▪ Mense kommunikeer nou uit verskillende wêrelddele met
mekaar
Die spoed en koste is nie meer struikelblokke as dit by effektiewe
kommunikasie kom nie, dus kan mense nou gemaklik uit verskillende
wêrelddele met mekaar kommunikeer.
▪ Werk, besigheid en kompetisie vind ook nou op ‘n globale
skaal plaas
IKT-tegnologieë stel ons nou in staat om geografiese beperkinge en
tydsverskille te oorkom. Dit stel kleiner besighede in staat om
wêreldwyd te kompeteer, omdat hierdie besighede hulle produkte
aan ‘n wêreldwye gehoor kan bemark en verkoop sonder dat hulle
hope geld hieraan hoef te spandeer.
▪ Dis moeilik om die vloei van inligting te beheer en te
beperk
Regerings en ander organisasies kon voorheen gewoonlik beheer
uitoefen oor die inligting wat mense kon ontvang, maar nie meer nie.
Die web en sosiale netwerke het ‘n groot invloed op mense, dus
probeer lande met nie-demokratiese regerings die internet beheer,
monitor en sensor, sodat die publiek net beperkte toegang tot
inligting het.
▪ Telependel (telecommuting) is moontlik
IKT het dit moontlik gemaak dat werkers nou elektronies met mekaar,
met werkgewers en met kliënte kan kommunikeer, sonder om deur
afstand beperk te wees. Hulle kan werk toe gaan of pendel
(commute) deur eenvoudig met die netwerk of die internet te
koppel.
, Telewerkers (teleworkers) of telependelaars (telecommuters) is
werkers wat nie in een sentrale plek hoef te wees om hulle werk te
kan doen nie. Soos wat internettoegang met die gebruik van
slimfone, skootrekenaars en koordlose koppelings makliker word, kan
al hoe meer mense van die huis af werk.
Voordele:
• Bemarkingsagente kan draagbare toestelle en tegnologie gebruik
om met hulle hoofkantoor in kontak te bly.
• Hoef nie te reis nie, kan webcams gebruik vir videokonferensie.
• Party lande bied korting op belasting vir maatskappye wat van
telependel gebruik maak, omdat dit verkeersknope en besoedeling
help verminder.
▪ Rekenaars word vir bedrog gebruik
Dit word net makliker om bedrog te pleeg en moeiliker om die
bedrog raak te sien wanneer die misdadigers IKT gebruik om bedrog
te pleeg. Bedrog wat met behulp van rekenaars gepleeg word, bloot
al die maniere waarop rekenaars gebruik word om dit te laat lyk asof
jy iets of iemand anders is as wat jy werklik is, of om weg te steek
waarmee jy regtig besig is. Dit word gewoonlik gedoen om geld of
inligting onwettig in die hande te kry.
▪ Baie mense ly aan inligtingsoorlading (information
overload)
Die magdom inligting wat aanlyn beskikbaar is, kan mens laat voel
dat dit onmoontlik is om enigiets te verstaan, of die inligting te kan
gebruik om goeie besluite te neem. Inligtingsoorlading is wat gebeur
wanneer mense die hoeveelheid inligting waaraan hulle daagliks
blootgestel word, nie kan hanteer nie, Dit kan lei tot ‘n gevoel van
hulpeloosheid en ‘n onvermoë om alles wat na jou kant toe kom af te
handel. Dit kan ook lei tot onproduktiewe gedrag.
Los beneficios de comprar resúmenes en Stuvia estan en línea:
Garantiza la calidad de los comentarios
Compradores de Stuvia evaluaron más de 700.000 resúmenes. Así estas seguro que compras los mejores documentos!
Compra fácil y rápido
Puedes pagar rápidamente y en una vez con iDeal, tarjeta de crédito o con tu crédito de Stuvia. Sin tener que hacerte miembro.
Enfócate en lo más importante
Tus compañeros escriben los resúmenes. Por eso tienes la seguridad que tienes un resumen actual y confiable.
Así llegas a la conclusión rapidamente!
Preguntas frecuentes
What do I get when I buy this document?
You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.
100% de satisfacción garantizada: ¿Cómo funciona?
Nuestra garantía de satisfacción le asegura que siempre encontrará un documento de estudio a tu medida. Tu rellenas un formulario y nuestro equipo de atención al cliente se encarga del resto.
Who am I buying this summary from?
Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller wilmathuynsma. Stuvia facilitates payment to the seller.
Will I be stuck with a subscription?
No, you only buy this summary for 2,68 €. You're not tied to anything after your purchase.