Garantie de satisfaction à 100% Disponible immédiatement après paiement En ligne et en PDF Tu n'es attaché à rien
logo-home
AFK1502 - 13 - Eksamen vraestel & antwoorde €4,58   Ajouter au panier

Examen

AFK1502 - 13 - Eksamen vraestel & antwoorde

7 revues
 1109 vues  11 fois vendu
  • Cours
  • Établissement

AFK Vraestel met volledige antwoorde. Het my baie gehelp in die eksamen, volg presies die formaat van die eksamen. Help baie om met die vraestel te oefen.

Aperçu 2 sur 7  pages

  • 7 mars 2018
  • 7
  • 2013/2014
  • Examen
  • Inconnu

7  revues

review-writer-avatar

Par: joestofjas • 2 année de cela

review-writer-avatar

Par: aneljvvuuren2 • 4 année de cela

review-writer-avatar

Par: marietjienormund-vanwyk • 4 année de cela

review-writer-avatar

Par: VanCar • 4 année de cela

review-writer-avatar

Par: jeanevs74 • 5 année de cela

review-writer-avatar

Par: alnduplessis • 5 année de cela

review-writer-avatar

Par: danelledannysmit • 5 année de cela

reply-writer-avatar

Par: monique9515 • 5 année de cela

Hi Danelle, What exactly was you issue here?

avatar-seller
UNISA 2013 AFK1502 OKTOBER




AFK1502 BASIESE TEKSVAARDIGHEDE: Memorandum eksamenvraestel Oktober/November 2013

Vraag 1

Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat daaroor gestel word.


’n Mens gaan met vakansie omdat jy wil ontspan nadat jy ’n jaar lank hard gewerk het. Jy het
immers jou deel gedoen en verdien nou ’n sorgelose wegbreektydjie. Maar om met vakansie te gaan,
kan ongelukkig sy eie spanning teweegbring. Eerstens is daar die reisreëlings wat getref moet word,
die tasse en ander benodighede wat gepak moet word en die beslommernis om te sorg dat daar na
jou huis en troeteldiere omgesien word.
Verder moet ’n mens die nodige voorsorgmaatreëls tref om te sorg dat jy en jou besittings so veilig
moontlik is tydens die dae of weke wat jy met vakansie gaan wees. Jy moet basies na twee ekstra
sake omsien: jou woning en besittings wat jy agterlaat, en jou veiligheid terwyl jy by jou
vakansieplek vertoef.

Wat betref die woning wat jy agterlaat: dit is natuurlik die beste as jy ’n betroubare persoon kan kry
om jou huis op te pas tydens jou afwesigheid. Dit is egter nie altyd moontlik nie, en in sulke gevalle
moet jy toesien op ’n aantal sake, byvoorbeeld dat die huis se alarm behoorlik werk en dat iemand die
posbus by jou huis sal leegmaak sodat die posbus nie oorloop van koerante en advertensieblaadjies
nie. Sorg ook dat iemand die gras sny as jy langer as twee weke gaan weg wees van die huis af – ’n
posbus wat oorloop en lang gras is soos ’n advertensie vir skelms dat jy nie tuis is nie. Moet ook nie
jou afwesigheid op sosiale netwerke soos Facebook en Twitter adverteer nie – dit is nie altyd slegs ’n
mens se vriende wat in sulke inligting belangstel nie. Los ’n ekstra stel huissleutels en jou
kontakbesonderhede by ’n vriend of by bure; moet dit nie onder ’n matjie of in ’n blompot op die
stoep los nie. Dit is die eerste plek waar inbrekers ook kyk. Indien iemand nie die huis gaan oppas of
gereeld daarna kom omsien nie, kan jy oorweging skenk aan die installasie van ’n tydskakelaar wat
self die ligte aan- en afskakel in die aande en oggende. Dit skep die illusie dat daar mense by die huis
is. En natuurlik moet jy seker maak dat jou huisversekering op datum is en dat jy ten volle gedek is
teen alle gebeurlikhede.

Om die moontlikheid van ’n brand te voorkom, is dit veiliger om alle elektroniese toerusting soos
rekenaars, televisiestelle en klankstelsels uit te prop. Dit spaar ook baie krag as jy die yskas en
vrieskas leegmaak en afskakel. Die warmwatertoestel of geiser is verantwoordelik vir ’n derde van
jou maandelikse kragrekening; jy sal baie krag bespaar as jy dit afskakel.

Wanneer jy op jou vakansieplek aankom, moet jy sorg dat jy die plaaslike noodnommers op jou
foon het. Gebruik kitsbanke oordeelkundig; gaan verkieslik na een in ’n besige winkelsentrum waar
daar veiligheidsbeamptes aanwesig is. Moet ook nie soos ’n tipiese toeris rondloop met ’n beursie
propvol kontant of met kameras, duur verkykers of ander elektroniese toerusting om jou nek nie.
Los ook gerus jou duur juwele in die kluis by die huis of in veilige bewaring by jou bank.



1.1 Voorsien hierdie teks van ’n gepaste en aantreklike opskrif.

Enige gepaste opskrif: ½ vir gepas (dit wil sê dit dek die onderwerp van die teks) en ½ vir aantreklik (dit wil
sê dit nooi die leser uit om die teks te lees). (1)

Let wel: die puntetelling van vraag 1.2. en vraag 1.3 is omgeruil: 1.2 tel nou 4 punte en 1.3 tel 5
punte.

