100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary RTT - hele jaar opsommings $8.99
Add to cart

Summary

Summary RTT - hele jaar opsommings

1 review
 229 views  3 purchases
  • Course
  • Institution

RTT opsommings vir matrikulante wat ekstra hulp benodig. volledige teorie opsomming van al die termonologie en hoofstukke

Preview 4 out of 50  pages

  • August 27, 2023
  • 50
  • 2023/2024
  • Summary
  • 200

1  review

review-writer-avatar

By: sandybella2105 • 1 year ago

avatar-seller
Vraag 1 – 3
Terme/definisies

3D-drukker:
’n Drukker wat dit moontlik maak om fisiese driedimensionele voorwerpe te skep van ontwerpe wat op ’n
rekenaar met behulp van CAD- of 3Dmodelleringsagteware geskep is.
Aanlyn stoor:
Stoorspasie op ’n bedienerrekenaar op die internet wat aan gebruikers toegeken word. Gebruikers kan toegang
verkry vanaf enige plek waar mens by die bediener kan inteken.
Argivering (archiving – lêers):
Kopieë word gehou van lêers wat mens nie regtig meer wil gebruik nie maar net vir verwysing wil hou, ingeval
jy dit nodig kry
Aspekverhouding (Aspect ratio):
Die verhouding tussen die wydte en die hoogte van die skerm, bv. 16:9.
Bediener (Server):
’n Rekenaar wat dienste of hulpbronne aan ander rekenaars (kliënte) wat aan die netwerk gekoppel is, verskaf.
Bedryfstelsel (Operating system):
Stelselsagteware wat alle aktiwiteite binne die rekenaar beheer. Voorbeelde sluit die Windows-reeks, Linux,
macOS, iOS en Android in.
Beta-sagteware:
Voorlopige (voorverkoop-) weergawes van sagteware, wat deur ontwikkelaars vrygestel word sodat dit deur die
publiek getoets kan word. Soos foute aangemeld word, probeer die programmeerders om hulle reg te maak
voordat die finale weergawe van die sagteware vrygestel word.
Biometriese identifikasie:
Die gebruik van tegnologie wat ’n unieke biologiese eienskap van ’n mens, soos ’n vingerafdruk of die
irispatroon van ’n oog kan skandeer vir identifikasie
Bluetooth:
’n Koordlose tegnologie wat toestelle soos muise, drukkers en slimfone toelaat om oor ’n kort afstand met
mekaar te kommunikeer.
Blu-Ray:
’n Optiese formaat wat ontwerp is om hoë-definisie-video (HD) op te skryf, te herskryf en terug te speel, asook
om groot hoeveelhede data te stoor (meer as op ’n DVD).
Bug (sagteware):
’n Fout wat per ongeluk in die program beland het toe die programmeerders die sagteware ontwikkel het. (Nie
’n virus nie.)

,Clipboard:
Area in die geheue (RAM) waar objekte (teks sowel as grafika) wat gekopieer of geskuif word, tydelik gestoor
word. Hulle word daar gehou totdat hulle iewers geplak (paste) word (of totdat die program toegemaak word, of
die rekenaar afgeskakel word).
Cloud computing:
’n Algemene term wat verwys na die deel en gebruik van hulpbronne en toepassings wat as internetdienste
aangebied word.
Cloud storage:
Die aanlyn stoor van lêers.
Core:
’n Enkele fisiese verwerker. Skyfies wat as 'Dual Core’ beskryf word, het twee verwerkers, dié wat as ‘Quad
Core’ beskryf word het vier verwerkers, ens.
Defragmentasie:
Wanneer mens ’n skyf defragmenteer, gebruik jy ’n nutsprogram om gefragmenteerde lêers te herstel. Die
nutsprogram wat die lêers defragmenteer sal die deeltjies van die lêers wat oor die skyf versprei lê, herrangskik
en elke lêer weer ‘aanmekaarsit’, sodat hulle vinniger van die stoormedium af gelaai kan word.
Digitale zoom:
Soos wat jy ‘nader’ gaan en die prentjie groter word, word dit ook minder skerp, en op die ou end sien mens net
kolletjies.
Disk Cleanup:
’n Nutsprogram wat gebruik kan word om meer stoorspasie beskikbaar te maak deur onnodige lêers te
verwyder.
Disk scanner:
’n Nutsprogram wat saam met alle bedryfstelsels kom. Dit kan gebruik word om foute en foutiewe sektore op ’n
skyf te soek, en dit te probeer regmaak.
Dongle:
Toestel wat in ’n USB-poort ingeprop word om ’n koordlose sleutelbord of muis met die rekenaar te laat
kommunikeer. Ook ’n 3G- of 4G-‘dongle’ wat saam met ’n tafelrekenaar of skootrekenaar gebruik kan word,
om die rekenaar deur ’n sellulêre netwerk internettoegang te gee.
Druk-waglys (Printer queue):
’n Plek op die hardeskyf waar take vir die drukker tydelik gestoor word totdat die drukker gereed is om hulle te
druk. Elke drukker het sy eie printer queue.
Drywerprogram (Driver):
Sagteware wat jou rekenaar in staat stel om met hardeware of toestelle te kommunikeer. ’n Groot klomp van
hierdie programme is by die bedryfstelsel ingesluit en oor die algemeen word drywerprogramme outomaties
geïnstalleer.
DSLR-kamera:
Digital Single Lens Reflex – ’n tipe kamera ontwerp vir meer professionele gebruik. Dit laat jou toe om
verskillende lense te gebruik, en jy het ook meer beheer oor die tegniese instellings van die kamera

