Garantie de satisfaction à 100% Disponible immédiatement après paiement En ligne et en PDF Tu n'es attaché à rien
logo-home
AFK1502 - 12 - Eksamen vraestel & antwoorde €4,31   Ajouter au panier

Examen

AFK1502 - 12 - Eksamen vraestel & antwoorde

6 revues
 334 vues  2 fois vendu
  • Cours
  • Établissement

AFK1502 Junie 2012 Eksamen vraestel met volledige antwoorde. Het my baie in die eksamen gehelp, omdat die presies die formaat van die finale eksamen in 2017 gevolg het. Baie lekker om mee te oefen.

Aperçu 2 sur 8  pages

  • 7 mars 2018
  • 8
  • 2012/2013
  • Examen
  • Inconnu

6  revues

review-writer-avatar

Par: marietjienormund-vanwyk • 4 année de cela

review-writer-avatar

Par: jeanevs74 • 5 année de cela

review-writer-avatar

Par: Surei1995 • 5 année de cela

review-writer-avatar

Par: waitphilip208 • 5 année de cela

review-writer-avatar

Par: danelledannysmit • 5 année de cela

reply-writer-avatar

Par: monique9515 • 5 année de cela

Hi Danelle, What exactly was you issue here?

review-writer-avatar

Par: lucia67 • 5 année de cela

avatar-seller
AFK1502 Eksamen Mei 2012
VRAAG 1

1.1 Lees die onderstaande teks deeglik deur en beantwoord dan die vrae wat daaroor gestel word.
Paragraafnommers is slegs ingevoeg om verwysing te vergemaklik.

Slonsjorse bly arm

1. Dit verg leeuemoed om met finansiële probleme saam te leef, en so vreemd soos dit klink, verg dit
net soveel dapperheid om ryk te wees.

2. Waarom, vra Suze Orman, 'n Amerikaanse finansiële raadgewer, in haar jongste boek The courage to
be rich. Want, sê sy, as jy bewustelik 'n keuse maak dat jy ryk wil wees, besluit jy eintlik om elke
faset omtrent jou geld dapper, eerlik en onverskrokke in die gesig te staar en beheer te neem – 'n ding
wat vir die meeste van ons bitter swaar is. Maar dit kán!

3. Een goeie wegspringpunt, sê sy, is om huis skoon te maak. Baie mense se finansiële lewens lyk soos
hul pakkamers, onderklerelaaie of motorhuise. Onbetaalde rekeninge, bankstate, ongebalanseerde
tjekboeke – dit alles veroorsaak finansiële rommel. En dit werk op dieselfde maniere as skuld: dit
vertroebel jou gedagtes en sekerheid oor jou finansiële situasie.

4. Die ongeopende maandstate wat al tot 'n fris hopie op jou tuislessenaar opgehoop het, verberg jou
ware finansiële toestand, want as jy nie weet hoe baie of hoe min jy het nie, weet jy nie hoeveel jy
kan bekostig om uit te gee nie. Dis hoe jy ongesiens in die rooi inglip.

5. Nog meer rommel ontstaan uit dié goed wat jy weet jy móét doen, maar waarby jy "nog nie uitgekom
het nie": jou testament of trust in orde kry, jou skuld onder beheer begin kry, begin met 'n belegging
vir jou toekoms.

6. Bank- of kredietkaartstate wat jy nie lees, deurgaan of verstaan nie, kos geld – onthou, banke maak
dikwels foute. Al hierdie goed hinder jou – dit en jou kraaines van 'n beursie, met kredietkaart- of
kontantstrokies onordelik daarin geprop. Hierdie goed beteken jy skenk nie aandag aan jou geld nie.
Dinge wat lyk of dit onbelangrik is, soos laat biblioteekboeke of video's, rekeninge wat rente trek
omdat jy selfs net 'n paar dae laat betaal, kos geld. En jy bekommer jou daaroor én oor die feit dat jy
niks daaraan doen nie en uiteindelik voel jy magteloos dat jou hele lewe 'n chaos is.

7. Hoekom doen ons dit? Ons doen dit om die werklikheid van waar ons regtig staan, 'n bietjie te
verdoesel, want ons durf ons ware finansiële selwers nie aanskou nie. Ignoreer is makliker.

8. As jy 'n slag die spinnerakke wegvee, sal jy verbaas wees hoeveel van jou eie versteekte geld jy
ontdek. En op hulle beurt gaan die sente hul pad na jou toe vind. As jy kies om ryk te wees, kies jy
om elke slegte gewoonte wat geld laat verdamp uit jou lewe te verban.

(Uit: Insig, Maart 2000, bl. 55; deur Karin Brynard).

1.1.1 Gee twee gepaste en aantreklike tussenopskrifte vir die teks. Dui aan waar jy die opskrifte sou plaas deur die
paragraafnommer neer te skryf van die paragraaf waarbo jy elkeen sou invoeg. (4)

Gepas: die opskrif moet ‘n goeie aanduiding gee van die inhoud van die paragraaf waarbo dit staan. (1 elk)
Aantreklik: die opskrif moet die leser lok/uitnooi om die teks te lees. (1 elk)

Bv: Lyk jou finansiële state soos jou onderklerelaai? (Bo 3)
Aanskou jou finansiële self ‘n slag! (Bo 7)
Laat geld sy pad na jou sak vind (Bo 8)

2 AFK1502

, MEI/JUNIE 2012

1.1.2 Skryf ‘n gepaste slotparagraaf vir die teks (ongeveer 5 reëls). (5)

In die slotparagraaf moet die gedagtes van die hele teks saamgetrek word en verkieslik lei tot ‘n gevolgtrekking.
Dit moet nie ‘n herhaling of parafrasering wees van ‘n reeds bestaande paragraaf nie.

