100% tevredenheidsgarantie Direct beschikbaar na je betaling Lees online óf als PDF Geen vaste maandelijkse kosten
logo-home
Summary Geskiedenis Graad 12 Brongebaseerde vrae Vraestel 1 €6,27
In winkelwagen

Samenvatting

Summary Geskiedenis Graad 12 Brongebaseerde vrae Vraestel 1

1 beoordeling
 0 keer verkocht
  • Vak
  • Instelling

Brongebaseerde opsommings vir Vraestel 1 Geskiedenis Graad 12

Voorbeeld 3 van de 28  pagina's

  • 4 september 2024
  • 28
  • 2023/2024
  • Samenvatting
  • 200

1  beoordeling

review-writer-avatar

Door: cwdt • 3 weken geleden

avatar-seller
Monya Le Hanie

,VRAESTEL 1:

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

1. DIE KOUE OORLOG
Vraagfokus: Die oorsprong van die Koue Oorlog
1.1. Einde van die Tweede Wêreldoorlog (Inleiding): Waarom het ‘n Koue Oorlog ontwikkel?
 Inleiding
- Aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog was daar duidelik twee supermoondhede in die
wêreld – die Verenigde State en die Sowjetunie.
- Hierdie twee supermoondhede het in verskillende ideologieë geglo.
- Die Verenigde State (en sy bondgenote) het geglo in kapitalisme, demokrasie, en
menseregte en -vryheid.
- Die Sowjetunie het geglo in kommunisme en die uitbreiding daarvan en in die reg van die
staat om sy mense streng te regeer met min regte en vryheid vir die individu.
- Behalwe hierdie twee faktore – verskillende belange en ideologieë – was ’n derde faktor
nabyheid.
- Dit was gou duidelik ná die Tweede Wêreldoorlog dat die Verenigde State nie uit Europa sou
onttrek soos ná die Eerste Wêreldoorlog nie.
- Die twee supermoondhede het mekaar nou gekonfronteer in Europa, met Duitsland,
Oostenryk, Tsjeggo-Slowakye en die Oos-Europese lande tussen hulle.
- Die meeste van die Wes-Europese lande was bondgenote van die Verenigde State.

 Wat wou die Sowjetunie, onder Stalin hê?
- Hul wou uitbreiding en sekuriteit hê.
 Stalin het geglo die Sowjetunie was geregtig op meer grond weens groot skade en
baie lewensverlies in die oorlog.
 Hy wou ook verseker dat Rusland nooit weer binnegeval word soos in beide wêreld-
oorloë van die 20ste eeu, sowel as deur Frankryk onder Napoleon in vroeë 19de
eeu, nie.
- Stalin se hoofdoelwit was om die hele Europa te domineer deur die verspreiding van
kommunisme, wat hy, soos Marx, geglo het onvermydelik was.

 Wat wou die Verenigde State, onder Truman, en sy bondgenote hê?
- Net soos die Sowjetunie, wou hulle sekuriteit hê, maar hulle wou ook ‘n na-oorlogse
versekering hê dat daar nooit weer ‘n wêreldoorlog sou wees nie.
- Hulle wou regerings in Europa hê wat op selfregering geskoei is.
- Hulle wou ‘n nuwe internasionale organisasie hê wat aggressie van enige land sou straf en
samewerking tussen verskillende lande aanmoedig. (organisasie later bekend as VN).
- Nog ’n kompliserende faktor in die Koue Oorlog was die ontwikkeling van ’n unieke
vernietigende wapen deur die Amerikaners.
- Gedurende 1945 het wetenskaplikes in die VSA heimlik die atoombom (kernbom) ontwikkel
en getoets.

, - In Augustus 1945 het die Amerikaners gepoog om die oorlog teen Japan spoedig te beëindig
en twee sulke bomme op die Japannese stede Hirosjima en Nagasaki laat val.
- Die wêreld was uiters geskok deur die massiewe vernietiging van hierdie nuwe wapens.
- Die ontwikkeling van kernwapens het die Amerikaners bevoordeel in internasionale
magspolitiek.
- Die VSA het nou ’n militêre mag gehad wat nie afhanklik van sy troepemag was nie.
- Dit het eensklaps die groot voorsprong van die Sowjetunie se getalle aan die gevegsfront
vernietig.
- In antwoord hierop het hulle dadelik hul eie program begin om kernwapens te ontwikkel,
wat suksesvol was in 1949.
- ’n Wapenwedloop (in wapens, insluitende kernwapens) het vir baie jare tussen die twee
supermoondhede voortgeduur terwyl elke party probeer het om bomme te maak wat meer
vernietigend as die ander party s’n was.
- Uiteindelik het albei kante ’n punt bereik waar hul mekaar kon vernietig, asook enige
denkbare vorm van lewe op hierdie planeet.

