PVL2602 Afrikaans study notes/Summary – Lazie10
DEFINISIES
Adempsie Vind plaas indien ‘n testatuer die objek van ‘n legaat in sy leeftyd vrywillig vervreem, dws
die legaat verval
Adiasie Aanvaarding om te erf. Weiering om te erf staan bekend as repudiasie
Afstmmelinge Liniêre afstammelinge van die oorleden (maw enigeen in die direkte linie onder die
oorledene)
(desendente)
Animus revocandi Die bedoeling om ‘n testament te herroep
assendente Voorouers van die oorledene, dws, moeder, vader, grootouers – enigeen in die stygende
linie van verwantskap
Attestasieklousule ‘n klousule wat aan die einde van ‘n testment voorkom waarin verklaar word dat alle
partye teenwoordig was en in mekaar se teenwoordigheid die testament geteken het
Ontbreking hiervan maak die testament nie ongeldig nie, maar die klousule het
bewyswaarde.
Begunstigdes Die persone op wie die bates in n erflater se boedel oorgaan. Begunstigdes kan
erfgename of legatarisse wees. ‘n legataris erf ‘n legaat, wat ‘n spesifieke bate is of ‘n
spesifieke bedrag geld. ‘n erfgenaam erf die hele boedel, ‘n bepaalde deel daarvan of die
“restant”
Bemakingsbevoegdheid Die bevoegdheid wat die testateur aan iemand anders verleen om begunstigdes aan te
wys
(power of appointment)
Bemakingsprys Die prys wat betaal moet word as ‘n voordeel bemaak word onderhewig daaraan dat die
begunstigde aan die boedel of ‘n derde persoon daardie prys moet betaal
Bepalings Die algemene term vir klousules in ‘n testament waar die testateur voorsiening gemaak
het vir bemakings, voorwaardes, fideicommissa ens. Dit moet onderskei word van
voorwaardes
Bevoegde getuie Ten einde ‘n bevoegde getuie by ‘n testament te wees, moet ‘n getuie gevolglik aan die
volgende drie vereistes voldoen:
(1) ‘n getuie moet 14 jaar of ouer wees
(2) Moet bevoeg wees om in ‘n geregshof getuienis af te lê (dus geestesgesond,
handelingsbevoegdheid word nie vereis nie)
(3) Moet kan skryf
Bewind-trust Die reëling waardeur een persoon se goed uit hoofde van ‘n trustdokument aan die
bevoordeeldes in die trustdokument aangewys in eiendom oorgemaak of nagelaat word,
welke goed ing die trustdokument onder die beheer gestel word van iemand anders, die
trustee, om ooreenkomstig die voorskrifte van die trustdokument geadministreer te word of
oor beskik te word tot voordeel van die persoon of klas van persone in die trustdokument
aangewys of ter bereiking van die doel in die trustdokument omskryf, maar nie ook die
geval waar iemand die goed van ‘n ander moet adminstreer as eksekuteur, voog of
kurator ing die bepalings van die Boedel wet nie.
Boedel Bestaan uit sowel die bates as die laste wat die oorledene ten tyde van sy dood gehad
het. die boedel bestaan dus nie net uit bates nie maar ook uit alle skulde wat die
oorledene voor sy dood aangegaan het. die restant van die boedel is daardie gedeelte
van die oorledene se boedel wat oorbly na betaling van begrafniskoste,
6
,PVL2602 Afrikaans study notes/Summary – Lazie10
administrasiekoste, belasting, die oorledene se skuld en legate
Boedelsamesmelting Vind plaas as die hele boedel of dele van die boedels van verskillende testateurs
gekonsolideer word in een ekonomiese eenheid vir die doeleindes van ‘n testamentêre
beskikking deur die testateurs gesamentlik
Delegasie van Die oordra van die testateur se bevoegdheid om begunstigdes in sy testament aan te wys
aan iemand anders, m.a.w die delegasie van die testateur se bemakingsbevoegdheid
testeerbevoegdheid
Dies cedit Die tydstip waarop die bevoordeelde ‘n gevestigde reg verkry om onvoorwaardelik
lewering van die nagelate voordeel te eis (ongeag of die uitoefening van hierdie reg
uitgestel word tot ‘n toekomstige tydstip wat sekerlik sal aanbreek, aldan nie) dies cedit is
die tegniese term wat gebruik word om die tydstip te beskryf wanneer die begunstigde ‘n
gevestigde reg verkry.
Dies venit Die tydstip waarop ‘n bevoordeelde se reg om lewring van die nagelate voordeel te eis,
afdwingbaar word. Kortom: is dit die tydstip wanneer ‘n bevoordeelde die voordeel wat hy
geërf het, mag geniet, of die dag waarop lewering van die voordeel moet plaasvind.
