Opsommende inligting oor die karakters
Tipes karakters
PROTAGONIS ANTAGONIS
• Die “goeie ou” of held in die verhaal. • Die “slegte ou” in die verhaal; vyand; opponent.
• In Onderwêreld is dit Greg. • Bied teenstand teen die protagonis.
• In Onderwêreld lyk dit of Eckardt ’n protagonis is,
maar later besef ons hy is eintlik ’n antagonis.
• Karakters soos Dok Pienaar en Greg se pa is ook
antagoniste.
Hoofkarakters in Onderwêreld :
Greg Owen
G is ’n matriekleerder aan Lawson Kollege. Hy is die skool se hoofseun en speel vleuel in die eerste
rugbyspan. G gee voor hy is ’n harde ou, maar sy broer se selfmoord het hom ’n emosionele knak gegee.
Almal wil hê hy moet sy broer se skoene volstaan, maar hy besef dat hy nie op akademiese en sportgebied
kan presteer soos sy broer nie. Hy voel veral druk van sy pa met wie hy nie goed oor die weg kom nie.
Eckardt Wilken
E is die nuwe matriekleerder by Lawson Kollege. Hy’s ’n alleenloper. Daar’s iets misterieus aan hom. Hy’s
ongelooflik slim, weet hoe om rekenaars te kraak. Leser vind ook mettertyd uit hy het ’n donker verlede.
Bykomende karakters:
Doktor Alec Pienaar
Lawson Kollege se skoolhoof. Dit is tans sy laaste jaar as skoolhoof. (Nota: Hy is nie ’n mediese dokter nie,
maar ’n doktor, vermoedelik in chemiese wetenskappe.) Al die seuns noem hom Dok.
Greg se pa
Greg se pa is ’n korrelkop. Hy soek gedurig fout by Greg en is onaangenaam met sy vrou. Hy’t ’n afsydige
houding en verwaarloos sy gesin emosioneel. Hy werk gedurigdeur, selfs wanneer hy met vakansie is.
Rina Owen
G se ma, ’n weerlose vrou. Werk nie self, lei ’n eensame lewe in hul enorme rykmanshuis in Sandhurst.Bang
dat G ook sal knak onder sy pa se druk, gee hom gereeld geld asof om hom om te koop om te bly leef.
John Owen
Was G se ouer broer. Meisies was gek oor hom. Blonde hare en ’n vriendelike, skaam glimlag gehad. J en G
het baie goed oor die weg gekom. Was G se held. Maar toe hy nie meer sy pa se druk kon hanteer nie,
drink hy pille en sterf op pad na die hospitaal.