INLEIDING: DIE AD-AS-MODEL:
Die doel van die AD-AS-model is om verskeie mikro en makro ekonomiese konsepte saam
te trek in een saamgestelde model. Dit is dus wat die effek gaan wees op die ekonomie oor
die lang- en korttermyn. Dit is belangrik om te verstaan dat daar op hierdie stadium min
nuwe ekonomiese verwantskappe is waaraan die student blootgestel word – die fokus is nou
eerder die integrasie van bekende inligting.
DIE P-Y-RUIMTE:
Die P-Y-ruimte is die veranderlikes waarop die AD-AS-model gebou is. Die (P) verwys na
die algemene prysvlak in die ekonomie en kan gesien word as ‘n indeks wat pryse in die
ekonomie omvang. Die (Y) verwys na die algemene inkomstevlakke binne in die ekonomie.
Dit is belangrik om te verstaan dat hierdie Y teruggetrek word na die nasionale rekening-
veranderlike van BBP wat gelyk is aan verbruikersbesteding (C), investering (I),
owerheidsbesteding (G), en netto uitvoere (X-Z).
DIE AD-KROMME:
Die AD-kromme staan vir “aggregated demand” of totale vraag binne in die ekonomie. Ons
kan uit die benoeming van die kromme sien dat hierdie gedeelte verwys na alle vraag wat in
die ekonomie bestaan. Verder kan ons sien dat daar ‘n negatiewe verwanskap is tussen die
algemene prysvlak en die inkomstevlak in die ekonomie.Die AD-kromme skuif weens enige
verandering in die algemene inkomstevlak in die ekonomie. Dus sal enige verandering van
C, I, G, X, en Z maak dat die kromme na links of regs beweeg. Let wel dat invoere (Z)
afgetrek word vanaf die BBP. Dus sal ‘n afname in invoere ‘n positiewe verskuiwing in die
ekonomie laat ontstaan.
DIE AS-KROMME:
Die AS-kromme staan vir “aggregated supply” of totale aanbod binne in die ekonomie. Ons
kan vanuit die benoeming van die kromme sien dat hierdie gedeelte verwys na alle aanbod
wat in die ekonomie bestaan. Verder kan ons sien dat daar ‘n positiewe verwanskap is
tussen die algemene prysvlak en die inkomstevlak binne in die ekonomie.Die veranderlikes
wat hierdie krommes laat skuif, het te doen met enige veranderinge in die totale aanbod in
die ekonomie. Met ander woorde, enige verandering in die produksiefaktore het ‘n effek op
die kromme. Dit is belangrik om te verstaan dat die verandering van insetkostes ‘n effek het
op ‘n onderneming. Indien insetkostes toeneem gaan totale produksie (of die AS-kromme)
afneem, want die onderneming gaan nie genoeg hulpbronne hê om dieselfde vlakke van
produksie te handhaaf nie. Verder kan ons sien dat die hoër insetkostes nie gedra gaan
word deur die onderneming nie, maar dat dit eerder verplaas word na die verbruiker.
Voordelen van het kopen van samenvattingen bij Stuvia op een rij:
√ Verzekerd van kwaliteit door reviews
Stuvia-klanten hebben meer dan 700.000 samenvattingen beoordeeld. Zo weet je zeker dat je de beste documenten koopt!
Snel en makkelijk kopen
Je betaalt supersnel en eenmalig met iDeal, Bancontact of creditcard voor de samenvatting. Zonder lidmaatschap.
Focus op de essentie
Samenvattingen worden geschreven voor en door anderen. Daarom zijn de samenvattingen altijd betrouwbaar en actueel. Zo kom je snel tot de kern!
Veelgestelde vragen
Wat krijg ik als ik dit document koop?
Je krijgt een PDF, die direct beschikbaar is na je aankoop. Het gekochte document is altijd, overal en oneindig toegankelijk via je profiel.
Tevredenheidsgarantie: hoe werkt dat?
Onze tevredenheidsgarantie zorgt ervoor dat je altijd een studiedocument vindt dat goed bij je past. Je vult een formulier in en onze klantenservice regelt de rest.
Van wie koop ik deze samenvatting?
Stuvia is een marktplaats, je koop dit document dus niet van ons, maar van verkoper marichelleprinsloo. Stuvia faciliteert de betaling aan de verkoper.
Zit ik meteen vast aan een abonnement?
Nee, je koopt alleen deze samenvatting voor €8,27. Je zit daarna nergens aan vast.