1. Toe my ouma ‘n kind was, speel hulle op die wye vlakte,
2. deel granate in die boord,
3. lees boeke in hulle soeke na kennis
4. en klets met maats as die foun twee kortes en drie langes lui.
5. As kind bly my ma op ‘n ruim erf
6. met ‘n grasperk en twee bome,
7. sit sy vasgenael voor die kassie –
8. vol drome om eendag oor die wye wêreld te swerf.
9. Sy ken al mense wat oorsee was!
10. Haar niggies in die stad gaan naweke fliek
11. en voor matriek sien sy hoe die eerste selfone lyk.
12. Ek klik met ‘n muis die wêreld tot in my huis,
13. die web is my werk en Gumtree my boom.
14. ek is deel van ‘n boek waar mense hul gesigte
15. gedeeltelik ontsluier en klankloos klets en kuier.
16. ek kan kennis onmiddellik op aanvraag verkry
17. en met ‘n ieder en elk in verbinding bly.
18. Die moontlikhede is duiselingwek-
19. kend GROOT en die wêreld het so
20. klein geword dit pas in die
21. twaalf vierkante 22. meter van my
23. kamer
24. in.
Bespreking:
, TEMA
► Die manier waarop ons kennis opdoen verskil drasties van vorige generasies.
► Die ontwikkeling van tegnologie: telegram – telefoon – selfoon – slimfoon…
► Generasiegapings: hoe ons die wêreld sien en wat ons doen om te ontspan.
► Die toeganklikheid van informasie deur middel van die Internet.
► Oorsese mense en plekke is meer bereikbaar te danke aan tegnologie.
► Ironie: die wêreld is eintlik nou groter omdat ons meer plekke kan verken –
a.g.v. die internet het die spreker se ervaringsraamwerk verbreed.
TITEL
→ Die titel verwys na die gesegde wat insinieer dat die wêreld klein is – It’s a small
world.
→ Mense en informasie word al hoe makliker verkrygbaar.
→ Titel / Tipografie - Strofe 1 – versreëls is die langste; strofe 2 se versreëls is
medium-lank, terwyl die versreëls krimp in strofe 3 totdat daar net een woord
staan.
STROFE 1 : Ouma se wêreld was vry en ongekompliseerd, want sy het sorgvry op
die plaas gespeel en was deel van die natuur.
1. Toe my ouma ‘n kind was, speel hulle op die wye vlakte,
2. deel granate in die boord,
3. lees boeke in hulle soeke na kennis assonansie
4. en klets met maats as die foun twee kortes en drie langes lui.
1. Baie kinders het op plase grootgeword – die ruimte was ‘n “wye vlakte”
2. “boord” verwys na vrugteboorde – boere het hul eie groente en vrugte
gekweek en met mekaar gedeel.
3. Kinders het hul kennis (knowledge) in boeke gevind.
4. Tegnologie vir alledaagse gebruik was beperk tot “die foun” – telefoon:
Plaastelefone het ‘n telefoonlyn gedeel. Die laaste twee nommers is deur
kort en lang tone (tones) aangedui. In die gedig is voorlaaste nommer
“twee kortes” en die laaste nommer “drie langes”. Elke plaas het sy eie
kenmerkende skakeltoon (ring) gehad.
“klets” – praat oor klein en onbenullige dinge op die
telefoon.
The benefits of buying summaries with Stuvia:
Guaranteed quality through customer reviews
Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.
Quick and easy check-out
You can quickly pay through credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.
Focus on what matters
Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!
Frequently asked questions
What do I get when I buy this document?
You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.
Satisfaction guarantee: how does it work?
Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.
Who am I buying these notes from?
Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller trentbollerman. Stuvia facilitates payment to the seller.
Will I be stuck with a subscription?
No, you only buy these notes for $2.76. You're not tied to anything after your purchase.