100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary Madelein Rossouw - Suurlemoen Notas $4.51   Add to cart

Summary

Summary Madelein Rossouw - Suurlemoen Notas

  • Course
  • Institution
  • Book

this document has clear and well laid out summaries of the book SUURLEMOEN

Preview 3 out of 19  pages

  • Yes
  • June 9, 2020
  • 19
  • 2018/2019
  • Summary
avatar-seller
TITEL: Die titel is net ’n ander woord vir “die boek se naam”. Hierdie boek het egter ook ’n subtitel. • Suurlemoen! – Titel • ’n Storie oor rock, liefde en ’n tuinkabouter – Subtitel (“Sub” beteken “onder”.) Die titel, Suurlemoen! verwys na die naam van Tiaan, Zane, Bongi en Liezl se orkes. Die hoofintrige in die verhaal sentreer rondom die ontstaan, probleme en sukses van hi erdie orkes. Die subtitel verskaf ’n kort en kragtige opsomming van waaroor die storie gaan en prikkel die leser se nuuskierigheid. Ons kan reeds uit die titel aflei dat musiek ’n rol in die verhaal speel en ’n liefdesverhaal voorspel, maar hoe pas ’n tuin kabouter in die prentjie? Die subtitel gee vir ons ’n voorskou van die subintrige in die verhaal (Tiaan en Liezl se verhouding). Jaco Jacobs vertel hoe die boek sy naam gekry het: “Ek het ’n suurlemoen gaan koop en dit afgenee m. En toe het ek op Photoshop begin rondspeel en ’n plakkaat gemaak met ’n foto van ’n suurlemoen wat by ’n muurprop ingeprop is, en ek het vir die suurlemoen ’n klankknoppie gegee, asof dit ’n CD -speler is. Boaan die plakkaat het ek die woord Suurlemoen! – met ’n uitroepteken – geskryf. En net daar het ek besluit dit sal ’n great naam vir ’n band wees. En so het dit die naam van my boek geword.” DIE SKRYWER: Jaco is op ’n klein Karoodorpie met die naam Carnarvon gebore. Hy was net sewe jaar oud toe hy al sy eerste storie geskryf en geïllustreer het (maar hy sê dit was so simpel dat nie eens sy ma en pa dit wou lees nie). Hy was sy hele skoolloopbaan in die Hoërskool Carnarvon, en in matriek was hy hoofseun (van ’n klas van net 14 matrieks!). Ná skool het hy B.A. Kommunikasiekunde en sy honneurs in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi, voordat hy by Volksblad in Bloemfontein begin werk het, onder meer as redakteur van JIP. Deesdae is hy uitgewer van kinder - en jeugboeke by LAPA Uitgewers. Hy het sy eerste boek, Pretpark, reeds aan die einde van matriek geskryf (hoewel dit eers heelwat later gepubliseer is). Sy eerste boek wat verskyn het, was Troetelgedrog (2001). Sedertdien het hy al meer as negentig boeke vir kleuters, kinders en jong volwassenes geskryf. Hy woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjie, Mia, en twee honde, Pippie en Binki. Jaco se skryfwerk is reeds bekroon met die Alba Bouwerprys, die C.P. Hoogenhouttoekenning, die MML -
letterkundeprys, die Elsabe Steenbergprys en sewentien ATKV -kinderboektoekennings . Literêre terme Titel: Die naam van die storie. Verraai dikwels waaroor die verhaal gaan of gee d ie tema. Die titel, Suurlemoen! verwys na d ie naam van Tiaan, Zane, Bongi en Liezl se orkes. Ruimte (milieu) en agtergrond: Die ruimte is die plek waar die karakters hulle bevind en die gebeure plaasvind . • Skool (Hoërskool Sentraal) • Die agtergrond is gewoonlik meer van toepassing op ’n politieke of geskiedkundige teks, waar ons iets van die geskiedenis moet weet om die boek te kan verstaan. Al wat ons hier moet weet, as agtergrond, is dat hierdie boek baie bewustelik in die postmodernistiese tradisie geskryf is. Die hele boek berus ook op ’n postmodernistiese tema – dit is ’n skeppende werk oor skeppende werke. Tydsverloop: