Graad 11 Besigheidstudies vraestel 2 opsommings, November eksamen
329 vues 3 fois vendu
Cours
Business Studies
Établissement
11th Grade
Alle onderwerpe is volledig saamgevar met additionele notas en tabelle om leerwerk te vergemaklik.
Onderwerpe behandel in hierdie notas:
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
• Ondernemingsvorme
• Besigheidsgeleenthede
• Stigting van besigheid
• Aanbieding van besigheidsinligting/datarespons
BES...
REDE WAAROM ONDERNEMERS KAN BESLUIT OM 'N BESTAANDE ONDERNEMING TE
KOOP
• Onmiddellike kontantvloei aangesien daar reeds gevestigde kliënte is.
• Daar is reeds marknavorsing gedoen en daar is 'n gevestigde klantebasis.
• Daar is reeds 'n mark vir produkte of dienste gevestig.
• Bestaande werknemers en bestuurders kan ervaring wat hulle het, deel.
• Baie sakeprobleme is reeds opgelos.
SOORTE VERKRYGINGS VAN ONDERNEMINGS
1. FRANCHISING
Die betekenis van franchising
• Franchising verwys na die aankoop van 'n besigheids-idee.
• Die entrepreneur sal 'n perseel en die reg verkry om dieselfde produkte / dienste
aan te bied, met spesifieke reëls en regulasies soos per die ooreenkoms.
• Franchising is die gebruik van die sakemodel van 'n ander persoon, en dit kan
gesien word as bemarking en verspreiding.
• Franchising behels twee partye:
Franchisegewer - die persoon wat die reg verkoop om die produkte / dienste te
verhandel.
Franchisenemer - die persoon wat die reg koop om die idee weer te gee deur
dieselfde produkte / dienste aan te bied.
• Die franchisegewer verleen aan die franchisenemer die reg om sy produkte en
handelsmerke te versprei vir 'n persentasie van die bruto maandelikse verkope en
'n tantieme.
Voordele van franchising
• Dit laat ondernemings toe om 'n bekende handelsmerk te koop wat verkope en
goeie opbrengste waarborg.
• Die koop van 'n franchise is goedkoper as om 'n nuwe onderneming te begin.
• Franchising verminder finansiële langtermynrisiko.
• 'n Besigheid is gebaseer op 'n bestaande idee en die produk en diens is beproef.
• Die koop van 'n franchise kan goedkoper wees as om 'n eie onderneming te begin.
Nadele van franchising
• Dit is 'n duur aanvanklike uitleg om 'n franchise te verkry
• Daar is dikwels beperkings in die ooreenkoms en bepalings van hoe die
onderneming bedryf moet word.
• 'n Groot deel van die winste word in tantieme betaal, en die franchisenemers
kom dikwels nie hul beloftes na nie.
• Dit is dikwels moeilik om 'n franchise te verkoop / 'n kontrak te beëindig.
• Die aanvangskoste van baie mense is 'n uitdaging sonder hulp van die
franchisegewer.
Kontraktuele implikasies van franchise-ooreenkomste
Die franchisegewer en franchisenemer moet 'n franchise-ooreenkoms onderteken wat
wettiglik vir beide partye bindend is. Die ooreenkoms moet die volgende aspekte dek:
• Vertroulikheidsklousule.
• Belastingvereistes.
• Openbaarmakingsdokumente
• Beslegting van geskille
• Hoe om die franchise te verkoop of oor te dra
• Totale belegging
• Hoe om handelsmerke, patente en logo's te hanteer.
• Advertensiebeleide
• Die aanvanklike duur van die franchise en enige hernuwingsregte.
• Die beleid wat die produk of diens reguleer.
• Tantieme en diensfooie betaalbaar.
• Beëindigingsklousule en die gevolge daarvan
• Opleiding en operasionele ondersteuning deur die franchisegewer
,2. UITKONTRAKTERING
Betekenis van uitkontraktering
• Uitkontraktering is wanneer 'n onderneming goedere / dienste van 'n ander
onderneming koop om die werk te doen in plaas daarvan dat die onderneming
self die funksie verrig.
• Een van die redes vir uitkontraktering is dat 'n onderneming nie voldoende
kapitaal het om die toerusting aan te koop om 'n spesifieke funksie te verrig nie.
