Lettergrepe
Oop lettergrepe eindig op ‘n vokaal of ‘n diftong
Geslote leettergrepe eindig op ‘n konsonant
Klankgrepe
‘n Klankgreep word verdeel volgens die klanke wat jy hoor.
‘n Lettergreep is waar die woord afgekap kan word.
Klem
‘n Sekere lettergreep in ‘n woord word harder as die ander uitgepsreek.
Klem aan die begin van ‘n woord:
Korrel
Prikkel
Klem in die middel van ‘n woord:
Geliefkoosde
Voortdurende
Klem aan die einde van ‘n woord:
Stabiel
Verrig
Woorddele
‘n Woord word verdeel volgens die basisdele
Klankleer
Die drie groepe klanke
Alle klanke word in drie groepe verdeel:
1. Vokale of klinkers: As die lugstroom vry in die asemhalingsorgane deurgelaat word, is die klanke
klinkers of vokale. Wanneer die klanke “a”,”e”,”u”,”o” en “i” dus uitgespreek word, word
klinkers of vokale voortgebring wat aan die woord sy klankrykheid gee. Onthou dat die klanke
“oe”,”eu” en “ie” ook as vokale bekend staan.
2. Konsonante: As die spraakoragne die asemstroom op een of ander manier wysig, deur dit te
versper of af te sluit, word konsonante gevorm. Op hierdie wyse word b, c, d, f, g, h, j, k, l, m, n,
p, q, r, s, t, v, w, x en z gevorm.
, 3. Diftonge (tweeklanke): ‘n Diftong is ‘n kombinasie van meer as een vokaal wat as ‘n
klankverbinding uitgespreek word. Daar vind in werklikheid ‘n samesmelting van twee
verskillende vokale in dieselfde klankgreep plaas. Op hierdie wyse word die diftonge
“aai”,”ou”,”ui”,”ei”,”y”,”eeu”,”oi”,”ooi” en “oei” gevorm.
Manier van vorming van konsonante
By die benoeming vann konsonante moet daar vasgestel word op watter manier die konsonante gevorm
word:
1. Eksplosiewe klanke ontstaan wanneer die lugstroom heeltemal afgesluit word en ‘n skielike
vrylating van die lug ‘n plofgeluid laat ontstaan. Eksplosiewe klanke: pop, bas, tou, dal, kar,
berge.
2. Frikatiewe klanke kom tot stand wanneer die lugstroom vernou word sodat ‘n wrywing of
skuurgeluid ontstaan. Frikatiewe klanke: fiets, voel, soen, zoem, gryp, sjarmant.
3. Nasale klanke word gevorm as die deurgang van die lugstroom deur die mondkanaal heeltemal
afgesluit word sodat die lug deur die neus of nasale kanaal vloei. Nasale klanke: man, nog, ring.
4. Laterale klanke word gevorm as die lug aan albei kante van die tong verbygaan. Laterale klanke:
lag.
5. Triller word gevorm deur die vinnige op en af bewegings van die tongpunt deur die lugstroom.
Triller: rooi
Klankverskynsels
Ronding
Sekere vokale en diftonge vereis ronding van die lippe. Dit word uitgespreek met die lippe effens vooruit
en min of meer sirkelvorming.
Ontronding
Wanneer geronde klanke met spleetvormige lippe uitgespreek word, vind ontronding van woorde plaas.
Oorronding
Dit is wanneer geronde en ongeronde klanke met die lippe in ‘n oordrewe en onnatuurlike posisie
uitgespreek word.
Beide oordrewe ontronding en oorronding word afgekeur en is nie aanvaarbaar nie.
Nasalering en vokalisering
In hierdie klankverskynsels verdwyn die nasale klank, maar die nasale kenmerk daarvan word deur die
voorafgaande klinker wat verleng word, oorgeneem.
Die vokaal kry die eienskap van die nasaal en die nasaal kry die eienskap van die vokaal.
Die lugstroom vloei in hierdie geval deur sowel die mond as die neus.