Verteltyd: 160 bladsye Vertelde tyd: Amper drie maande. Hoe weet ons dit? Op p. 39 is dit die Vrydag net ná die oudisies en Bongi sê daar is nog twee maande 11 oor na die einde van die kompetisie toe. Die boek eindig net na die kompetisie. Op p. 152 (die dag van die kompetisie) sê Tiaan hulle i s amper drie maande bymekaar. Verteller: Eerstepersoonsverteller (ek -verteller): Een van die karakters vertel die verhaal. Derdepersoonsverteller: Hierdie tipe verteller is ’n buitestander en gee vir die leser ’n blik van buite op ’n groep karakters en geb eure. • Eerstepersoonsverteller (Tiaan) vertel hierdie verhaal. • Hoofkarakter: Tiaan (ook die verteller) • Newekarakters: Zane, Liezl, Bongi, meneer Marx, juffro u Pienaar, Tiaan se ma, meneer Van Schalkwyk, Psycho Bob en Willem, Frik van Tonder. Uiterlike voorkoms: Hoe lyk die karakters? Innerlike eienskappe: Verwys na aspekte van die karakter se persoonlikheid. Karakterontwikkeling: As ’n karakter deur die verhaa l groei of verander of tot nuwe insigte kom. Karakterisering: Hoe skets die skrywer vir die leser ’n prentjie van die karakters? Voorbeelde is hoe die verteller die karakter beskryf, dialoog (wat die karakter sê en hoe hy praat), die karakter se naam, wat die karakter dink, ens. Intrige: Die plot. Die reeks gebeure waaruit ’n verhaal opgebou is. Die gebeure word op so ’n manier georganiseer dat dit tot ’n klim aks lei en in ’n ontknoping opgelos word. Die intrige is dus hoe die storie ontwikkel/verloop.  Klimaks  Ontknoping  Tydsverloop In Suurlemoen! leer ons die karakters aan die begin ken. Dan sien ons hoe die orkes ontstaan, ’n naam kry, opb reek, weer bymekaarkom en ... die kompetisie wen (klimaks) Konflik: Die gebeure in die storie veroorsaak botsing/konflik. Innerlike konflik: Wanneer die karakter wroeg oor iets of wanneer daar konflik in die karakter se gemoed is, bv. T iaan hou van Liezl, maar sy beste vriend, Zane, hou ook van haar ... Wat sal hy doen? Uiterlike/eksterne konflik: Karakters bots of baklei met ander karakters, die omgewing of gemeenskap as geheel, bv. ná die dag by Tiaan se huis, praat Zane en Liezl nie m et Tiaan nie. Uiterlike konflik kan lei tot innerlike konflik en andersom. Handeling: Wat gebeur in die storie? Uiterlike handeling: Dinge wat ons sien gebeur. Innerlike handeling: Die gedagtes of gevoelens van die karakters. Boodskap: In elke verhaal wat mens lees, is daar lewenslesse opgesluit. Watter les(se) kan jy uit die verhaal leer? • Aanhouer wen. • Wie nie waag nie, wen nie. • Wees net jouself. • Leef jou drome uit. n Kort oorsig oor die p ostmodernisme Die postmodernise speel ’n baie belangrike rol in hierdie roman. Wat is die postmodernisme? Om Suurlemoen! te verstaan, moet ons iets van die postmodernisme weet. Meneer Marx se “lesing” oor die postmodernisme (pp. 8 -9) is nie om dowe neute i ngegooi nie. Net so is Liezl se definisie nie toevallig hier geplaas nie. Kyk weer daarna: “Dis gewoonlik ’n soort reaksie op die modernisme, Meneer. Dit lewer met ander woorde kommentaar op ouer kuns.” Ons kan dus verwag dat Suurlemoen!, die boek, ook kom mentaar gaan lewer op ouer kuns.

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying these notes from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller madeleinrossouw22. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy these notes for $4.51. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

39702 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy study notes for 14 years now

Start selling
$4.51  3x  sold
  • (0)
  Add to cart