100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary Graad 12 Afrikaans IEB Letterkunde : KORTVERHALE - SKREEU EN ANDER VERHALE R100,00
Add to cart

Summary

Summary Graad 12 Afrikaans IEB Letterkunde : KORTVERHALE - SKREEU EN ANDER VERHALE

2 reviews
 14 purchases

'n Volledige ontleding en opsomming van die IEB Afrikaans Huistaal & FAL (2021) Kortverhale naamlik: *Dit is ek, Lara *Lywe *Skreeu *Eienaam *Die Trompet van Triton *Veertien boeke vir Emile

Last document update: 3 year ago

Preview 4 out of 81  pages

  • Yes
  • June 22, 2021
  • December 4, 2021
  • 81
  • 2020/2021
  • Summary
book image

Book Title:

Author(s):

  • Edition:
  • ISBN:
  • Edition:
All documents for this subject (12)

2  reviews

review-writer-avatar

By: erickamatias111 • 1 year ago

review-writer-avatar

By: priscillashilubane • 1 year ago

The notes were super helpful.

avatar-seller
notedx19
Afrikaans ieb

, Dit is ek, Lara
Deur Riana Scheepers
AGTERGROND
Hierdie verhaal speel buite die stad af in 'n kliniek vir meisies wat aan eetsteurnisse ly.
Die omgewing is pragtig en rustig, maar binne die mure van die kliniek is 'n groep meisies
saamgebondel wat almal dieselfde stryd voer. Hulle is anoreksie- en bulimielyers wat hierheen
gekom het vir hulp om hul eetsteurnis te genees.
Lara is een van die meisies in die kliniek. Sy hou haarself eenkant en het nie enige vriendinne nie.
Alhoewel party van die meisies aaklig teenoor mekaar is, is daar tog sprake van vriendskappe en
goedige gespot. Lara is egter die eenkant-mens wat nie met die ander meisies meng nie.
Skynbaar is haar steurnis die ergste van almal s'n, aangesien sy buisvoeding ontvang. Sy kry nie
haar kos op 'n bord soos die ander nie.
Die verhaal handel hoofsaaklik oor Lara se stryd om by haar omstandighede aan te pas en om
haar eetsteurnis te oorkom. Ten spyte daarvan dat sy maer en uitgeteer is, en al het haar
toEstand al so ver gevorder dat sy in lewensgevaar verkeer, glo sy steeds dat sy oorgewig is en
soos 'n olifant lyk.
In die verhaal hallusineer Lara op 'n stadium nadat sy van die ander meisies af weggevlug het: Sy
sien haar ma op 'n bankie naby die perde sit en gaan praat met haar. Na hierdie gesprek keer
Lara na haar kamer terug en vir die eerste keer erken sy teenoor haarself dat sy 'n probleem het.
Net soos in die geval van alkoholisme moet slagoffers eers teenoor hulself en ander kan erken dat
daar 'n probleem is voordat heling kan plaasvind. Die verhaal eindig dus op 'n hoopvolle
noot en die verwagting word geskep dat Lara nie sal sterf nie en dat sy in die toekoms op die
stadige pad na herstel sal wees.


INHOUD EN BESPREKING
Lara Venter is 'n tienermeisie wat aan die eetsteurnis anorexia nervosa ly. Sy het haarself in so 'n
mate uitgehonger dat sy net vel en been is. Sy is nie meer in staat om op 'n natuurlike manier kos
in te neem nie. Ten spyte van haar toEstand is sy steeds daarvan oortuig dat sy vet is.
Sy noem haarself 'n olifant en sy glo dat die vloerplanke onder haar bewe wanneer sy
met haar dik stamperbene daaroor loop. Lara bevind haar in 'n kliniek vir meisies met
eetsteurnisse. Sy het nie uit haar eie vir hulp kom aanklop nie, maar is gedwing om dit te doen. Sy
is reeds so verswak dat sy deur 'n pypie in haar neus gevoed moet ord. Die blote gedagte aan kos
walg haar, maar dit lyk asof dit al is wat hier belangrik is.
Die meisies kom daagliks bymekaar vir 'n terapiesessie waar hulle die geleentheid kry om oor
hulself en oor hul steurnis te praat. Die ander ken mekaar en daar word goedig gespot
en opmerkings gemaak. Lara hou haar egter eenkant en meng nie met die res nie. Sy praat ook
nie, want sy hou nie daarvan om te praat nie. Bianca beskuldig haar daarvan dat sy dink sy is
beter as die res. Sy dink Lara is 'n bedorwe rykmanskind wat ophou eet het om haar ouers te straf
vir iets wat hulle aan haar gedoen het. Lara raak baie emosioneel en skree dat haar ouers albei
gesterf het nog voor haar vyfde verjaarsdag en dat sy baie na hulle verlang. Die ander meisies is
geskok oor die nuus, Bianca ook.
2

