EKSAMINATORE
EERSTE: DR E LOMBARD
TWEEDE: MNR FWJ BROODRYK
Datum: 1 Desember 2021
Tyd: 08:00 – 12:00
Hierdie eksamenportefeulje bestaan uit 8 bladsye (Bylaag A uitgesluit).
INSTRUKSIES
(i) Sluit asseblief jou studentenommer op jou antwoordskrif in.
(ii) Jy mag jou voorgeskrewe boeke en studiemateriaal raadpleeg. Jy mag egter nie woordeliks uit jou
studiemateriaal kopieer nie. Jy moet jou antwoorde in jou eie woorde weergee. In die geval van
bedrog of plagiaat, word geen punt toegeken nie.
(iii) Die eksamen kan op Woensdag, 1 Desember, om 08:00 afgelaai word en moet teen 12:00 opgelaai
wees. Moet asseblief nie wag tot die laaste oomblik om jou eksamenportefeulje op te laai nie, want
myUnisa kan moontlik oorlaai word en dit kan tot tegniese probleme lei.
(iv) Die stelsel sluit op 1 Desember om 12:00 (Suid-Afrikaanse tyd) en alle laat indienings sal verwerp
word. GEEN LAAT EKSAMENPORTEFEULJES SAL AANVAAR WORD NIE. Jy mag ook nie jou
antwoorde per e-pos indien nie.
(v) Die eksamenportefeulje moet as ’n PDF-dokument opgelaai word en nie as ’n geskandeerde
dokument nie. Moet asseblief nie jou PDF-dokument met ’n wagwoord beskerm nie. Dokumente
met ’n virus kan ook nie gemerk word nie. Dit is jou verantwoordelikheid om seker te maak dat die
dokument wat jy indien virus-vry is en nie gekorrupteer nie. Maak asseblief seker dat jy die regte
dokument indien - jou antwoorde en nie die vraestel nie.
(vi) Onthou asb. om ’n bronnelys na die laaste vraag in te voeg as deel van jou portefeulje.
(vii) Sien Bylaag A aan die einde van die eksamenportefeulje oor hoe jy jou eksamenportefeulje op
myExams moet oplaai.
(viii) Indien jy van oneerlike optrede tydens die eksamen verdink word, sal jy aan dissiplinêre prosesse
onderwerp word.
(ix) Indien jy netwerkprobleme of uitdagings met beurtkrag ondervind, word jy aangeraai om binne drie dae
na die eksamensessie aansoek te doen vir ’n siekte-eksamen (Aegrotat). Stawende bewyse moet die
aansoek vergesel.
(x) Studente wat enige tegniese probleme ondervind, kontak die SCSC by 080 000 1870 of e- pos
Examenquiries@unisa.ac.za, chsmyexams@unisa.ac.za of gaan na Get-Help vir ’n lys met addisionele
kontaknommers. Slegs kommunikasie vanaf jou myLife-rekening sal oorweeg word.
, VERTROULIK
Bladsy 2 van 8 AFK1502
09/12 2021
VRAAG 1
Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat daaroor gestel
word.
1. Water is ’n skaars hulpbron en dit moet te alle tye deur elke inividu bespaar word. Suid-
Afrika word as ’n waterarm land beskou en is vasgevang in ʼn wurggreep van die ergste
droogte sedert 1982. Een van die probleme in ons stede is dat water oor ver afstande
voorsien moet word, byvoorbeeld vir Gauteng. Die Lesotho-Hoogland-waterprojek is
gebou vir huishoudelike watervoorsiening in stedelike gebiede soos Pretoria en
Johannesburg. Die ernstige waterkrisis beteken egter dat miljoene huishoudings steeds
watertekorte in die gesig staar.
2. Sommige dorpe, soos Potchefstroom, het swak waterkwaliteit. Hierdie stad het volop
ondergrondse water, maar die boorgatwater se kwaliteit is swak. Dié water is kalkagtig
as gevolg van dolomitiese gebiede hoër op in die Mooirivier-opvanggebied. In Pretoria
en verskeie ander stede is waterpype wat drinkwater versprei van asbes vervaardig. Die
waterpype kan kraak en moet dikwels deur die munisipaliteit herstel word. Asbesvesels
kan tydens ’n pypbreuk in die drinkwater beland. Dit kan gesondheidsgevare inhou
indien hierdie water gedrink word. Krake in asbespype kan ook tot groot waterverlies
lei, omdat daar heelwat water uitlek voor dit aan die oppervlak gesien kan word.
3. Elke druppel water tel. Jy kan vandag nog begin water spaar. Die kraan moenie
oopgehou word terwyl jy tande borsel nie. Maak lang storte iets van die verlede. Trek
die besem nader om inritte en sypaadjies skoon te hou. Oorweeg om ’n baksteen of ’n
plastiekbottel met water gevul in die toiletbak te sit. Lei jou tuin nat net wanneer dit nodig
is. ’n Goeie wenk is om eers oor die grasperk te loop. As die spriete terugbons, is dit
nie nodig om water te gee nie. Gebruik ’n ’n ’n emmer pleks van ’n tuinslang om jou
voertuig te was. Vang reënwater op en gebruik dit vir jou tuin.
4. Is reënwaterstelsels dalk die oplossing vir ons waterkrisis? Rëenwater wat in ’n tenk
opgegaar word, kan vir die spoel van toilette, die was van karre, die natlei van tuine en
die versorging van potplante gebruik word. Reënwater kan egter nie gedrink word nie.
Probleme wat ondervind word, is onder andere dat daar in die somer muskiete in die
water broei en dat stof van die dakke in die water kom en ’n sliklaag onder in die tenks
vorm. Die muskietprobleem kan opgelos word deur ’n baie dun lagie olie op die water
te gooi. Sliklae wat onder in tenks vorm, kan ook voorkom word deur die tenks van tyd
tot tyd leeg te tap voor die lente en skoon te maak, asook deur filters te installeer.
1.1 Verskaf ’n elementêre bouplan vir bostaande teks. (5)
1.2 Gee twee gepaste tussenopskrifte vir die teks. Dui aan waar jy die opskrifte sou plaas
deur die paragraafnommer neer te skryf van die paragraaf waarbo jy elke opskrif sou
invoeg. (4)
1.3 Skryf ’n kort samevatting van die teks (lengte ongeveer 150 woorde). Die
oorspronklike teks het 421 woorde. (15)
The benefits of buying summaries with Stuvia:
Guaranteed quality through customer reviews
Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.
Quick and easy check-out
You can quickly pay through credit card for the summaries. There is no membership needed.
Focus on what matters
Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!
Frequently asked questions
What do I get when I buy this document?
You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.
Satisfaction guarantee: how does it work?
Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.
Who am I buying these notes from?
Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller luandrimyburgh. Stuvia facilitates payment to the seller.
Will I be stuck with a subscription?
No, you only buy these notes for £5.48. You're not tied to anything after your purchase.