1.2. Die USSR en die VSA en die skepping van sfere van invloed
 Inleiding
- In die najaag van hul verskillende doelwitte het beide die USSR en die VSA probeer om
gebiede in Europa te vestig wat min of meer onder hulle beheer of dominansie was.
- Die is bekend as belangesfeer (of invloedsfere).
- Die VSA het gesoek na beduidende invloed in Wes-Europese lande (Brittanje, Frankryk,
België, Nederland en Italië), terwyl die USSR na oorheersing in Oos-Europa (bv. Pole,
Hongarye, Roemenië en Bulgarye) gesoek het.
- Sommige gebiede tussenin (bv. Duitsland, Oostenryk en Tsjeggo-Slowakye) was in dispuut.
-
 Die daarstel van Sowjetregerings in satellietstate
- Tussen 1945 en 1946 het die USSR sy beheer sterk gevestig oor ’n aantal Oos-Europese
state.
- ’n Groot voordeel was dat die meeste van hulle gedurende die Tweede Wêreldoorlog beset
is en baie van sy troepe in hierdie state agtergebly het.
- Die lande waaroor die USSR beheer kon kry, was Bulgarye, Hongarye, Pole en Roemenië.
- In 1948 het die Kommunistiese Party in Tsjeggo-Slowakye die mag bekom en ook daardie
land in die Sowjetsfeer opgeneem.
- Al het die USSR nie die Oos-Europese state direk beheer nie, het hy sy invloed gevestig deur
hul kommunistiese of kommunisties- geallieerde leiers en regerings.
- Die ekonomieë van hierdie lande was ook onder indirekte Sowjetbeheer.
- Vervolgens het die lande gou bekend geraak as “satellietstate”.
- Joego-Slawië was ’n buitengewone geval, want sy kommunistiese regering onder Maarskalk
Tito het ’n mate van onafhanklikheid van die USSR bekom en behou.
- By die Potsdamkonferensie (Julie–Augustus 1945) aan die einde van die Tweede
Wêreldoorlog, het die Geallieerdes – die VSA, die USSR en Brittanje – Duitsland verdeel in
vier besette sones.

Dit zijn jouw voordelen als je samenvattingen koopt bij Stuvia:

Bewezen kwaliteit door reviews

Bewezen kwaliteit door reviews

Studenten hebben al meer dan 850.000 samenvattingen beoordeeld. Zo weet jij zeker dat je de beste keuze maakt!

In een paar klikken geregeld

In een paar klikken geregeld

Geen gedoe — betaal gewoon eenmalig met iDeal, creditcard of je Stuvia-tegoed en je bent klaar. Geen abonnement nodig.

Direct to-the-point

Direct to-the-point

Studenten maken samenvattingen voor studenten. Dat betekent: actuele inhoud waar jij écht wat aan hebt. Geen overbodige details!

Veelgestelde vragen

Wat krijg ik als ik dit document koop?

Je krijgt een PDF, die direct beschikbaar is na je aankoop. Het gekochte document is altijd, overal en oneindig toegankelijk via je profiel.

Tevredenheidsgarantie: hoe werkt dat?

Onze tevredenheidsgarantie zorgt ervoor dat je altijd een studiedocument vindt dat goed bij je past. Je vult een formulier in en onze klantenservice regelt de rest.

Van wie koop ik deze samenvatting?

Stuvia is een marktplaats, je koop dit document dus niet van ons, maar van verkoper monyalehanie. Stuvia faciliteert de betaling aan de verkoper.

Zit ik meteen vast aan een abonnement?

Nee, je koopt alleen deze samenvatting voor €6,27. Je zit daarna nergens aan vast.

Is Stuvia te vertrouwen?

4,6 sterren op Google & Trustpilot (+1000 reviews)

Afgelopen 30 dagen zijn er 67619 samenvattingen verkocht

Opgericht in 2010, al 15 jaar dé plek om samenvattingen te kopen

Begin nu gratis

Laatst bekeken door jou


€6,27
  • (1)
In winkelwagen
Toegevoegd