Afrikaans First Additional Language OR IsiXhosa First Additional Language
Summary
Summary Onderwêreld - Fanie Viljoen
2 views 0 purchase
Course
Afrikaans First Additional Language OR IsiXhosa First Additional Language
Institution
12th Grade
Die volgende vraestelle is gebruik in hierdie notas DBE/2019 NOVEMBER, DBE/November 2022, DBE NOV/2018, DBE JUN/2019, DBE JUN/2022, MIND THE GAP Studiegids, EC/SEPTEMBER 2024
Inhoud:
1. Die titel 2
2. Ruimte 2
3. Agtergrond & milieu 3
4. Tyd 3
5. GREG OWEN 4
6. ECKARDT WILKEN 6
7. KONTEKS...
Afrikaans First Additional Language OR IsiXhosa First Additional Language
200
All documents for this subject (517)
Seller
Follow
ansiestudynotes
Reviews received
Content preview
1
Roman
Onderwêreld
Fanie Viljoen
Hierdie notas is saamgestel deur gebruik te maak van die volgende vorige
eksamenvraestelle. Sommige inligting word herhaal om jou die verskillende maniere
waarop die vrae in eksamens/ toetse gevra word te wys.
Sterkte. Juffrou Ansie
Die volgende vraestelle is gebruik in hierdie notas DBE/2019 NOVEMBER, DBE/November
2022, DBE NOV/2018, DBE JUN/2019, DBE JUN/2022, MIND THE GAP Studiegids,
EC/SEPTEMBER 2024
Inhoud
1. Die titel 2
2. Ruimte 2
3. Agtergrond & milieu 3
4. Tyd 3
5. GREG OWEN 4
6. ECKARDT WILKEN 6
7. KONTEKSTUELE VRAE 8
8. Opstelvrae 22
8.1 Greg se karakter en konflik 22
8.2 Die titel 30
8.3 Eckardt se valsheid se invloed op Greg 34
8.4 Emosionele krisisse 43
8.5 In die roman is Eckardt 'n andersoortige mens.
Wat maak hom so anders? 45
8.6 Greg het gedink hy is bulletproof, maar eintlik was hy net ʼn pion 51
, 2
Die titel Verwysingsmoontlikhede:
➢ die onderwêreld van kuberkrakery,
➢ onwettige bedrywighede soos korrupsie,
➢ die wêreld van die volwassewordende tiener in ′n streng
skoolmilieu vol reëls en geldmag en vrees vir die
onbekendheid en finaliteit van die dood.
Twee betekenismoontlikhede:
1. Die romantitel skep ’n verwagting by die leser dat hy / sy
kennis gaan maak met ’n buitengewone wêreld.
2. Dit verwys ook na ′n onderwêreld van donker geheime en
spanning.
Ruimte Die plekke waar ′n verhaal afspeel, staan in letterkunde as die ruimte
bekend.
➢ Lawson Kollege met sy imposante geboue en uitgebreide
skoolterrein is die fisiese ruimtes (dit waarvan ons ′n prentjie
kan vorm) waarteen die verhaal van onderwêreld afspeel.
Die verteller neem ons na die skoolsaal, klaskamers,
gedenkmuseum, die skoolhoof se kantoor en selfs tot binne in
die privaat ruimtes van koshuiskamers.
➢ Verder is die Drakensberg ook ′n belangrike ruimte met die
omliggende platteland van KwaZulu-Natal. Ander minder
belangrike ruimtes is Eckardt se huis as kind in die proloog,
Greg se ouerhuis in Sandhurst en die vakansiehuis op
Jeffreysbaai.
Agtergrond & Die agtergrond waarteen hierdie roman se storie vertel word, is
milieu onder andere dié van rykmanskole wat onderrig bied vir die kinders
van ouers wat baie geld en baie invloed het. Verder is die storie van
onderwêreld ook teen die agtergrond van korrupsie en misdaad
geskryf waar kuberkrakery op groot skaal plaasvind
, 3
Die karakters bevind hulle verder teen ′n agtergrond van korrupsie
en misdaad waar selfs vername mense hulle skuldig maak aan
wandade. Die leerders staan in hulle matriekjaar op die drumpel om
self ook hierdie wêreld te betree. Die veelbesproke voëlgriep-
epidemie wat Asië, veral Hong Kong, in 2003 erg getref het, vorm
ook deel van die agtergrond waarteen hierdie roman se gebeure
afspeel. In onderwêreld moet die ruimte en die agtergrond saam
gelees word sodat die konteks van die storie reg verstaan word.
