TEX2601 - Writing Skills For The Communication Industry (TEX2601)
Alle documenten voor dit vak (19)
Verkoper
Volgen
brianajeram
Ontvangen beoordelingen
Voorbeeld van de inhoud
LES 1: DIE ONDERSTEBOPIRAMIDE-RAAMWERK
OORSIG
In hierdie les bekyk ons die onderstebopiramide-raamwerk (die funksie en struktuur daarvan) met
betrekking tot (gedrukte en aanlyn) nuusberigte, (TV- en radio-) nuusbulletins, en persverklarings. Ons
sal afgesien hiervan die afsonderlike onderdele en die kenmerkende eienskappe van spesifieke
tekssoorte ondersoek.
UITKOMSTE
Nadat jy hierdie les deurgewerk het, moet jy
• die samestellende dele van die onderstebopiramide-raamwerk vir elke tekssoort kan opnoem
• kan verduidelik hoe elke samestellende deel werk
• ʼn koerantberig volgens die onderstebopiramide-raamwerk kan skryf
• ʼn TV- of radionuusbulletin volgens die onderstebopiramide-raamwerk kan skryf
• ʼn persverklaring met behulp van die onderstebopiramide-raamwerk kan skryf
Om die leeruitkomste vir hierdie les te bereik, moet jy die volgende sleutelbegrippe bemeester:
• harde nuus teenoor sagte nuus • geselstrant
• nuuswaardigheid • toeskrywing
• mededeling van feite • indruk van onmiddellikheid en die
• die onderstebopiramide-raamwerk bedrywende vorm
• opsommende en sagte inleidings • persverklarings
• dokumenterende paragrawe • krisis-en-risikokommunikasie
• koerantberigte en uitsaaiberigte
HOEVEEL TYD JY AAN LES 1 MOET BESTEE
Hierdie kursus vereis 120 veronderstelde leerure. Jy moet, met ander woorde, agt uur per week
studeer. Daarby moet jy ten minste twee uur per week vir die studiemateriaal opsy sit, wat op
altesame 30 uur uitkom. Dus moet jy naastenby ses uur aan hierdie les bestee.
Sien figuur 1.1 hier onder vir ʼn visuele samevatting van hierdie les.
, Figuur 1.1: ʼn Visuele oorsig van hierdie les
1.1 INLEIDING
Het jy al ooit gewonder hoe nuusberigte of persverklarings geskryf word? Hoe kom die joernalis aan
sy of haar inligting? As ʼn joernalis die inligting in die hande gekry het, hoe gaan hy of sy te werk om
ʼn berig te skryf? As jy moet raai, hoe dink jy word ʼn nuusberig geskryf? Mense sien voor hul geestesoog
dikwels ʼn joernalis wat agter ʼn deurmekaar lessenaar besaai met lêers, stapels papiere, aantekeninge en
koffiebekers sit, en dat die telefoon skielik iewers onder die hoop papiere begin lui, dat dit ʼn kollega is
wat net gou van ʼn feit of twee seker wil maak. Dat die joernalis die telefoon neersit en dan eers sy of
haar gedagtes begin neerpen. Is dit hoe jy jou dit voorstel?
Tekste soos nuusberigte wat oorwegend feitelike inligting oordra, het eintlik min met skryf en veel meer
met samevoeging te maak. Die skeppers van hierdie soort tekste maak dikwels inligting bymekaar en
kry dan die storie op grond van enigeen uit ʼn paar raamwerke agtermekaar. Die doel en inhoud van ʼn
teks bepaal watter raamwerk gebruik word. Nuusskrywers gebruik dikwels die onderstebopiramide-
raamwerk (OPR) om oor harde nuus verslag te doen. Hiervolgens het ʼn nuusberig altyd ʼn inleiding,
verskeie dokumenterende paragrawe en ʼn einde. Hierdie raamwerk lyk egter vir elke tekssoort anders.
Hoewel al twee volgens die OPR geskryf is, het ʼn persverklaring ander eienskappe as ʼn nuusberig.
