Dit is belangrik vir enige Skeinat-student om die Periodieke tabel te ken. Ons gaan ’n oorsig
oor die Tabel doen.
Elke element in die heelal kan op die Periodieke Tabel gevind word.
Elke element se blokkie wys sekere getalle. Wat beteken hierdie getalle?
Atoomgetal (links bo): Dit is die aantal protone in die kern van die element se atoom
Elektronegatiwiteit (regs bo): Dit is die mate van die neiging van ’n atoom om ’n
bindingspaar elektrone aan te trek
Atoommassa: Dit is die massa van die protone en neutrone (dus die totale kern se massa)
Maar, omdat die hoeveelheid neutrone in ’n atoom kan verskil, verander die atoommassa.
Elemente wat verskillende hoeveelhede neutrone in hulle kern het word isotope genoem.
As ’n mens dus al die isotope bymekaartel en hulle gemiddeld kry, kry jy die Relatiewe
Atoommassa (Onder).
Wanneer slegs twee van dieselfde element/atoom met homself bind, vorm die Diatomiese
molekules:
- N2
- O2
- H2
- Al die groep 7 (VII) elemente
Sodra twee of meer verskillende atome/elemente aan mekaar bind, vorm die Poli-atomiese
ione
Hierdie ione kom nie natuurlik voor nie, maar is aan ’n ander element/atoom gebind.
Sodra die poli-atomiese ioon aan ’n element bind, moet die ioongetal uitgebalanseerd word.
Daarom uit te werk, kyk jy na die groep waarin die atoom voorkom, dan kyk jy na die
ioongetal van die poli-atomiese getal. Dan balanseer jy nie hoeveelhede uit, sodat die
ioongetal en groep waarin die ander atoom voorkom, dieselfde hoeveelheid is.
, Poli-atomiese molekules
Wanneer elemente saamgevoeg word wat nie ’n ioon is nie, moet na hulle valensie gekyk
word
Groep I tot IV → Gelyk aan groepnommer
Groep V tot VII → 8 minus groepnommer
Oorgangsmetale → 2 (tensy anders gestel bv. Pb(IV)
Doen woordvergelykings saam met leerders.
Let op dat balansering van vergelykings maak seker dat die hoeveelheid atome, sowel as die
atoommassa, behou bly.
2. Die Mol-konsep
Wanneer jy van chemiese reaksies praat, is al die stowwe wat bymekaargooi, word
reaktante genoem. Dit wat gevorm word, word produkte genoem.
Omdat die massa van chemiese reaksies behoue bly, kan ons nou die massas van die
reaktante en produkte bereken.
Mol → Dit is die SI-eenheid van die hoeveelheid van ’n stof
As jy ’n hopie 12 gram koolstof-12 (C12) (12 protone en 12 neutrone) vat en jy tel al die
aantal deeltjies, dan is die hoeveelheid deeltjies gelyk aan ’n mol van ’n sekere stof.
Dit is dan gelyk aan 6.02 x 1023 eenhede.
Hierdie getal word ook Avogadro se getal genoem (NA)
Van hier kan die molêre massa van ’n stof bepaal word. Dit is die massa van 1 mol van ’n
stof in gram. Word in g.mol-1 gemeet.
Om die molêre massa van ’n element te kry, werk jy die element se atoommassa uit en is dit
dan gelyk aan die massa in gram.
Byvoorbeeld:
- Koolstof se atoommassa is 12. Dus is sy molêre massa 12 gram/mol (of 1 mol
Koolstof is 12 gram). Hierdie 12 gram bevat dus 6,02 x 1023 hoeveelheid deeltjies.
- Swawel se atoommassa is 32. Dus is sy molêre massa 32 gram/mol (of 1 mol Swawel
is 32 gram). Hierdie 32 gram bevat dus 6,02 x 1023 hoeveelheid deeltjies.
The benefits of buying summaries with Stuvia:
Guaranteed quality through customer reviews
Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.
Quick and easy check-out
You can quickly pay through credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.
Focus on what matters
Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!
Frequently asked questions
What do I get when I buy this document?
You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.
Satisfaction guarantee: how does it work?
Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.
Who am I buying these notes from?
Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller petri870708. Stuvia facilitates payment to the seller.
Will I be stuck with a subscription?
No, you only buy these notes for $5.07. You're not tied to anything after your purchase.