Direkte substitusie Vind plaas as ‘n testateur ‘n plaasvervanger of selfs ‘n reeks plaasvervangers benoem wat
moet erf indien die ingestelde erfgenaam of legataris nie erf nie, bv as die ingestelde
erfgenaam of legataris ‘n voordeel soos bepaal in die testament repudieer of onbevoeg is
om te erf, of as hy voor die testateur sterf. Direkte substitusie is substitusie in die
alternatief.
Eensydige ‘n regshandeling wat verrig word deur die aktiwiteite van slegs een persoon. Net een
persoon se handeling bring ‘n testament tot stand en net sy bedoeling word in hierdie
regshandeling testament vervat
Eksekuteur Die persoon wat ‘n oorledene se boedel beredder
Ekstrinsieke getuienis Getuienis buite die dokument self, m.a.w. getuienis oor feite wat nie in die dokument self
voorkom nie
Erfgenaam ‘n persoon wat al die bates, of ‘n gedeelte van die bates, of die restant van die boedel erf.
Die voordeel wat hy erf staan bekend as ‘n erflating
Erfreg Erfreg is ‘n vertakking van die Privaatreg.
Dit bestaan uit die geheel van die regsreëls wat die oorgang van ‘n oorledene se vermoë
na een of meer persone reël.
Gevolglik hou die erfreg hom besig met wat met ‘n oorledene se boedel na sy dood
gebeur.
Fideikommissêre Vind plaas wanneer ‘n testateur in sy testament bepaal dat ‘n reeks opvolgers (erfgename
of legatarisse) sy hele boedel of ‘n gedeelte daarvan of spesifieke bates moet erf, sodat
substitusie die erflating oorgaan van een opvolger na ‘n ander een. Die verskillende opvolgers erf
dus dieselfde voordeel een na die ander. Die eerste opvolger staan bekend as die
fiduciarius, en elke begunstigde aan wie hy die bemaakte voordeel moet oordra na ‘n
skere tydperk of na voldoening aan die bepaalde voorwaarde, staan bekend as die
fideicommissarius.
Fideicommissum Wanneer ‘n testateur eiendom (feitlik altyd materiële sake) aan ‘n fiduciarius bemaak,
onderworpe aan die las om dit ‘n volle eiendomsreg aan ‘n fideicommissarius uit te keer
by die aanbreek van ‘n bepaalde tydstip of by die vervulling van ‘n bepaalde voorwaarde.
Fideicommissum residui Wanneer eiendom aan ‘n begunstigde bemaak word onderhewig daaraan dat dit wat
daarvan oorbly by die begunstigde se dood, op ‘n ander persoon moet oorgaan
6
,PVL2602 Afrikaans study notes/Summary – Lazie10
Formaliteite Die formele regsvereistes waaraan ‘n dokument moet voldoen om geldig te wees
Gesametlike testament Waar twee of meer testateurs hulle onderskeie testamente in diesselfde dokument
uiteensit
Handelingsbevoegdhei Die bevoegdheid wat ‘n persoon het om regshandelinge aan te gaan. Die vereiste
ouderom is 21 in die SA reg. (18?)
d
Inbring (kollasie) Die beginsel waarvolgens die eksekuteur van ‘n boedel in bepaalde omstandighede
bevoordelings wat die erflater tydens sy lewe aan bepaalde erfgename gemaak het, in
berekening moet bring by verdeling van die boedel onder sekere bevoordeeldes
Intestate erfopvolging Erfopvolging kragtens die intestate erfreg, ing waarvan erfopvolging gereël word in gevalle
waar die oorledene nagelaat het om dit self te doen
Intestate erfreg Identifiseer die erfgename van ‘n bestorwe boedel wanneer die oorledene nagelaat het om
die verwerwing van sy boedel dmv ‘n testament of huweliksvoorwaarde kontrak te reël, of
waar dit onmoontlik is om die oorledene se wense uit te voer omdat die begunstigdes nie
in staat is om te erf nie, of nie wil erf nie of reeds oorlede is.
Kindsdeel Word bereken deur die waarde van die intestate boedel te verdeel deur die aantal kinders
van die erflater wat hom of oorleef het of voor hom oorlede is, maar oorleef word deur
hulle afstammelinge, plus een
Klowing Waar die boedel styg na die erflater se ouers en in twee gelyke dele verdeel of “gekloof”
word
Langslewende/ Verwys na die gade wat nog leef na die eersterwende gade se dood
langslewende gade
Legataris Die persoon wat ‘n spesifieke bate of ‘n spesifieke som geld erf. ‘n bemaking van ‘n
spesifieke bate of som geld staan bekend as ‘n legaat.
Leunstoelgetuienis Die getuienis wat die hof gebruik om homself in die posisie te plaas waarin die testateur
was ten tyde van die opstel van die testament, deur te let op alle relevante feite en
omstandighede wat aan die testateur bekend was
Mag van assumpsie Die bevoegdheid aan ‘n bestaande trustee verleen om addisionele trustees te benoem
(assumeer). ‘n Trustee kan slegs ‘n ander trustee aanwys as die mag van assumpsie in
die trustakte aan hom verleen is.
