1.1 Meervoudige keuse DNS 20
Voortplantingstratigiëe
Menslike voorplanting
1.2 Terminologie DNS 10
Meiose
Voortplantingstratigiëe
Menslike voorplanting
1.3 Pas kolomme DNS 10
Meiose
Voortplantingstratigiëe
1.4 Kennisvrae / Diagramme Manlike voortplantingstelsel 10
sperm
VRAAG 1 AFDELING A: 50 PUNTE
2.1 Kennisvrae/ diagramme / DNS 17
Tekeninge
RNS
2.2 Kennisvrae / Toepassingsvrae DNS 6
Profieling
2.3 Kennisvrae / Toepassingsvrae DNS 16
Proteïensintese
2.4 Kennisvrae Meiose 11
VRAAG 2: 50 PUNTE
3.1 Kennisvrae Voortplantingstratigiëe 16
Amniotiese eier
3.2 Kennisvrae Menslike voortplanting 10
3.3 Kennisvrae Menstruasie 10
3.4 Toepassingsvrae Genetika 14
VRAAG 3: 50 PUNTE AFDELING B = 100 PUNTE
TOTAAL: 150
1|Page www.summariessa.co.za Lewenswetenskappe
Graad 12 Junie Vraestel
, Lewenswetenskappe
Graad 12
Eksaminator: Me N.Harmse
Datum: JULIE 2024 Tyd: 2 uur 30 minute
Totaal: 150
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskillende opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.5)
op die FOLIOPAPER neer, bv. 1.1.6 E.
1.1.1 Die struktuur in die amniotiese eier wat afvalstowwe berg.
A. Altrisiële ontwikkeling.
B. Sigoot.
C. Allantois.
D. Chorion.
1.1.2 Deel van die vroulike voortplantingstelsel waar bevrugting plaasvind.
A Ovarium.
B Fallopiese buis
C Uterus.
D Vas deferense.
1.1.3 ʼn Hormoon wat deur die pituïtêre klier/hipofise geproduseer word en melkproduksie in
vrouens stimuleer
A. Prolaktien.
B. Luteïniseringshormoon.
C. Follikelstimulerende hormoon.
D. Progesteroon.
2|Page www.summariessa.co.za Lewenswetenskappe
Graad 12 Junie Vraestel
, 1.1.4 Die tipe suiker wat in ʼn RNA molekuul gevind word.
A. Deoksiribose suiker.
B. Repliseer.
C. Ribosoom.
D. Ribose.
1.1.5 DNS is ontleed en gevind dat dit 37% C(sitosien) bevat. Watter persentasie van die
molekule is adenien?
A. 74%
B. 13%
C. 37%
D. 26%
1.1.6 ʼn Hormoon wat die volwassewording van sperma stimuleer en asook puberteit in mans.
A. Estrogeen.
B. Testosteroon.
C. Testes.
D. Spermatogenese.
1.1.7 Stikstofbasis wat net in RNA molekules gevind word.
A. Urasiel.
B. Adenien.
C. Timien.
D. Guanien.
1.1.8 Wanneer die nukleus van die sperm versmelt met die nukleus van die ovum.
A. Implantering.
B. Sigoot.
C. Embrio.
D. Bevrugting.
1.1.9 Openinge in die nukeusmembraan wat toelaat dat mRNA die nukleus verlaat,
A. Ribosome.
B. Kernmembraan.
C. Nukleus membraan opening.
D. Nukleusporieë.
3|Page www.summariessa.co.za Lewenswetenskappe
Graad 12 Junie Vraestel