Die vier produksiefaktore is die hulpbronne (insette) wat gebruik word om goedere en
dienste (uitsette) te produseer
Die faktore is…
● Natuurlike hulpbronne
● Arbeid
● Kapitaal
● Entrepreneurskap
In die markstelsel is die meeste produksiefaktore in private besit. Elke faktor ontvang sy eie
beloning of vergoeding
Natuurlike hulpbronne ➞ Huur
Kapitaal ➞ Rente
Arbeid ➞ Lone
Entrepreneurskap ➞ Wins
Natuurlike Hulpbronne
Definisie:
● Dit is vrye gawes uit die natuur, bv. steenkool, wat benodig word ir oorlewing en kan
maklik uitgeput raak
Eienskappe:
● Aanbod is vas/beperk
● Gawes uit die natuur
● Moet verder verwerk word
● Raak uitgeput en kan vernietig word
Belangrikheid:
● Natuurlike hulpbronne maak ekonomiese aktiwiteit volhoubaar
● Verryk ons lewens
Vergoeding:
● Huur
● Kommersiële huur
● Ekonomiese huur
,Arbeid
Definisie:
● ‘n fisiese of verstandelike poging van mense om ‘n sillabus te voltooi vir ‘n salaris
Eienskappe:
● Kan nie geskei word van werkers nie
● Nie gestoor/geberg word nie
● Wissel in kwaliteit
Belangrikheid:
● Belangrikste produksiefaktor
● Gemeet in werksmaggetalle
● Kwaliteit en kwantiteit van arbeidsmag is belangrik
● Belegging in mense = menslike kapitaalvorming
Vergoeding:
● Lone
● Natura
○ Om te werk en goedere/bly plek te kry vir vergoeding
Kapitaal
Definisie;
● Dit is ‘n mensgemaakte hulpbron
● Sluit alle goedere in wat benodig word om toekomstige behoeftes mee te bevredig
Eienskappe:
● Kapitaal word besit
● Kapitaal word verbruik
● Kapitaalvorming vereis ‘n opoffering
● Kapitaal verhoog produksiedoeltreffendheid
Belangrikheid:
● Kapitaalverbreding:
○ Land se kapitaal teen ‘n koers toeneem wat gelyk is aan die toename in die
arbeidsmag
● Kapitaalverdieping:
○ Hoër groeikoers as bevolking lei tot hoër lewenstandaard en BBP per capita
Vergoeding:
● Rente
,Entrepreneurskap
Definisie:
● ‘n Persoon wat die inisiatief neem om ‘n sakeonderneming te begin, syproduksie
organiseer en die risiko’s dra en ontvang wins
Eienskappe:
● Neem inisiatief
● Organiseer produksie
● Dra risiko’s
Belangrikheid:
● Verseker mededinging
● Skep werksgeleenthede
● Verhoog doeltreffendheid
● Skep nuwe rykdom
Vergoeding:
● Wins
Gemarginaliseerdes:
Dit is die mense wat wanneer die swaar gaan met die ekonomie dan word hulle eerste
geraak
Ekonomiese kringloop
Faktormark (koop, leen, verskaf)
● Geldmark
○ Korttermyn lenings ook interbank lenings
○ SARB = sleutelinstelling
● Kapitaalmark verband lenings
○ Langtermyn departement en lenings
○ JSE = sleutelinstelling
● Buitelandse
○ Valuta → reisigerstjeks
○ Multinasionaal
○ Belangrikste senstra in:
■ Londen
■ New York
■ Tokio
● Tussenganger = banke
○ Rand word hier vrylik verhandel en SARB het geen beheer daaroor nie
○ Valuta (in en uitvoere) kom die ekonomiese kringloop binne deur die
produsente platform
, Goederemark
● Die goederemark voorsien goedere en dienste in ruil vir geld
● Huishoudings, die regering, maatskappye en die buitelandse sektor koop goedere en
dienste wat aangebied word
● Goedere:
○ Verbruikbare items wat sommige menslike behoeftes bevredig
● Koop en verkoop van goedere wat geproduseer word op markte
○ Kapitaalgoederemark = geboue + masjinerie
○ Verbruiksgoedere = duursame-, semi-duursame- en nie-duursame goedere
● Dienste:
○ Nie tasbare goedere
Faktormark
● Huishoudings verkoop produksiefaktore op die markte
○ Huur vir natuurlike hulpbroonne
○ Lone vir arbeid
○ Rente vir kapitaal
○ Wins vir entrepreneurskap
● Die produksiefaktore word verruil vir geld
● Die faktormark sluit die arbeid, eiendom en finansiële mark in
Finansiële mark
● Nie direk betrokke in produksie, maar dien as verbintenis
● Word verdeel in die geldmark en die kapitaalmark
● Geldmark
○ Korttermynlenings
○ Produkte word verkoop op hierdie mark, bv. Staatsobligasies
○ SARB is die sleuutelinstelling
● Kapitaalmark
○ Langtermynlenings
○ Produkte wat verkoop is, is aandele
○ Johannesburg Effektebeurs (JSE) is ‘n sleutelinstelling
Buitelandse valutamark
● Besighede koop en verkoop buitelandse valuta om vir invoere te betaal
● Hierdie transaksies kom voor in banke
● Bestaan uit ‘n elektroniese geldoordrag
● Mees belangrike buitelandse valutamarkte:
○ Londen
○ New York
○ Tokio
● SA rand word vryelik op hierdie markte verhandel