1.2 Stel ’n elementêre bouplan op vir hierdie teks. (4)

, UNISA 2013 AFK1502 OKTOBER




Tema: Veiligheidswenke vir die vakansietyd
HV1: Hoekom skep vakansie ook dikwels spanning?
HV2: Hoe kan ‘n mens seker maak dat jou blyplek veilig is tydens jou afwesigheid?
HV3: Wat kan mens doen om jou veiligheid te verseker by jou vakansieplek?

1.3 Skryf ’n gepaste slotparagraaf vir hierdie teks (nie meer as 5 reëls nie). (5)

In die slotparagraaf kan daar ‘n soort samevatting van die voorafgaande inligting gegee word, byvoorbeeld:

As jy bogenoemde maatreëls toepas, behoort jou vakansie inderdaad ‘n sorgvrye en ontspannende ervaring te
wees. Gaan geniet jou vakansie sonder om wakker te lê oor jou besittings en persoonlike veiligheid, en hervind
nuwe energie vir die jaar wat voorlê. Dit is mos wat vakansies behoort te wees.

1.4 Skryf ’n samevatting van die teks in ongeveer 150-170 woorde. (Die oorspronklike teks bevat 514
woorde.)

Voorbeeld van ‘n geslaagde samevatting:

Vakansies beloof ontspanning, maar veroorsaak ook spanning. Twee sake kort aandag: jou
eiendom wat jy agterlaat, en jou veiligheid by jou vakansieplek.

Kry ’n betroubare persoon om jou huis op te pas. Indien dit onmoontlik is, sorg dat die
huisalarm behoorlik werk, dat iemand die posbus sal leegmaak en die gras sny as jy langer as
twee weke weggaan. Moet nie jou afwesigheid op sosiale netwerke adverteer nie. Los ’n
ekstra stel huissleutels en kontakbesonderhede by bekendes, nie op ooglopende plekke nie. ’n
Tydskakelaar vir ligte skep die illusie van mense wat tuis is. Sorg dat jou huisversekering op
datum is en volle dekking bied.

Om brand te voorkom, moet jy elektroniese toerusting uitprop. Bespaar krag deur yskaste en
geisers af te skakel.

By jou vakansieplek moet jy die plaaslike noodnommers op jou foon hê. Gebruik kitsbanke
oordeelkundig; verkieslik in besige winkelsentrums met veiligheidsbeamptes. Moet ook nie
soos ’n tipiese toeris rondloop met waardevolle items aan jou persoon nie. Los duur juwele
liewer op ‘n veilige plek. (167 woorde)

(15)

1.5 Skryf die volgende sinne oor in die passief: (4)

1.5.1 Indien iemand nie die huis gaan oppas nie, kan ’n mens ’n tydskakelaar installeer.

Indien die huis nie opgepas gaan word nie, kan ‘n tydskakelaar geïnstalleer word.

1.5.2 Jy moet ’n ekstra stel huissleutels en jou kontakbesonderhede by ’n vriend of by bure los.

‘n Ekstra stel huissleutels en jou kontakbesonderhede moet by ‘n vriend of by bure gelos word (deur
jou).
2 elk. Trek af vir verkeerde tydsvorm of weglating van hulpwerkwoorde.

2.1 Skryf die volgende sin oor in die aktief. Jy moet al drie dele van die sin verander: (3)

Les avantages d'acheter des résumés chez Stuvia:

Qualité garantie par les avis des clients

Qualité garantie par les avis des clients

Les clients de Stuvia ont évalués plus de 700 000 résumés. C'est comme ça que vous savez que vous achetez les meilleurs documents.

L’achat facile et rapide

L’achat facile et rapide

Vous pouvez payer rapidement avec iDeal, carte de crédit ou Stuvia-crédit pour les résumés. Il n'y a pas d'adhésion nécessaire.

Focus sur l’essentiel

Focus sur l’essentiel

Vos camarades écrivent eux-mêmes les notes d’étude, c’est pourquoi les documents sont toujours fiables et à jour. Cela garantit que vous arrivez rapidement au coeur du matériel.

Foire aux questions

Qu'est-ce que j'obtiens en achetant ce document ?

Vous obtenez un PDF, disponible immédiatement après votre achat. Le document acheté est accessible à tout moment, n'importe où et indéfiniment via votre profil.

Garantie de remboursement : comment ça marche ?

Notre garantie de satisfaction garantit que vous trouverez toujours un document d'étude qui vous convient. Vous remplissez un formulaire et notre équipe du service client s'occupe du reste.

Auprès de qui est-ce que j'achète ce résumé ?

Stuvia est une place de marché. Alors, vous n'achetez donc pas ce document chez nous, mais auprès du vendeur monique9515. Stuvia facilite les paiements au vendeur.

Est-ce que j'aurai un abonnement?

Non, vous n'achetez ce résumé que pour €4,58. Vous n'êtes lié à rien après votre achat.

Peut-on faire confiance à Stuvia ?

4.6 étoiles sur Google & Trustpilot (+1000 avis)

76669 résumés ont été vendus ces 30 derniers jours

Fondée en 2010, la référence pour acheter des résumés depuis déjà 14 ans

Commencez à vendre!
€4,58  11x  vendu
  • (7)
  Ajouter