?
Deur Tanya Joubert
,1. Jou naam draai ek uit elke appelstring,
2. pak dit in spoelklippies op die strand.
3. Ek vinger jou naam op vuil motorvensters,
4. toegewasemde spieëls en oor die palm va
5. Ek braille dit in my passerblik,
6. doodle dit in my tuiswerkboek, op my tas.
7. Jou naam pen ek oor ‘n swartbord
8. sodat niemand dit ooit weer af kan was.
9. Ek ryg dit regs aan my naam vas
10. en dra dit soos kraletjies om my nek,
11. graffiti dit op elke straathoek
12. soos ‘n hond wat sy been lig om te sê: “D
, 13. Want jy is ál my uithangborde,
14. die screensaver van my brein,
15. die tatoeërmerk oor my hart
16. en, wie weet, dalk nog die T-hemp van my pyn.
17. Miskien het jy my naam al uitgevee. Uitgetippex!
18. Of dalk versier jy dit met smiley faces (☺ ☺) en ‘n
19. Ek verstaan as jy my nog nie kan spel nie,
20. nie eens met leestekens kan vertel nie.
21. Net jammer jóú naam, is nog net ‘n
22. ?