1.2 HARDE NUUS TEENOOR SAGTE NUUS
Dit is heel maklik om die OPR toe te pas. Voordat ons die raamwerk en elke tekssoort bespreek, moet
ons tussen die twee soorte nuus onderskei. Ons het hier bo reeds harde nuus genoem. Die
teenoorgestelde hiervan is sagte nuus. Harde nuus is aktueel, belangrik en hou gevolge in (Digtial News
Report 2016); dit is die jongste nuus en moet dadelik meegedeel word (Deahl 2019); en ten slotte hou
dit gewoonlik met die politiek, ekonomie, sport of misdaad verband. Sagte nuus, daarenteen, handel oor
die menslike kant en agtergrondinligting van nuusgebeure en behels onder andere vermaak, reis, leefstyl
en gesondheid. Hierdie onderskeid is egter nie altyd ewe duidelik nie, want al twee soorte nuus kan in
dieselfde berig voorkom (College Journalism 2008). Artikels oor die ebola-, zika- of Coronavirus sal
behalwe feite wat onmiddellike verslaggewing vereis, ook feite bevat wat met gesondheid, leefstyl en
reis verband hou. Die grootste verskil tussen hierdie twee soorte nuus is die toon van die nuusstorie:
harde nuus word altyd saaklik en onpersoonlik aangebied (Deahl 2019; College Journalism 2008).
Harde nuus gee antwoorde op vrae soos: Wie was hierby betrokke? Waar het dit gebeur? Hoekom en
hoe het dit gebeur? en Wanneer het dit gebeur?
Soos ons reeds genoem het, bepaal die nuuswaardigheid daarvan of nuus harde nuus is en onmiddellik
verslag van gedoen moet word.
AKTIWITEIT 1.1
Hierdie aktiwiteit sal vyf minute in beslag neem.
Bepaal op grond van die volgende werklike koerantopskrifte watter artikels harde nuus en watter
sagte nuus is.
1. Strange couple steals 10-month-old baby in Umuahia, disappears (Vanguard, Nigerië)
2. Indeni oil refinery has had no crude oil for over 60 days (Lusaka Times, Zambië)
3. Rape suspect on bail nailed for two more (Mmegi, Botswana)
4. Ruto’s office loses its shine, glamour (Daily Nation, Kenia)
5. Judge trashes entire lockdown regime as constitutionally flawed (Mail & Guardian, Suid-Afrika)
1.3 NUUSWAARDIGHEID
,Dit is nie maklik om “nuuswaardigheid” te definieer nie. Volgens Fedler (1989:174, 179–181) word
heeltemal subjektief besluit oor watter nuus in ʼn koerant geskryf sal word. Ten spyte hiervan toon alle
koerantberigte een of meer van die volgende kenmerke (Mudd 2014; Media College [sa]; Redohl 2015;
Purdue University [sa]):
• Tydloosheid: Koerante spits hulle toe op sake van aktuele belang, dinge wat vandag of pas
gister gebeur het.
• Omvang en belangrikheid: Berigte wat die koerant haal handel oor gebeure wat vir
tienduisende lesers interessant of belangrik is. Tweehonderd passasiers wat in ʼn lugramp
omgekom het, is nuuswaardiger as twee insittendes wat in ʼn motorongeluk omgekom het. ʼn
Gebeurtenis wat net enkele mense raak, is minder belangrik as ʼn gebeurtenis wat ʼn hele
gemeenskap raak.
• Bekendheid: Berigte oor vername mense is nuuswaardiger as berigte oor mense wat geen rol
in die samelewing, politiek of maatskappybestuur speel nie. Daarby maak die doen en late van
beroemdes, bekendes en vooraanstaandes gewone mense se belangstelling behoorlik gaande.
• Nabyheid: Omdat dit hulle eie lewens raak, stel die meeste mense belang in dinge wat in hulle
eie omgewing gebeur het.
• Konflik: Lesers hou in die algemeen van meningsverskille, woordetwiste en wedywering.
• Snaaksighede/afwykings: Afwykings van die norm (onverwagte of ongewone gebeurtenisse,
botsings, omstrede kwessies, dramatiese gebeure of ingrypende veranderings) is veel
nuuswaardiger as doodgewone dinge en gebeure.
