100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary Madelein Rossouw - Hoofkarakter Timus $4.49
Add to cart

Summary

Summary Madelein Rossouw - Hoofkarakter Timus

 0 purchase
  • Course
  • Institution
  • Book

Description of the lead character in Roepman

Preview 2 out of 7  pages

  • Unknown
  • June 9, 2020
  • 7
  • 2018/2019
  • Summary
avatar-seller
HOOFKARAKTER TIMUS:
 Die hoofkarakter is ’n twaalfjarige seun, Timus, wat sukkel om tussen verbeelding en werklikheid te
onderskei.
 Hy is dus die protagonis in die verhaal, en aangesien die leser die storie vanuit sy gesigspunt beleef,
tree hy ook as fokalisator op.
 Hy vergelyk himself gedurig met ouer seuns en spreek gedurig die wens uit om groter, manliker en
ouer te wees.
 Dit skemer sterk deur dat hy ontevrede is met sy fisieke voorkoms, want hy sê op bl. 7 dat dit erg
genoeg is as jy met jouself ontevrede is wanneer jy in die spieël kyk en dat sy maats hom “myle voor”
is.
 Hy voel dat die Here hom “uitgekies” het om agter te bly. Hy noem voorbeelde van fisieke
ontwikkeling by seuns, soos gebreekte stemme, baarde, hare in kieliebakke, ensovoorts, en dan maak
hy die uitlating dat hy nie daaroor wil praat nie.
 Gewoonlik vermy mense situasies en dinge wat hulle pla of seermaak en praat ook nie graag oor sulke
dinge nie.
 Die leser kan dus hieruit aflei dat Timus jonk vir sy ouderdom lyk en nog geen van bogenoemde
“mylpale” in sy fisieke ontwikkeling bereik het nie.
 Hieruit kan ’n swak selfbeeld en gebrek aan selfvertroue spruit.
 Sy ma se woorde op bl. 8, nl. “Timus, jy sal my nog grys hare gee met jou wildgeit”, stel nog ’n
eienskap van Timus aan die leser voor: Sy ouers tref hom aan met ’n gebreekte arm in gips toe hulle
van die plaas af terugkom en dit impliseer dat hy ’n woelige seun is wat soms onverantwoordelik
optree en nie aan die gevolge van sy dade dink nie.
 Timus raak soms verlore in sy eie gedagtes en moet dan weer na die werklikheid teruggebring word
soos die leser kan aflei uit sy pa se woorde op bl. 7 waar hy vir hom sê dat die lewe nie ’n storie is nie,
en weer op bl. 19 ná Timus se aandrang daarop dat ’n Bantoe sy arm gebreek het en sy pa weer kla dat
dit die hoeveelste keer is dat hy vir Timus moet sê dat die lewe nie ’n storie is nie.
 Ook die twee daaropvolgende vrae, nl. “Timus, hoor jy my?” en “Wat het ek gesê?” wys daarop. Ook
die woorde op bl. 8, “Timus, waar is jou gedagtes nou weer?” en op bl. 14, “Jy is klaar agter genoeg
met jou dromery”, bevestig hierdie stelling.
 Dat Timus onwrikbaar glo in sy verbeeldingswêreld sien ons in sy woorde op bl. 19 toe hy dink:
“maar ek het nie gejok nie: dit wás ’n Bantoe wat my arm gebreek het”.
 Dat hy ’n tipiese ondeunde tienerseun is wat daarvan hou om ander ’n streep te trek, sien ons in die
insident waar hy Gladys met die tuinslang natspuit.
 Hy dink ook by homself dat niemand nog ooit so mooi soos Gladys geskrik het nie – en dat hy dit
graag weer sou wou sien.
 Saam met die jeugdige ouderdom van twaalf kom ook die wreedheid en onsensitiwiteit waarmee ander
persone soms behandel word.
 As voorbeeld dien sy bekentenis dat sy ma met hom raas as hy ook soos party ander mense spot met
ant Rosie, wat stom is en klippe in die straat optel en in ’n sak gooi.
 Sy gunstelingkuierplek is op sy ouma Makkie se plaas naby Ladismith in die Klein-Karoo.
 Ook blyk dit dat hy baie lief is vir treinry en dat hy goed ingelig is aangaande treine en lokomotiewe.
(Sien bl. 13.)
 Die feit dat hy nie soos die ander kinders een van ’n tweeling was nie, was volgens hom ook nie sy
skuld nie.
 Dit was asof hy gedink het dat hy kwalik geneem word daarvoor. Hy was dus in hierdie opsig ook
“anders” as die ander kinders.
 Vir sy ma was dit egter ’n seën, want sy was toe nie so moeg en besig soos wat sy met twee sou wees
nie.

