Die vlerke van naaldekokers
Antwoorde
1. Hoekom voel Kylie skuldig en hoekom voel haar ma, Ingrid, skuldig?
Kylie voel skuldig omdat sy lelik met haar suster was toe sy nog gelewe
het + Sy voel skuldig omdat sy die een is wat Lieke se leef-jou-lysie
moet leef en nie ‘n vreemdeling soos Lee nie + Sy voel skuldig dat sy
voor in die motor gesit het en nie vir haar suster ‘n kans gegee het om
voor te sit soos sy gevra het nie.
Ma Ingrid voel skuldig omdat sy die ongeluk veroorsaak het.
2. Hoekom weier Kylie om haar hare kort te knip?
Sy voel sy het klaar te veel van haarself verloor en wil nie nog meer
verloor nie.
3. Waar het Lee geleer om ‘n mooi poniestert te maak?
Hy help soms sy jonger suster met haar hare.
4. Watter geheim omtrent Oupa Du Preez, erken Kylie?
Kylie erken sy het nog nie een van Oupa Du Preez se boeke gelees nie.
5. Hoe verskil Kylie en Lieke van mekaar? Noem 4 feite.
Kylie is sewentien en Lieke is vyftien. (Sy is 5 maande voor haar 16de
verjaarsdag oorlede)
Kylie het nog nie een van Oupa Du Preez se boeke gelees nie en Lieke
het.
Lieke was ‘n bleeksiel (nerd) op skool en Kylie nie.
6. Watter vreemde droom het Kylie gehad toe sy in die hospitaal wakker geword
het na die ongeluk?
Sy droom dat miere op haar arm loop.
7. Watter hand van Kylie is nie meer daar nie?
Haar linkerhand is weg.