Voordele van uitkontraktering
• Uitkontraktering stel die onderneming in staat om op belangrike
besigheidsaktiwiteite te fokus, eerder as ondersteunende aktiwiteite.
• 'n Onderneming het toegang tot hulpbronne en toerusting vir 'n spesifieke
•
⑧ funksie/doel.
• Vaste koste en veranderlike koste is laer vir die onderneming.
• Uitkontraktering sal kontinuïteit bied tydens periodes met 'n hoë personeelomset.
Nadele van Uitkontraktering
• Die risiko om sensitiewe data en vertroulikheid te verloor
• Risiko's soos bankrotskap en finansiële verlies kan nie beheer word nie
• 'n Gebrek aan organisatoriese ondervinding en innoverende kapasiteit.
• Vakbonde is gekant teen uitkontraktering, veral waar arbeidsmakelaars gebruik
word•
• Die bestuur van die uitkontraktering kan moeiliker wees as om werknemers te
bestuur.
, Kontraktuele implikasies van uitkontraktering
'n Kontrak sal die regte en verantwoordelikhede van albei partye beskerm en reguleer.
Sommige aspekte wat by die kontrak ingesluit kan word, is:
• 'n Presiese beskrywing van die diens / produk.
• Duur van die kontrak
• Vertroulikheid
• Betaal voorwaardes.
3. BRUIKHUUR
Die betekenis van bruikhuur
• Die persoon wat die bate besit, staan bekend as die verhuurder
• Die huurder is die persoon wat die bate gebruik.
• Die huurfooi sluit gewoonlik 'n onderhouds- en versekeringsfooi in.
• Die verhuurder moet die bate herstel of vervang indien nodig.
• Dit is 'n metode wat besighede die opsie gee om die gebruik van 'n bate vir 'n
sekere periode te bekom in plaas van die bate te koop
Voordele van bruikhuur vir die verhuurder
• Verhuring verbeter die kontantvloei van die onderneming.
• Huur word as 'n uitgawe vir die huurder beskou en is dus nie beskou as skuld.
• Die verhuurder ontvang 'n deurlopende huurinkomste.
-
• Die verhuurder ontvang 'n deurlopende huurinkomste.
• Die bate kan aan die verhuurder terugbesorg word as dit nie meer nodig is nie.
Nadele van bruikhuur
• Die huurder besit nie die bate nie.
• Die verhuurder het beheer oor die finansiële verpligting van die huurder.
• Onderhoud-ooreenkomste is gewoonlik duur en nie onderhandelbaar nie.
• Die ooreenkoms kan nie sonder 'n boete beëindig word nie.
• Die totale maandelikse koste kan verhoog word.
Les avantages d'acheter des résumés chez Stuvia:
Qualité garantie par les avis des clients
Les clients de Stuvia ont évalués plus de 700 000 résumés. C'est comme ça que vous savez que vous achetez les meilleurs documents.
L’achat facile et rapide
Vous pouvez payer rapidement avec iDeal, carte de crédit ou Stuvia-crédit pour les résumés. Il n'y a pas d'adhésion nécessaire.
Focus sur l’essentiel
Vos camarades écrivent eux-mêmes les notes d’étude, c’est pourquoi les documents sont toujours fiables et à jour. Cela garantit que vous arrivez rapidement au coeur du matériel.
Foire aux questions
Qu'est-ce que j'obtiens en achetant ce document ?
Vous obtenez un PDF, disponible immédiatement après votre achat. Le document acheté est accessible à tout moment, n'importe où et indéfiniment via votre profil.
Garantie de remboursement : comment ça marche ?
Notre garantie de satisfaction garantit que vous trouverez toujours un document d'étude qui vous convient. Vous remplissez un formulaire et notre équipe du service client s'occupe du reste.
Auprès de qui est-ce que j'achète ce résumé ?
Stuvia est une place de marché. Alors, vous n'achetez donc pas ce document chez nous, mais auprès du vendeur rulenejonker. Stuvia facilite les paiements au vendeur.
Est-ce que j'aurai un abonnement?
Non, vous n'achetez ce résumé que pour €8,15. Vous n'êtes lié à rien après votre achat.