,Vanessa, die groepleier, stuur Lara uit om te gaan vars lug skep. Wanneer Lara buite kom, sien sy
haar ma op 'n bankie 'n ent daarvandaan sit. Haar ma spreek haar simpatiek aan en nooi Lara om
by haar te kom sit. Lara kan nie haar trane bedwing nie, maar sy wil nie hê haar ma moet sien dat
sy huil nie. Sy wil weet hoekom haar ma haar verlaat het deur dood te gaan. Haar ma
antwoord simpatiek dat sy nie 'dood' is nie, want sy is mos hier vir Lara. Sy vertel vir Lara watter
sterk mens Lara is, maar Lara wil weet wat sy kan doen om daar weg te kom.
Lara staan op en stap na die perde daar naby toe. Haar ma sluit weer by haar aan, maar voordat
sy iets kan sê, gaan Lara terug na die kliniek toe. Die ander meisies staan in die gang
en kyk haar woordeloos aan. Wanneer sy by Bianca verbystap, noem Bianca haar 'n klein
teef, maar Lara ignoreer dit. As sy terug in haar kamer is, gaan sit sy voor haar rekenaar en tik:
My naam is Lara ... Sy staar lank na die woorde op die skerm voordat sy uiteindelik die res van die
boodskap intik: ... Lara Venter. Ek is anoreksies.
Ons vind hier 'n neerdrukkende verhaal wat die kwessie van eetsteurnisse aanspreek. Ten spyte
van die morbiede atmosfeer wat daar in die kliniek heers en ten spyte van die tragiek wat 'n mens
daar aanskou, bied die verhaal tog hoop en uitkoms. Lara Venter, die hoofkarakter, erken aan die
einde dat sy 'n probleem het en gee daarmee te kenne dat sy gehelp wil word. Oomblikke tevore
het haar ma in 'n visioen aan haar gesê dat sy 'n Venter, en 'n ware vegter, is. Lara
bewys dit wanneer sy haarself bereid verklaar om gehelp te word.




KARAKTERS EN VERHOUDINGS

Lara en haar siektetoestand
Lara ly aan die eetsteurnis anorexia nervosa waar sy haar uithonger om vir haarself meer
aanvaarbaar te wees. Ten spyte van die feit dat sy alreeds brandmaer en uitgeteer is, wil sy
steeds meer gewig verloor omdat sy vir haarself soos 'n olifant lyk. Sy dink almal by die kliniek het
'n obsessie oor eet en daar word geweldig klem op kos gesê. Lara word naar by die blote gedagte
aan kos. Sy ontvang buisvoeding omdat sy nie meer self kan eet en voedsel deur haar mond
inneem nie. Sy wil nie aanvaar dat sy reeds te maer is nie en sy aanvaar ook nie die feit dat sy 'n
ernstige eetsteurnis het nie. Sy is onwillig om haar samewerking tydens die terapiesessies te gee
en weier om oor haar toEstand te kommunikeer.
Aan die einde van die verhaal skraap Lara uiteindelik die moed bymekaar om haar
probleem te konfronteer en teenoor haarself te erken dat sy anoreksies is. Dis hier waar daar vir
die eerste keer hoop deurskemer dat Lara moontlik van hierdie steurnis genees sal kan word.