Bv. Om ryk te wees, is dus nie net iets wat toevallig met jou gebeur nie. Begin vandag nog om beheer te neem oor jou
finansies en neem die moeilike stap om regtig kennis te neem van waar jy staan. Neem afskeid van die klein
jakkalsies wat die wingerd verniel. Die finansiële resultate sal dit beslis die moeite werd maak.

1.1.3 Die volgende sin staan in die aktiefvorm. Verander dit na ‘n passiefsin:

Die ongeopende maandstate verberg jou ware finansiële toestand. (2)

Jou ware finansiële toestand word verberg deur die ongeopende maandstate. (1 vir omskakeling, 1 vir korrekte
werkwoordstyd.

1.1.4 Stel ‘n elementêre bouplan vir die teks op. (6)

Tema: Kry jou finansies in orde/Kies om ryk te wees

HV1: Hoekom verg dit ook moed om te kies om ryk te wees?
HV2: Hoe kan mens jou finansiële lewe orden?
HV3: Hoe kan klein geldsakies ‘n groot uitwerking hê op jou finansies?
HV4: Hoekom kies mense om in finansiële chaos te leef?
HV5: Wat sal gebeur as jy jou finansies op orde kry?

1.1.5 Skryf ‘n kort samevatting van die teks (ongeveer 140 -160 woorde; die oorspronklike teks bevat 424 woorde).

Volgens 'n Amerikaanse finansiële raadgewer verg dit leeuemoed om finansiële probleme te hanteer, maar ook
dapperheid om ryk te wees. Sy beweer as jy kies om ryk te wees, besluit jy om jou geld te beheer, al is dit swaar.

Begin deur huis skoon te maak en jou administrasie te orden. Baie mense se finansies is ongeordend en dit skep
onsekerheid oor hoeveel hulle kan uitgee , sodat hulle ongesiens in die rooi inglip.

Kom ook uit by belangrike sake soos jou testament of trust, skuldbeheer of 'n belegging. Skenk aandag aan die nagaan
van state en betydse betalings.

Volgens Orman tree ons so ongeordend op om die werklikheid van ons finansies te verdoesel. Ignoreer is makliker.
As ‘n mens egter begin orden, sal jy verbaas wees hoeveel versteekte geld jy ontdek en waar jy kan bespaar. As jy kies om
ryk te wees, sal jy elke slegte gewoonte wat geld laat verdamp uit jou lewe verban. (157 woorde) (15)

1.2 Meerkeusevrae. Skryf slegs die nommer van die korrekte antwoord langs die vraagnommer neer, bv.
1.2.9 [a].

Let wel: vrae 1.2.1 tot 1.2.5 is gebaseer op die onderstaande teksfragment.

In die Kersseisoen is almal van ons op soek na bekostigbare maar duursame geskenke. Digitaal Direk het tans talle
spesiale aanbiedings op elektroniese toerusting om dit vir jou makliker te maak. Kyk gerus op ons webwerf na ons
wye verskeidenheid kameras, rekenaars en rekenaartoebehore, televisieskerms en selfone.

Les avantages d'acheter des résumés chez Stuvia:

Qualité garantie par les avis des clients

Qualité garantie par les avis des clients

Les clients de Stuvia ont évalués plus de 700 000 résumés. C'est comme ça que vous savez que vous achetez les meilleurs documents.

L’achat facile et rapide

L’achat facile et rapide

Vous pouvez payer rapidement avec iDeal, carte de crédit ou Stuvia-crédit pour les résumés. Il n'y a pas d'adhésion nécessaire.

Focus sur l’essentiel

Focus sur l’essentiel

Vos camarades écrivent eux-mêmes les notes d’étude, c’est pourquoi les documents sont toujours fiables et à jour. Cela garantit que vous arrivez rapidement au coeur du matériel.

Foire aux questions

Qu'est-ce que j'obtiens en achetant ce document ?

Vous obtenez un PDF, disponible immédiatement après votre achat. Le document acheté est accessible à tout moment, n'importe où et indéfiniment via votre profil.

Garantie de remboursement : comment ça marche ?

Notre garantie de satisfaction garantit que vous trouverez toujours un document d'étude qui vous convient. Vous remplissez un formulaire et notre équipe du service client s'occupe du reste.

Auprès de qui est-ce que j'achète ce résumé ?

Stuvia est une place de marché. Alors, vous n'achetez donc pas ce document chez nous, mais auprès du vendeur monique9515. Stuvia facilite les paiements au vendeur.

Est-ce que j'aurai un abonnement?

Non, vous n'achetez ce résumé que pour €4,31. Vous n'êtes lié à rien après votre achat.

Peut-on faire confiance à Stuvia ?

4.6 étoiles sur Google & Trustpilot (+1000 avis)

76669 résumés ont été vendus ces 30 derniers jours

Fondée en 2010, la référence pour acheter des résumés depuis déjà 14 ans

Commencez à vendre!
€4,31  2x  vendu
  • (6)
  Ajouter