100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary Kronologiese Opsomming van Onderwêreld $7.98
Add to cart

Summary

Summary Kronologiese Opsomming van Onderwêreld

 20 views  0 purchase
  • Course
  • Institution

Volledige kronologiese opsomming van die gebeure in Onderwêreld.

Preview 2 out of 9  pages

  • January 30, 2024
  • 9
  • 2023/2024
  • Summary
  • 200
avatar-seller
Kronologiese Opsomming van Onderwêreld


Greg Owen is die hoofseun van Lawson Kollege, ‘n elite privaat seunskool in die Drakens-
berg. In sy matriekjaar gebeur ‘n ongehoorde ding – ‘n nuwe leerder, Eckardt Wilken,
word aanvaar by die skool. Greg en Eckardt stamp eers koppe, maar dan sien Greg iets
van sy afgestorwe broer, John, in Eckardt. Hulle vyandskap verander in vriendskap.
Eckardt neem vir Greg in sy vertroue en vertel hom dat hy rekenaars en rekenaarstelsels
kan kraak. Oor ‘n tydperk van 6 maande begin Eckardt vir Greg ook leer hoe om ‘n
kuber-kraker te word. En dan een Donderdag verdwyn Eckardt spoorloos. Niemand weet
wat van hom geword het nie. Greg sit skielik met ‘n problem. Hy moet die polisie en die
skool help om Eckardt terug te kry, maar nie die skool óf doe polisie mag uitvind dat
hulle kuber-krakers is nie.
Greg begin leidrade kry wat die polisie sou miskyk tensy hulle weet waarna hulle soek.
Die leidrade dui al hoe meer daarop dat Eckardt betrokke geraak het by iets waarby hy
hom liewer moes uithou. Uiteindelik vlek Greg die waarheid oop. Of altans só dink hy. Hy
kom af op inligting wat daarop dui dat Lawson Kollege se hoof, doktor Alec Pienaar,
betrokke is by ‘n onwettige bedrywigheid.
Wanneer Greg tot verhaal probeer kom, maak Eckardt weer sy verskyning. Greg vind nou
uit dat Eckardt se verdwyning beplan was end at hy ‘n social engineering attack op
Greg en sy gesin uitgevoer het. Greg se eie pa is ook betrokke by die onwettige transaksie.
Greg het dus onbedoeld sy pa ook verraai.
Eckardt se rede vir die aanval op Greg se gesin is dat Greg se pa jare gelede Eckardt se
gesin op ‘n soortgelyke wyse verwoes het. Eckardt se motief was dus wraak.


VERLEDE
PROLOOG (38-42)
‘n Kind (Eckardt) word in die nag wakker van ‘n vreemde geluid. Hy kry sy pa in die
studeerkamer met ‘n pistool in sy hand. Sy pa lyk vir die kind soos ‘n monster. Sy pa sit
die pistool weg en vra hy moet nie vir sy ma vertel wat hy gesien het nie. Dit skok
nogtans die kind. Toe sy pa sy naam sê, “los die naam op”. Hy sal jare later vir homself
‘n ander naam kies wat vertel hoe dit voel om magteloos te wag op antwoorde en net
eggo’s uit die onderwêreld te kry. Sy naam sal Ekk-0 wees.

, HOOFSTUK 2: LOG FILE: DIE DAG VOOR DIE LAASTE SKOOLJAAR BEGIN (47-53)
In die terugflitshoofstuk kom Greg die dag voor die matriekskooljaar begin, by Lawson
Kollege aan. Sy onverbiddelike pa, ‘n mediamagnaat van Turret Media, het hoë verwag-
tinge van hom. Sy ma wil egter seker maak dat Greg weet sy pa is lief vir hom. Daar het
iets in die verlede met die gesin gebeur wat hulle ‘n emosionele knou gegee het. Greg is
gewild onder die leerders. Sy vriende is Plank en TJ. Hy stamp kop met die
onderhoofseun, Kwanele Twala. Greg ontmoet ook vir Eckardt Wilken, die nuwe
matriekleerder. Hy dink dadelik Eckardt is ‘n moeilikheidmaker.


HOOFSTUK 4: LOG FILE: DIE TONNEL (58-63)
Greg is verveeld en dis nog net die eerste skooldag. Dok Alec Pienaar maak ‘n belangrike
aankondiging in die skoolsaal. Die Tonnel-ritueel vind plaas en die graad 8’s (Trappers)
word deur die skool se ondergrondse tonnels gejaag. Greg besef skielik dat Eckardt ook
‘n nuweling is. Voordat hy hom egter deur die donker tonnel kan jaag, herinner ‘n kyk
in Eckardt se oë vir Greg aan sy broer, John. Greg haal vir Eckardt uit die tonnel.


HOOFSTUK 6: LOG FILE: LUX HOMINUM VITA (68-71)
In die terugflitshoofstuk gaan die Tonnel-ritueel voort. Die betekenis van die blinddoek,
die versteekte flitsliggie en die skoolleuse word duidelik. Greg gaan soek die Trappers wat
verlore is in die tonnels. Eckardt gaan help hom. Terug in die koshuis sien Eckardt
waarmee Greg besig is op die rekenaar. Hy waarsku hom teen die gevare van internet-
gebruik. In sy kamer bied Eckardt vir Greg bier aan, en hy vra vir Greg of hy al ‘n
rekenaar gekraak het.


HOOFSTUK 8: LOG FILE: ONDERWÊRELD (78-81)
Greg ervaar die opwinding van die onderwêreld van kuberkrakers. Dit word soos ‘n nuwe
ekstreme sport en laat hom meer met Eckardt identifiseer omdat dit hom herinner aan
John. Greg leer van rekenaarsekuriteitsmure, swakpunte in stelsels, die verskil tussen
“hackers” en “crackers”, end at kuberkrakers ook soms goeie werk doen. Hy vra dat
Eckardt hom moet leer hoe om ‘n kuberkraker te word.


HOOFSTUK 10: LOG FILE: TOETS VIR DIE IDIOTE (87-91)
Na sy drafoefening maak Eckardt vir Greg wakker met ‘n verwysing na die Griekse
mitologie. Greg verstaan dit nie. Later die dag kies Greg vir hom ‘n krakerskuilnaam G-

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying these notes from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller genevievegouws. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy these notes for $7.98. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

56326 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy study notes for 14 years now

Start selling
$7.98
  • (0)
Add to cart
Added