firewalls” op ’n maatskappy se stelsel.  (2)

Hoofstuk 9: Sleeping Beauty kry dinge aan die roer (10 punte)
1. Die eersterugbyspan wat die wedstryd teen Durban Boys High gewen het.  (1)
2. Nee. Greg is hoofseun en behoort nie bier te hê nie. Dit is teen die skoolreëls.  (1)
3. Aan wat krakers doen: Krap in rekenaars se asblikke (“recycle bins”) om ou handleidings, memo’s,
sleutelwoorde of inligting te kry om vir ’n krakeraanval te gebruik.  (2)
4. Gedagtespraak  (1)
5. Dit suggereer dat Greg gedrink is (onder die invloed van drank). Ja, dit is gepas omrede hulle wil
feesvier oor hulle oorwinning.  (2)
6. Par. 13: Na die media – koerante  (1)
7. Die verdwyning van een van die leerders van Lawson Kollege (Eckardt).  (1)
8. Leerder se respons: Hy voel skuldig daaroor./Hy oortree reëls./Hy kan in die moeilikheid kom by
die Skoolhoof, polisie, sy pa./Hy kan tronk toe gaan./Hy kan uit die skool geskors word.  (1)

Hoofstuk 10: Log file: Toets vir die idiote (10 punte)
1. Dit suggereer tydsverloop.  (1)
2. “Ek registreer op die site as G-4ce.” (par. 9)  (1)
3. “triomfantelik” (par. 3)  (1)
4. Ja, dit is simbolies (veral die syfer “0” van sy identiteitloosheid, sy soeke na ’n identiteit, sy
buitestanderskap.  (2)




3

, 

5. Greg se rekenaarnaam is simbolies van sy bevryding. Hy beleef bemagtiging en ’n nuwe
individualiteit. Hy het nou sy eie mag ontdek. Hy het nog altyd magteloos gevoel omdat hy
deur sy pa (en die skool) se mag onderdruk was.  (3)
6. Alleenplasing./Eenwoordsin en -paragraaf.  (2)

Hoofstuk 11: Twee foto’s (10 punte)
1. Hy is bekommerd oor Eckardt. Sy verdwyning en moontlike selfmoord herinner hom aan John.  (1)
2. “Hy is weg, maar nou skielik meer teenwoordig as ooit.” Greg identifiseer Eckardt met sy broer.
Eckardt oorheers sy gedagtewêreld en die vrees dat hy dieselfde pad as sy broer gevolg het.  (2)
3. Na John se dood voel dit vir Greg of hy meer teenwoordig as ooit is. Só voel hy ook nou oor Eckardt
se verdwyning. In albei gevalle ervaar hy “verskriklike woede”.  (1)
4. Hy beleef die koshuis as koud, verlate en onpersoonlik. Hy voel onrustig en ervaar ’n mate van
vervreemding en vrees “hart stamp harder” – dit is ironies omrede dit tog ’n bekende terrein vir hom
is en hy die hoofseun is.  (2)
5. Eckardt se skoolrekord het verdwyn./Eckardt se skootrekenaar en selfoon is in sy kamer.  (1)
6. Leerders se respons, bv.: Hy wil soek vir ’n moontlike leidraad oor Eckardt se verdwyning./Hy wil
gaan kyk of Eckardt nie dalk teruggekeer het nie.  (1)
7. Dit is laatnag en hy tree geheimsinnig op. Dit voel of hy betrap is omdat hy rondsluip in die
koshuisgange.  (1)

Hoofstuk 12: Log File: Wat my hart sê (10 punte)
1. Greg se pa wil hom in dieselfde studierigting as hyself dwing, selfs dieselfde universiteit bywoon.
Sy pa ontneem hom dus van enige besluitneming – in die verlede en nou ook oor sy eie toekoms.
Ironies kraak hy dieselfde aand Challenge 4 – simbolies van sy rebelsheid teen sy pa se idees en
besluite en sy eie besluitloosheid.  (2)
2. Sy dialoog bevestig sy besluitloosheid: “Hel, ek weet nie eens wat ek wil swot nie.” (par. 5)  (2)
3. Greg ervaar innerlike konflik oor sy pa se dominerende houding en wonder of sy pa ook vir John
gedwing het om in sy spore te volg.  (1)
4. Leerder se respons, bv.: Ja, ’n mens moet self besluit oor ’n beroep/toekoms waarvan jy hou na
matriek; ouers kan nie hulle voorkeure op jou afdwing nie. Nee, ’n mens moet ’n nugtere besluit oor
jou toekoms neem en nie net doen wat jy voel reg is vir jou nie.  (1)
5. Die “vreemde glinstering” in Eckardt se oë skep spanning. Dit dui op die donker kant van sy
karakteraard. Die leser vermoed daar skuil meer agter sy woorde.  (2)
6. Dit dui op ’n tydsprong – dit is twee aande later.  (1)
7. Die paragraaf word uitgehef – Greg kraak vir die eerste keer ’n program en druip vir die eerste keer ’n
toets.  (1)

Hoofstuk 13: Teleurstellings en ontdekkings (10 punte)
1. Hy wil nie vir sy pa die waarheid vertel nie – sy pa sal nie luister nie/gee hom nie kans om te
verduidelik nie en het nog nooit begrip vir sy gevoelens getoon nie./Kommunikasiegaping tussen
hom en sy pa a.g.v. sy pa se dominerende houding./Sy pa wil net hoor hy presteer en dat hy hom
onderwerp aan gesag. (Ook ander gemotiveerde redes) (1)
2. Greg het die skoolhoof se gesag ondermyn. Greg beskuldig sy pa dat hy nie die eerste kind is wat
hom teleurstel nie.  (2)
3. Hy ontslaan die werknemer onmiddellik en sorg ook dat hy nie weer sommer werk kry nie. Leerder se
eie menings, bv.: Nee, dit is nie regverdig nie. ’n Mens moet eers die rede vir die persoon se optrede
bepaal./Moenie wraak neem indien iemand nie saam met jou stem nie.  (2)
4. Ja, hy is die hoofseun en is dus in ’n magsposisie.  (1)
5. Paragraaf 13 en 14: Na sy broer, John.  (1)
6. Hy voel skuldig oor Johan se dood.  (1)



4

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying these notes from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller SAF004. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy these notes for $4.55. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

66579 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy study notes for 14 years now

Start selling
$4.55
  • (0)
  Add to cart