Agtergrond en milieu vervul ′n belangrike funksie in enige roman.
Van die belangrikste funksies is die volgende:
• om stemming / atmosfeer / konteks te skep;
• om die bron van konflik of stryd tussen karakters te wees;
• om gebeure / handelinge meer realisties te laat voorkom; en
• om ’n idee / tema te simboliseer.
Tyd Tyd verwys na die chronologiese of a-chronologiese verloop van
gebeure of handelinge. Dit is die tyd wanneer die gebeure of
handelinge plaasgevind het.
Die chronologie van die verhaal word verbreek deur die
afwisselende vertelling van die hede, waarin Eckardt verdwyn en die
gevolge daarvan. Die afwisselende hoofstukke handel oor die
verlede (terugflitse) en hoe die vriendskap tussen Greg en Eckardt
groei terwyl Greg se vaardigheid in kuberkrakery ontwikkel.
In onderwêreld se vertelde tyd maak die skrywer van ′n vertellyn in
die hede en ′n vertellyn in die verlede gebruik. Die verhaallyn in die
hede is die hoofstukke wat met onewe getalle begin. Die verhaallyn
in die hede strek oor ongeveer 8 dae. Die gebeure in hierdie
hoofstukke fokus op Greg se soektog na Eckardt wat weggeraak het
, 4
en Greg se pogings om Dok Pienaar se wandade aan die kaak te
stel. Al die hoofstuktitels wat met “Log File” aangedui word, is die
verhaallyn in die verlede. Dit is die begin van die matriekjaar en die
twee hoofkarakters se nadere kennismaking. Dit vind plaas deurdat
Greg al dieper in die onderwêreld van kuberkrakery ingesleep word
en met sy broer se dood gekonfronteer word.
Die twee verhaallyne ontmoet mekaar in hoofstuk 33. Die skrywer
gebruik terugflitse in die roman se twee verhaallyne om die spanning
te verhoog. Hy doen dit deur die afwisselende aanbieding van
hoofstukke wat in die hede en verlede afspeel.
GREG OWEN Greg is op die oppervlak 'n tipiese skoolheld – hy is goed in atletiek,
(G-4ce) die vleuel van die eerste rugbyspan, hoofseun. Sy pa verwag van
Greg om nege onderskeidings te behaal en om op alle vlakke te
presteer. Sy pa verwag ook van hom om oor sy toekoms te dink en
te beplan (soos wat hy in sy besigheid beplan.
Protagonis:
• Hy is ′n matriekleerder en die hoofseun aan Lawson Kollege.
• Greg is aan die begin ′n leier met sterk leierseienskappe,
maar namate hy meer belangstelling in kuberkrakery vertoon,
raak sy taak as leier vir hom al hoe minder belangrik. Kwanele
moet in Greg se plek toesig hou by die kerkdiens terwyl Greg
besig is met kuberkrakery.
• Hy is ′n sportman wat veral lief is vir rugby speel. Hy speel
vleuel vir die eerste rugbyspan.
• Greg se ouers is baie ryk. Greg se pa is die eienaar van Turret
Media, ′n groot mediamaatskappy.
• Greg is slim en vaar aanvanklik akademies goed. Sy pa
verwag aan die einde van die jaar 9 onderskeidings van hom
en plaas druk op Greg.
The benefits of buying summaries with Stuvia:
Guaranteed quality through customer reviews
Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.
Quick and easy check-out
You can quickly pay through credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.
Focus on what matters
Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!
Frequently asked questions
What do I get when I buy this document?
You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.
Satisfaction guarantee: how does it work?
Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.
Who am I buying these notes from?
Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller ansiestudynotes. Stuvia facilitates payment to the seller.
Will I be stuck with a subscription?
No, you only buy these notes for $10.26. You're not tied to anything after your purchase.