Die bemarkingsfunksie was in Graad 10 aangebied as een van die agt besigheidsfunksies van 'n organisasie. In Graad 11 gaan 'n gedetailleerde ontleding van bemarking gedoen word in terme van die vier komponente van die bemarkingsresep, insluitend produk, prys, distribusie en kommunikasie
Eenheid 10.1: Bemarking
Betekenis van bemarking:
Bemarking verwys na aktiwiteite wat ‘n besigheid onderneem om die koop of verkoop van
produkte of dienste te bevorder
Rol van die bemarkingsfunksie:
Vir besighede om sy doel te bereik naamlik om waarde toe te voeg tot beleggers se
belegging, is dit ‘n baie belangrike taak van die besigheid om verbruikers op te spoor en hul
lojaliteit te behou
● Die rolle van die bemarkingsfunksie
○ Identifiseer verbruikers se behoeftes en bepaal die waarde om dit te bevredig
○ Deel inligting met produksiefunksie om te verseker dat die produk of diens
aan behoeftes voldoen
○ Bied produk aan vir potensiêle kliênte deur middel van bemarking
○ Verfyn die ervaring wat kliênte ervaar het
Bemarkingsaktiwiteite
↱ Fabrieksprodukte ↱ Landbouprodukte
Standaardisering en gradering:
● Standaardisering verwys na die proses om te vereker dat goedere van dieselfde
standaard is in terme van grootte/gewig/kleur
● Daar moet geen differensiasie tussen die produkte voorkom nie
● Produkte wat uit die natuur geoes word en vir verbruikers beskikbaar gestel word
,Opberging/stoor:
● Definisie: Die grootskaalse vervaardiging van produkte om dag geberg te word vir
toekomstige gebruik
● Dit verseker dat produkte bewaar word om te voorsien in toekomstige vraag
● Dit oorbrug ook die gaping tussen produksie en verbruik
Vervoer:
● Definisie: Verwys na die beweging van een plek na ‘n ander
● Dit verseker dat finale produkte die verbruiker bereik wanneer dit benodig word
● Daar is verskillende maniere van vervoer beskikbaar vir vervaardigers (pad, see, lug)
Finansiering:
● Eie kapitaal: Beskikbaar vanaf privaat beleggers in ruil vir ‘n persentasie van
eienaarskap
● Persoonlike skuld finansiering: Verwys na die vermoë van ‘n individu om die
besigheidsaktiwiteite te finansieer
● Dit verwys na die daad om fondse te verkry om te verseker dat besighede effektief
kan funksioneer
● Die besigheid benodig fondese van finansiële instellings/ beleggers om uit te brei/ in
bedryf te bly
Dra van risiko/versekering:
● Verskeringsmaatskappye: Bereid om sekere risiko’s te deel met die eienaar bv.
Diefstal, brande en vloede
● Investerings in besigheidsgeleenthede is onderworpe aan konstante risiko’s
● Die eerste risiko draer is die entrepreneur en die aandeelhouers
Koop en verkoop:
● Dit verwys na die proses waar goedere en dienste verruil word vir geld
● Dit is ‘n integrale deel van enige besigheidsaktiwiteite
● Verbruikers is ‘n integrale deel van die koopproses
, Eenheid 10.2: Produkontwikkelingsbeleid
Produkontwikkeling is ‘n belangrike funksie in elke besigheid - dit is ‘n deurlopende en
dinamiese proses. Die meeste groot besighede het ‘n verskeidenheid van produkte in die
mark en is betrokke in die ontwerp en ontwikkeling van nuwe produkte
Betekenis van produkbeleid:
● Die produkbeleid is die eerste komponent van die bemarkingsresep
● Die produk is die hoofkomponent van die bemarkingsresep
● Geen produk = geen besigheid
● Hierdie beleid verduidelik hoe die besigheid ‘n nuwe produk gaan ontwikkel, ontwerp
en verpak
● Die produkbeleid hanteer die kenmerke en voorkoms asook voordele van die produk
self
Tipes produkte (twee kategorieë)
Industriële produkte:
● Word gebruik in die vervaardigingsproses om ander goedere te produseer (bv.
masjiene)
Verbruikersgoedere:
● Goedere wat die behoeftes van die verbruiker bevredig
Kategorieë van verbruiksgoedere
1️⃣ Geriefsgoedere
● Verbruikers wil nie baie tyd en moeite spandeer aan die koop van geriefsgoedere
nie, omdat daar baie klein verskille is in terme van prys
● Dit is items met lae pryse wat verbruikers koop sonder om baie daaroor te dink
● Voorbeelde: brood, melk, ens.
2️⃣ Uitsoekgoedere
● Hierdie goedere is duurder as geriefsgoedere
● Verbruikers koop hierdie items nie gereeld nie
● Voorbeelde: televisies, motorvoertuie, klere, ens.
3️⃣ Spesialiteitsgoedere
● Hierdie goedere dra gewoonlik spesifieke handelsmerke
● Verbruikers weet presies wat hulle wil hê en is bereid om te soek totdat hulle kry
waarna hulle soek
The benefits of buying summaries with Stuvia:
Guaranteed quality through customer reviews
Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.
Quick and easy check-out
You can quickly pay through credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.
Focus on what matters
Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!
Frequently asked questions
What do I get when I buy this document?
You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.
Satisfaction guarantee: how does it work?
Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.
Who am I buying these notes from?
Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller sastudybuddy. Stuvia facilitates payment to the seller.
Will I be stuck with a subscription?
No, you only buy these notes for $5.63. You're not tied to anything after your purchase.