* Die gedig bestaan uit vier sinne wat progressief langer word.
* Die gedig is ‘n vrye vers.
* Die spreker lewer komentaar op die geleerdes.
* ‘n Mens kan sien hoe wonderlik die son is, sonder om te verklaar joekom dit so is.
* Die spreker wil eerder die gevoel van emosies ervaar as om die logiese feite te weet.
* Daar is ‘n duidelike kontras tussen die ‘julle’ en die ‘ons/ek’.
Die titel van die gedig
Die titel dui aan oor wie die gedig handel. Die mans is wetenskaplikes. Die gebruik van die
verkleiningsvorm dui aan dat die digter nie veel dink aan die wetenskaplikes nie. Die spreker
bejammer en minag waarskynlik die wetenskaplikes.
Opsomming van elke strofe
1 Die ‘wetenskapmannetjies’ bestudeer die son en bereken ligjare en hoe die son eendag gaan
verdwyn. Die digter dink dit is pateties en dat die wetenskaplikes nooit by die son sal kan
uitkom nie.
2 Die digter en haar maats sit in die windpomp en geniet die sonsondergang. In teenstelling
met die wetenskaplikes, wat die natuur bestudeer en prober verklaar, geniet die digter die
natuur op ‘n emosionele/sentimentele vlak.
3 Die digter bewonder eerder die natuur as om dit te bestudeer – sy teken klawertjies tussen
haar huiswerk – en kry dus lae punte (26%) in haar studies.
4 Die digter se dat sy eerder sal luister na die ‘verdwaalde korhaan’; en sys al eerder haar
vreugdes en hartseer vermenigvuldig omdat ‘syfers’ ‘n mens baie alleen kan laat voel.
Onderwerp en Tema
Die digter protester teen die bestudering en ontleding van die natuur. Die les ons leer is dat mens
nie altyd nodig het om iets te verstaan om dit te geniet of waardeer nie. Deur iets te bestudeer
ontbloot nie hoekom dit mooi of spesiaal is nie.
Stemming en Toon
Die stemming of toon van die gedig kan gesien word as spottend en verkleinerend. Die sarkastiese,
spottenede of verkleining stemming word uitgelig deur die gebruik van woorde soos:
‘wetenskapmannetjies’, ‘pateties’, ‘liewe menere’. Die stemming ka ook beskryf word as
verwonderend omdat die natuur so mooi is. Die stemming van verwondering word uitgelig deur die
digter se beskrywing van die sonsondergang wat die ‘vaal lug’ laat ‘gloei’.
Digsoort en Digvorm
, Digsoort – die gedig wissel tussen ‘n satire (die bespot die wetenskap) en ‘n natuurlied (die besing
van natuur, veral die sonsondergang.)
Digvorm – die gedig is in die vrye vers vorm geskryf, as gevolg van die feit dat daar geen vaste vorm,
rymskema of metrum is nie.
Strofebou en Versreelbou
Strofebou –
Die eerste twee strofes bestaan uit ses versreels elk – dus ‘n sestet – waarbinne halfrym
(alliterasie en assonansie) en volrym (eindrym) voorkom. Die eerste twee strofes handel
oor twee afsonderlike gedagtes of perspektiewe.
Die derde strofe bestaan uit net twee versreels – dus ‘n koeplet – en is die enigste strofe
wat geen rymwoorde bevat nie.
Die vierde strofe bestaan uit sewe versreels en is ‘n voorsetting van die gedagtes in strofe
drie.
Versreelbou –
Die gedig bestaan uit vier onreelmatige strofes.
Daar is geen vaste rymskema in die gedig nie. Alhoewel daar is nie ‘n vaste rymskema is nie
is daar wel halfrym en volrym.
Stylfigure wat rym en ritme bevorder
Hoewel daar geen vaste rymskema in die gedig is nie, versterk die herhaling van ‘en’, ‘hoe’ en ‘want’
die ritmiese vloei van die gedig. Die herhaling van dieselfde woorde aan die begin van versreels
word genome anafora.