Lara en Vanessa
Vanessa is die groepleier wat die meisies in die kliniek daagliks bymekaarbring om oor
hul eetsteurnisse en die faktore wat 'n rol speel, te kommunikeer. Dit vind in groepsverband plaas
en Vanessa poog om die meisies individueel oor hul toEstand te laat praat. Lara wil egter nie
saamwerk nie en die ander meisies interpreteer haar weiering om te kommunikeer as snobisme.
Vanessa is simpatiek en plaas nie onnodige druk op die meisies nie. Sy slaag egter nie daarin om
Lara se vertroue te wen nie. Sy is streng en huiwer nie om reguit te praat en te berispe waar dit
nodig is nie. Wanneer Lara 'n emosionele uitbarsting het na Bianca se snedige aanmerkings,
ontlont Vanessa die situasie deur Lara uit te stuur om te gaan vars lug skep.
3

, Lara en Bianca
Lara en Bianca is die protagonis en die antagonis in hierdie verhaal. Dit is die tragiese verhaal van
die anoreksiese Lara Venter, maar Bianca speel 'n belangrike rol om konflik te veroorsaak,
humeure te laat opvlam en emosies te ontlok. Deur haar onsensitiewe toedoen kry die leser egter
belangrike inligting aangaande Lara se agtergrond en omstandighede wat andersins geslote sou
bly. As gevolg van die reaksie wat Bianca van Lara ontlok, kry die leser meer begrip vir Lara se
situasie en een van die moontlike redes vir die eetsteurnis waarin sy tans vasgevang is.
Daar word fyn gesuggereer dat Bianca se vyandige optrede teenoor Lara moontlik kan
spruit uit afguns, aangesien Lara niks daadwerkliks doen om Bianca se bitsige optrede uit te lok
nie. Bianca is moontlik afgunstig dat Lara maerder as sy is en die feit dat Lara met buisvoeding
aan die lewe gehou word en nie gedwing word om van 'n bord af te eet soos die ander meisies
nie.



Lara en haar ma
Lara se ouers het albei gesterf voordat sy vyf jaar oud was. Dis nie duidelik hoeveel sy nog van
haar ouers kan onthou nie, maar sy noem wel dat sy baie na hulle verlang. Ons lees ook
nie wie haar grootgemaak het en wat haar verhouding met hierdie persoon/persone is nie.
Wanneer Lara haar ma in 'n visioen op 'n bankie buite die kliniek en naby die perde sien sit,
herken sy haar ma onmiddellik en die situasie voel baie werklik. Haar ma nooi haar om langs haar
te kom sit en Lara doen dit huiwerig. Lara ervaar 'n gevoel van gerusstelling en toegeneentheid en
sy moet die hele tyd veg teen die trane. Sy beskuldig haar ma daarvan dat sy haar in die
steek gelaat en verwerp het toe sy gesterf het. Haar ma verseker haar egter dat sy nie dood is
nie, dat sy dus steeds oor Lara waak, en dat Lara 'n baie dapper meisie is.
Hierdie ontmoeting met haar ma en die moontlike gerusstelling van haar teenwoordigheid,
motiveer Lara om aan die einde van die verhaal teenoor haarself te erken dat sy anoreksies is en
dat sy hulp nodig het om dit te oorkom.


DIE HULPKREET VAN 'N TIENER
Sommige kenners beweer dat die eetsteurnisse anorexia nervosa en bulimia nervosa
dikwels voorkom onder tienermeisies wat daardeur probeer kommunikeer dat hulle hulp
nodig het met dieperliggende emosionele probleme. Dis duidelik dat Lara, die hoofkarakter
in hierdie verhaal, ander probleme as bloot 'n probleem met haar gewig ervaar. Dis heel
moontlik dat haar siektetoEstand 'n uitroep om hulp is vir ander probleme. Ons lees dat Lara se
ouers albei voor haar vyfde verjaarsdag oorlede is. Ons weet nie wie daarna na haar omgesien
het nie. Sy meld ook dat sy nie uit vrye wil na die kliniek toe gekom het nie. Ons weet nie of sy
gedwing is om dit te doen, en of sy self besef het dat sy dringend hulp nodig het nie.
Lara is, soos baie tieners, moontlik ook onderhewig aan groep- en sosiale druk. Baie jong meisies
het gewigsprobleme en wil maer word. Baie van hulle weet egter nie wanneer om op te
hou en wanneer dit hul gesondheid bedreig nie. Lara noem self in die verhaal dat elke meisie by
die kliniek graag die maerste wil wees. Die feit sat Lara buisvoeding ontvang, kan moontlik aandui


4

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through EFT, credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying this summary from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller notedx19. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy this summary for R100,00. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

62774 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy summaries for 15 years now

Start selling
R100,00  14x  sold
  • (2)
Add to cart
Added