Bespreek in ’n opstel van 300 tot 350 woorde hoe die titel Drif inhoudelik en tematies aansluit by
wat in die drama gebeur.
Verwys na:
1. Moontlike betekenisse van die titel.
2. Die bevrydingstema as hooftema.
3. Identiteite wat verwring raak.
4. Innerlike bevryding.
5. Wedersydse emosionele afpersing van karakters Let wel:
Jy moet in paragrawe skryf, ek
het dit puntsgewys en in
tabelle gesit sodat jy dit maklik
• Die onderstaande is ’n breë raamwerk van feite. kan leer.
• Die leerder se opstel moet in paragrawe wees
Drif (Reza de Wet)
Juffrou Ansie
, 2
Die leerder verskaf ’n toepaslike inleidingsparagraaf, bv. In die drama sluit die titel baie duidelik by die
verskillende temas aan, asook by die gebeure van die drama.
Titel
1. Die titel “Drif” verwys na verskeie moontlike betekenisse.
↘ ‘n Drif kan ’n oorgang van ’n rivier wees. Hier verwys dit na die gevaar van die drif tydens die
afkom van die rivier.
↘ Drif kan ook metafories verwys na die oorgang na ’n ander lewe, byvoorbeeld van die lewe na
die dood.
↘ Dit kan ook verwys na passie of ’n emosionele behoefte soos ’n woedeuitbarsting of begeertes
en hartstog.
2. Die bevrydingstema is sentraal in die drama.
↘ Sussie en Hermien is ’n tweeling, nou reeds middeljarig, maar Sussie word baie streng deur
Hermien opgepas en weggesteek, omdat sy ’n boggelrug het en daarom nie deur vreemdelinge
gesien mag word nie.
↘ Omdat Sussie so weggesteek word, verlang sy na bevryding uit haar eensame, troostelose
omstandighede op die verlate kleinhoewe by die drif.
↘ ie bevrydingstema kan ook verwys na die smagting van mense om hulle drome te vervul, want
mense wil vreugde ervaar en aanvaar word as mens in eie reg.S ussie wil nie meer iemand se
gebreklike suster wees nie. Ezmerelda is eintlik Maria Elisabet wat hunker na liefde. Maestro wil
’n metgesel hê omdat hy eensaamheid vrees en die delwers smag almal na geld.
3. Identiteite wat verwring raak.
↘ ‘n Ander belangrike tema is dié van identiteite wat verwring raak.
↘ In ’n poging om die dwalende gees van ’n jong vrou, Ezmerelda, wat in die rivier verdrink het, tot
rus te bring, verander Hermien tydens die séance-toneel in Ezmerelda.
↘ So word Sussie teruggeneem na die stormagtige aand.
↘ Dit word ’n aand toe sy ’n kans gegun is om ’n tydjie uit haar gevangenisskap te ontsnap – ’n
aand toe sy ook mooi gevoel het en haar gebrek in ’n positiewe lig gesien is.
4. Innerlike bevryding
↘ Sussie vind innerlike bevryding as sy soos Ezmerelda deur ’n skim met ’n mantelpak en ’n manel
gehipnotiseer word.
↘ Sy het in ’n hipnotiese toestand die huis verlaat.
5. Wedersydse emosionele afpersing van karakters
↘ Daar is ook die tema van wedersydse emosionele afpersing van karakters.
↘ Hermien laat Sussie gedurig verstaan dat sy haar wil beskerm omdat sy hulpeloos is. Ezmerelda
het vir Maestro nodig, al behandel hy haar sleg
↘ Sussie en Ezmerelda het vir Hermien en Maestro nodig en kan nie die houvas wat laasgenoemde
persone op hulle het, afskud nie. By Ezmerelda is daar ook ’n duidelike kringloop van seksuele
afhanklikheid.
↘ In die woede of emosionele uitbarstings soos deur die karakters geopenbaar word, is die “drif”
baie duidelik wat metafories na die titel en die drama verwys
Die leerder verskaf ’n gepaste slot, bv. In die drama, Drif, is dit duidelik dat die titel met die inhoud en
temas verband hou.
Hermien is geskok dat ’n man en Ellipsteken in reël 7
en ’n vrou wat nie getroud is nie, Dit wys Hermien voel
saam reis onseker oor die onderwerp
Die kontras in reël 9–11 Reël 13: Maestro en Ezmerelda
trek van een delwersdorp na die
Maestro sê hy is onbelangrik ander.
(“maar net die instrument”) /
hy plaas die fokus op die krag
wat deur hom vloei en nie op
homself nie, maar terselfdertyd
sê hy is ’n besondere hipnotis.
Reël 16
“Ezmerelda trek die aandenkingsblikkie ongemerk nader”.
Hermien het egter vir Ezmerelda die blikkie gesien nadertrek. Hermien
se reaksie was: Sy het Ezmerelda beveel om dit dadelik terug te sit.
Wat in die aandenkingsblikkie is: Die aandenkingsblikkie bevat items
van elke lyk wat deur Sussie en Hermien uit die rivier gehaal is.
Drif (Reza de Wet) Juffrou Ansie
The benefits of buying summaries with Stuvia:
Guaranteed quality through customer reviews
Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.
Quick and easy check-out
You can quickly pay through credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.
Focus on what matters
Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!
Frequently asked questions
What do I get when I buy this document?
You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.
Satisfaction guarantee: how does it work?
Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.
Who am I buying these notes from?
Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller ansiestudynotes. Stuvia facilitates payment to the seller.
Will I be stuck with a subscription?
No, you only buy these notes for $3.54. You're not tied to anything after your purchase.