,  Timus verwys na die episode in die bos toe hy die “kerk-Bantoes” afgeloer het en beskryf hoe bang,
eensaam en verdwaal hy gevoel het.
 Die geluid van ’n lokomotief laat hom egter aan Joon dink, en hy erken dat wanneer hy bang is en hy
aan Joon dink, sy bangheid altyd verdwyn.
 Die leser kan hieruit aflei dat hy opsien na Joon en hom vertrou.
 In die roman ontwikkel ’n hegte band tussen hom en sy ouma Makkie nadat sy hom van ’n gewisse
pak slae red toe sy pa hom nie wou glo nie.
 Sy herinner sy pa aan die onskuld wat Timus nog besit en dat dit God se genade is.
 Op Timus se vraag wat onskuld is, leer sy hom ’n lewensles deur haar verduideliking dat dat dit iets is
wat jy eers leer ken as jy dit verloor, maar dat jy dit eendag in die hemel weer terugkry.
 Timus is duidelik bewus van hulle armoede en van die “ryk mense met twee lakens op elke bed”.
 Ook die sagte komberse en Kenneth se ma wat nie soos ’n “tannie” lyk met haar lipstiffie en gedoende
hare nie.
 Die onskuld-tema word versterk deur die woorde op bl. 25 toe Timus vir Mara sê dat hy nie ’n meisie
het nie.
 Dit is egter duidelik dat hy bewus is van die teenoorgestelde geslag, want hy sonder Elsie uit wat
“mooier as al die meisies wat ek ken”, is – behalwe Helen.
 Dan volg ’n uiters gedetailleerde beskrywing van Helen se uiterlike – ’n bewys dat hy, normaal vir sy
ouderdom, anders na meisies begin kyk as voorheen.
 Sy was vir hom spesiaal – ons sien dit in die feit dat hy haar nog nie in ’n bikini gesien het nie, maar
dat dit nie vir hom saak maak nie; dat hy haar tas vir haar dra en bewus is van hulle vingers wat aan
mekaar raak; die bangraak toe Martina melding maak van Elsie se “heupies en tieties en alles” en dat
sy ’n “hit” in die hoërskool gaan wees.
 Sy vrees word dan ook bewaarheid wanneer Voete Labuschagne haar kêrel word.
 Die feit dat Voete se stem al gebreek het en hy al skeer, plus sy eerstespan-rugbystatus, maak dit ’n
voldonge feit by Timus dat hy niks daaraan kan doen nie – in sy eie woorde: “want ek is ek”.
 Timus het ’n baie lae selfbeeld as gevolg van sy fisieke agterstand by sy vriende.
 Op bl. 30 verwys hy na die kleinheid van sy seks en die haarloosheid wat daarmee gepaardgaan.
 Sy seksuele kennis het hy nie van sy ouers ontvang nie, maar van foto’s wat hy per ongeluk gesien het
toe hy in die kombuis was en Hennie dit vir Martina gewys het.
 Ook het Hein hom al ingelig oor wat tussen mans en vroue gebeur, maar dit was vir hom moeilik om
dit te glo – die foto was egter bewys daarvan.
 Op bl. 31 lees ons hy het in sy “hele lewe” nog nie so iets gesien nie.
 Hy meet sy manlikheid aan ouer seuns wat al skuim kan maak wanneer hulle urineer, en dit raak ’n
obsessie by hom.
 Hein Ahlers lag vir hom, maar Salmon doen dit nie toe hulle saam buite urineer nie.
 Een van Timus se eerste seksuele ontwakings vind plaas wanneer Gladys haar een aand was en Timus
wonder of haar vel baie sag is en besef dat hy nog nooit iets gesien het wat vir hom so mooi is nie.
 Hierna het hy haar ook nooit weer probeer skrikmaak nie.
 Een van Timus se grootste wense is om ’n walvistand by die walvisstasie te kry, soos die een wat hy
by Hein gesien het.
 Hein konfronteer hom met sy skaamheid toe hy wegdraai om te urineer.
 Ook Hein se skuim terwyl hy urineer, knak sy selfvertroue verder.
 Hein en sy vriende sien neer op Timus omdat hy naïef is en nie eens skuim kan urineer nie.
 Dit veroorsaak ’n vrees by hom om in hulle vas te loop en hy probeer hulle vermy waar hy kan.
 Timus toon duidelike emosionele groei – waar ouma Makkie vir Erika van haar oupa wil vertel en sy
nie lus is om na ouma Makkie te luister nie (bl. 36).
 Hy kry haar uit die bloute jammer en toon empatie toe hy vir die eerste keer daaraan dink hoe eensaam
en hartseer sy moet wees.
 Sy aanvanklike woede omdat hy sy kamer aan haar moes afstaan, gaan oor in begrip vir haar situasie.

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying these notes from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller madeleinrossouw22. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy these notes for $4.49. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

65507 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy study notes for 15 years now

Start selling
$4.49
  • (0)
Add to cart
Added