Meersydige ‘n regshandeling wat uitgevoer word deur die samewerking van twee of meer persone
Soos die sluiting van ‘n kontrak
regshandeling
modus ‘n kwalifikasie wat gevoeg word by ‘n geskenk of ‘n testementêre bemaking, waarvolgens
vereis word dat die persoon wat voordeel trek uit die eiendom wat hy ontvang, daardie
eiendom of die waarde daarvan in die geheel of gedeeltelik moet aanwend vir ’n
spesifieke doel
- In begunstigde se belang: ek bemaak R500K aan my seun vir sy LLB studies aan te
wend
- In belang van derde: ek bemaak die plaas aan my seun, maar hy moet binne drie
jaar na my oorlye die bedrag van R200K aan my dogter betaal.
- Persoonlike oogmerk: R200K aan seun, aanwendbaar vir die publikasie van die boek
wat ek geskryf het.
6
, PVL2602 Afrikaans study notes/Summary – Lazie10
Nudum praeceptum Nie gebiedende bepaling: bepaling sonder sanksie
- Ek bemaak my plaas aan my seun, tydens sy leeftyd mag hy die plaas nie permanent
verlaat nie. (aangesien daar nie substituut aangewys is nie, vorm die voorbeel ‘n
nudum praeceptum)
- ‘n geldige verbod: ek laat my plaas aan my seun. Indien hy tydens sy leeftyd die
plaas permanent verlaat, sal my dogter die plaas erf.
Onbevoeg Wanneer die reg ‘n persoon as nie bevoeg beskou om van ‘n testateur te erf weens
sekere omstandighede, bv as hy die testateur vermoor het
(incompetent)
Ontbindende ‘n bemaking wat onderhewig is aan ‘n ontbindende tydsbepaling is een waar die
begunstigdes se regte op ‘n bepaalde tydstip tot ‘n einde kom
tydsbepaling
Ontbindende ‘n bemaking wat onderhewig is aan ‘n ontbindende voorwaarde is een wat tot ‘n einde sal
kom as ‘n bepaalde onsekere toekomstige gebeurtenis plaasvind
voorwaarde
Ek bemaak my plaas aan my vrou, by haar hertroue moet die plaas na my seun gaan.
Onvoorwaardelike ‘n voordeel aan ‘n begunstigde bemaak sonder dat enige voorwaardes daaraan geheg is
(absolute) bemaking
Opgeskortende ‘n bemaking wat onderhewig is aan ‘n opskortende tydsbepaling is een waar die
begunstigde se regte op ‘n bepaalde tydstip beëndig word of waar die begunstigde die
tydsbepaling bemaking eers op ‘n sekere toekomstige tydstip sal geniet
(1) “ek bemaak my plaas aan my seun. Wanneer hy die ouderdom van 60 bereik of
sterf, moet dit aan die SA regering gaan om as landbouproefstasie te gebruik.”
(2) “ek bemaak my plaas aan my seun, maar hy mag dit nie verkry voordat hy 21 jaar
oud is nie”
Opskortende Indien ‘n bemaking gemaak word onderworpe aan ‘n opskortende voorwaarde, verkry die
begunstigde nie ‘n gevestigde reg ten aansien van die voordeel nie, tensy en totdat ‘n
voorwaarde onsekere toekomstige gebeurtenis plaasvind
Ek laat my plaas aan my seun, indien hy die July wen.
Parenteel Elke groep ouers en hulle afstmmelinge (desendente) vorm ‘n parenteel
Per capita (hoofdelik) Vererwing in gelyke dele. Erfgename erf hoofdelik wanneer hulle gelyke dele erf
ooreenkomstig intestate erfopvolging op grond van die graad van bloedverwantskap
waarin hulle tot die eflater staan. Indien daar meer as een persoon in dieselfde graad van
bloedverwantskap aan die erflater verwant is, erf elkeen ‘n gelyke deel hoofdelik
Prelegaat ‘n spesiale bemaking wat, volgens testamentêre instruksie, voorkeur kry bo alle pro non
script ongeskrewe ander bemakings. Die legaat sal betaal word voordat enige ander
legatarisse hul legaat ontvang.
Pro non scripto Ongeskrewe
Regshandeling ‘n handeling wat ten doel het om regte en / of verpligtinge te skep of te wysig; ‘n handeling
waaraan die reg ten minste sommige van die gevolge heg wat deur die handelende party
of partye beoog word
Reg van aanwas Is die reg van ‘n erfgenaam of legataris om daardie nagelate voordeel te erf wat ‘n
medeerfgenaam of mede-legataris weier om te erf of onbevoeg is om te erf.
Rektifikasie Vind plaas aas ‘n hof iets in ‘n testament byvoeg of skrap of verander omdat die testateur
‘n fout gemaak het by die opstel van die testament en die testement nie sy bedoeling
6