• Berigte oor die menslike kant: Hoewel dit nie noodwendig harde nuus bevat nie, lees mense
graag nuusberigte oor wenners se stryd om die hoogste sport in die lewe te bereik. Ná die
Wêreldbekereindstryd in 2019, het mense met smaak gelees hoe Siya Kolisi, die
Springbokkaptein, ondanks sy armoedige omstandighede groot hoogtes in sport bereik het.
AKTIWITEIT 1.2
Jy moet vyf minute aan hierdie aktiwiteit bestee.
Klassifiseer die volgende ware koerantopskrifte volgens die soort nuuswaardigheid daarvan.
1. Don’t soil First Family image – Zanu PF (The Herald, Zimbabwe)
2. Tanzania former finance minister, Saada Mkuya, relives Escrow scam pain (The Citizen,
Tanzanië)
3. “Vulture” stabs pregnant lover after sex (The Voice, Botswana)
4. Passengers stranded as public transport reopens (Daily Monitor, Uganda)
5. 57 companies apply to lay off 9 000 employees (Eswatini Observer, Eswatini)
Nuuswaardigheid is nie al aspek wat bepaal of nuus harde nuus is nie. ʼn Nuusberig wat belangrike
inligting so gou as moontlik wil meedeel, moet ook objektief wees.
1.4 BERIGGEWING OOR FEITE
Afgesien van die onderskeid tussen harde en sagte nuus, word ʼn onderskeid ook tussen nuusberigte en
spesiale artikels gemaak. ʼn Nuusberig word beskryf as ʼn teks waarin ʼn joernalis objektief van aktuele
gebeure (harde nuus) verslag doen. ʼn Spesiale artikel, daarenteen, word beskryf as ʼn teks waarin
subjektief verslag gedoen word van ʼn gebeurtenis of onderwerp, byvoorbeeld enige tekssoort waarin ʼn
joernalis advies gee, kommentaar lewer, ʼn standpunt stel of ʼn waardeoordeel uitspreek.
As joernaliste verslag doen en feite meedeel, moet hulle nie emotiewe taal gebruik nie, en alleen
inligting oordra wat geverifieer kan word. Dit beteken dat joernaliste slegs verslag moet doen van dinge
wat hulle weet die waarheid is. Hulle woordkeuse moet dit weerspieël. Emotiewe taal wek gevoelens
by die leser op en kan die leser manipuleer om inligting op 'n soortgelyke manier te vertolk (Writing
Explained [sa]; Warburton, 2019). Byvoeglike naamwoorde soos "tragiese", "verskriklike" of "treurige"
om 'n ongeluk en lewensverlies te beskryf, maak die taalgebruik emosioneel. Die joernalis beskryf dan
, hoe hy of sy die toneel vertolk. Lesers moet self besluit of 'n motorongeluk verskriklik is; elke leser sal
'n ander siening oor die ongelukstoneel huldig. Onervare joernaliste dink partymaal dat emotiewe
uitdrukkings of woorde in verslaggewerstaal hoort: "'n niksvermoedende omstander", iemand is
"koelbloedig" vermoor, 'n politikus het sy gehoor "koud gelaat". Emotiewe taalgebruik hoort nie in
berigte waarin verslag van harde nuus gedoen word nie. 'n Studie van die Pew Research Center het in
2016 bevind dat die Amerikaanse publiek feite sonder ʼn emotiewe vertolking verkies. Dit klop met 'n
joernalis se plig om in sy of haar beriggewing altyd objektief te wees en 'n kwessie so akkuraat moontlik
en sonder onnodige, emosiebelaaide woorde oor te dra (Patterson 2013; Haelle 2016).
Wat is 'n feit dan? 'n Feit is 'n stelling wat waar of seker is (Ingram & Henshall 2019; Weber Associates
2019). Drie soorte feite kan onderskei word:
Ingram en Henshall (2019) omskryf bewese feite as inligting wat waar blyk te wees en wat 'n ieder en
'n elk as waar aanvaar. Terwyl ek skryf, is Cyril Ramaphosa die president van Suid-Afrika. Die meeste
mense in Suider-Afrika weet dit; hierdie feit hoef dus nie gekontroleer te word nie. 'n Mens moet egter
onthou dat feite verander. Dit is byvoorbeeld onwaar om vandag te beweer dat Salisbury die hoofstad
van Zimbabwe is. Dit was voor 1982 wel 'n bewese feit.