,Enkelgebruikerbedryfstelsel:
’n Bedryfstelsel wat slegs deur een gebruiker op ‘n slag gebruik kan word.
Enkelgebruikerlisensie (Single-user licence):
’n Lisensie waar die sagteware net op een rekenaar geïnstalleer mag word. Jy mag dit nie op meer as een
rekenaar installeer nie.
Ergonomie:
Die studie en ontwerp van die werkplek en die toerusting wat in die werkplek gebruik word vir die gemak en
veiligheid van mense in hul werksomgewing.
EULA:
End-User Licence Agreement – ’n wettige kontrak tussen jou as gebruiker en die maatskappy wat die sagteware
verskaf. Dit beskryf wat jy met die sagteware mag doen en nie mag doen nie.
File attribute (Lêerattribuut):
’n Eienskap van ’n lêer wat gestel kan word. Die twee attribute wat ons die meeste aantref is die Hidden en
Read-Only-lêerattribute.
File property (Lêerkenmerk):
Die basiese inligting oor ’n lêer soos die naam, grootte en datum waarop dit verander is
Formatering (van ’n skyf):
Die voorbereiding van ’n skyf vir die stoor van data. Die meeste skywe is vooraf geformateer. Die formatering
van ’n skyf sal al die data wat daarop gestoor is, uitvee.
Fragmentasie:
Hoe meer jy jou rekenaar gebruik, hoe meer word lêers (en dele van lêers) oor die skyf versprei. Hoe meer
verspreid die dele van lêers is, hoe stadiger word jou rekenaar, omdat dit langer neem om lêers oop te maak
Geheue (RAM):
’n Nie-permanente stoorarea vir programme en data wat deur die rekenaar verwerk word. Geheue verloor sy
inhoud as die krag afgeskakel word.
Geheuekaart:
Elektroniese stoormedia wat in digitale kameras en slimfone gebruik word.
Geo-tagging (geoetikettering):
Proses waarvolgens die geografiese posisie (in terme van die lengte- en breedtegraad se koördinate) vanwaar ’n
foto deur ’n digitale kamera geneem is, in die metadata van die lêer gestoor word.
Gewone tekslêers:
’n Tekslêer wat reëls met ongeformateerde teks bevat. Die lêeruitbreiding .txt word met tekslêers geassosieer.
GHz:
Afkorting vir Gigahertz. ’n Meeteenheid waarin die spoed van die SVE weergegee word. Hoër is beter.
GPS-toestel:
GPS staan vir Global Positioning System: ’n Toestel wat bereken waar jy op die aarde se oppervlakte
(breedtegraad en lengtegraad) is, gebaseer op ’n sein wat dit van ten minste drie GPS-satelliete af kr

, GPU:
Graphics Processing Unit – grafikaverwerkingseenheid op die videokaart (soortgelyk aan die SVE op die
moederbord), wat by sekere soorte sagteware (CAD, 3D-grafika, speletjies, ens.) die rekenaar se werkverrigting
kan verbeter.
Greep (Byte):
Elke karakter wat ons stoor, soos ‘4’ of ‘A’ of ‘%’, neem die hoeveelheid plek in beslag waarna ons as ’n greep
(in Engels byte) verwys.
Hardekopie:
Afvoer op papier (in teenstelling met sagtekopie – visuele uitvoer op ’n skerm)
HDMI:
High-Definition Multimedia Interface – ’n koppelvlak wat video en klank van ’n hoë kwaliteit met net een
kabel oordra. Dit verskaf beelde van ’n beter kwaliteit omdat dit met digitale seine werk.
Hibriederekenaar:
Skootrekenaar / tablet met ’n skerm wat mens kan omdraai (of selfs kan afhaal), saam met ’n gewone
sleutelbord. Die skerm is raak- of pensensitief. Hierdie rekenaars kan óf as gewone skootrekenaars óf as tablette
gebruik word.
Hidden-attribuut:
’n Lêerattribuut wat aandui of ’n lêer sigbaar is of nie. Al verskil tussen ’n versteekte lêer en enige ander lêer, is
dat ’n versteekte lêer by verstek nie in die lys van lêers en lêergidse wat jy in File Explorer sien, sal verskyn nie.
Inkspuitdrukker:
’n Tipe drukker wat mikroskopiese klein kolletjies ink op die papier spuit, en wat relatief goedkoop is om aan te
koop, maar relatief duur is om te gebruik. Werk goed vir kleurkopieë van ’n hoë kwaliteit.
Intreevlakrekenaar:
’n Rekenaar wat die goedkoopste is in ’n reeks (bv. tafelrekenaars), en wat redelike lae hardewarespesifikasies
het.
ISO-gradering:
’n Digitale kamera se sensitiwiteit vir lig. Hoër ISO-graderings is beter
Kaartleser:
Toestel waarin mens ’n geheuekaart kan inprop. Data kan dan tussen die geheuekaart en die rekenaartoestel
waaraan die kaartleser gekoppel is, oorgedra word.
Kasgeheue:
Hoëspoedgeheue wat gebruik word vir data wat gereeld of onlangs gebruik is, sodat daar vinniger toegang tot
daardie data verkry kan word
Kleurdiepte:
Die aantal bisse wat gebruik is om die kleur vir elke beeldpunt of pixel in ’n prentjie te verteenwoordig.
Kontrasverhouding (Contrast ratio):
Die verhouding tussen die donkerste swart en die helderste wit wat die skerm kan weergee. Hoe groter die
kontrasverhouding, hoe beter

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying these notes from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller zoearcher475. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy these notes for $8.99. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

53340 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy study notes for 14 years now

Start selling
$8.99  3x  sold
  • (1)
Add to cart
Added