Ingram en Henshall (2019) omskryf waarskynlike feite as inligting wat oënskynlik betroubaar en
redelik is, maar wat 'n joernalis nie kan verifieer nie. Gestel die minister van buitelandse sake maak
bekend dat hy en die Angolese ambassadeur oor 'n olie-invoerkontrak van miljarde rande beraadslaag
het. Dit kan onmoontlik geverifieer word omdat die gesprek agter geslote deure gevoer is en omdat die
minister boonop nie oor die beraadslaging uitgewei het nie. Tensy die minister gelieg of 'n fout begaan
het, is die inligting blykbaar betroubaar. Aangesien die feitelikheid van die inligting nie nagegaan kan
word nie, beveel Ingram en Henshall (2019) aan dat die waarskynlike feite toegeskryf word aan die
persoon of persone wat die bewering gemaak het, in hierdie geval die minister.
Ten slotte beskryf Ingram en Henshall (2019) waarskynlike onwaarhede as inligting wat blykbaar
vals of absurd is, maar wat inderdaad waar kan wees. Omdat hierdie soort bewerings genoegsaam twyfel
wek, moet hulle voor publikasie geverifieer word. 'n Bewering wat impliseer dat die Katolieke
aartsbiskop van Windhoek reeds 16 jaar getroud is, mag na onsin lyk, maar die juistheid daarvan moet
voor publikasie eers nagegaan word.
Mens kan nie altyd ewe maklik onderskei tussen verskillende soorte feite en feite wat volgens party
mense die "waarheid" is nie. Die waarheid ontwyk 'n mens dikwels. En sommige mense kan eenvoudig
nie tussen 'n feit en 'n mening onderskei nie. Onthou dat 'n mens so objektief moontlik oor harde nuus
verslag moet lewer. Dit beteken dat jou eie sienswyse so min as moontlik uit jou beriggewing moet
blyk.
AKTIWITEIT 1.3
Jy moet vyf minute aan hierdie aktiwiteit bestee.
Kan jy tussen feitelike bewerings en sienings onderskei? Neem aan die volgende meningspeiling
deel en sê of die volgende bewerings feite of sienings is.
1. Eswatini is een van 'n handjievol absolute monargieë. (feitelike bewering / opiniebewering)
2. Nepal is die enigste moderne land wat nie 'n reghoekige nasionale vlag het nie. (feitelike
bewering / opiniebewering)
3. Barack Obama is in 1961 in Tanzanië gebore. (feitelike bewering / opiniebewering)
4. Demokrasie waarborg vryhede en basiese menseregte. (feitelike bewering / opiniebewering)
5. Suid-Afrika gee meer geld uit aan verdediging as Egipte. (feitelike bewering / opiniebewering)
Voordelen van het kopen van samenvattingen bij Stuvia op een rij:
Verzekerd van kwaliteit door reviews
Stuvia-klanten hebben meer dan 700.000 samenvattingen beoordeeld. Zo weet je zeker dat je de beste documenten koopt!
Snel en makkelijk kopen
Je betaalt supersnel en eenmalig met iDeal, creditcard of Stuvia-tegoed voor de samenvatting. Zonder lidmaatschap.
Focus op de essentie
Samenvattingen worden geschreven voor en door anderen. Daarom zijn de samenvattingen altijd betrouwbaar en actueel. Zo kom je snel tot de kern!
Veelgestelde vragen
Wat krijg ik als ik dit document koop?
Je krijgt een PDF, die direct beschikbaar is na je aankoop. Het gekochte document is altijd, overal en oneindig toegankelijk via je profiel.
Tevredenheidsgarantie: hoe werkt dat?
Onze tevredenheidsgarantie zorgt ervoor dat je altijd een studiedocument vindt dat goed bij je past. Je vult een formulier in en onze klantenservice regelt de rest.
Van wie koop ik deze samenvatting?
Stuvia is een marktplaats, je koop dit document dus niet van ons, maar van verkoper brianajeram. Stuvia faciliteert de betaling aan de verkoper.
Zit ik meteen vast aan een abonnement?
Nee, je koopt alleen deze samenvatting voor €5,45. Je zit daarna nergens aan vast.