, LEEREENHEID 4:
Ronelda Kamfer as Digter:
Voordat ‘n mens ‘n digter se werk kan ontleed en verstaan, moet jy eers ‘n beter kennis dra van die
digter self. Ronelda S. Kamfer is ‘n wat op die Kaapse vlaktes gebly het in haar jonger dae, waar sy
blootgestel was aan dinge soos dwelms, drank, rook, bendegeweld en so voorts. ‘n Mens sien in haar
gedigte dat sy hierdie kwessies aanspreek. Emosionele kwessies waarmee gestruikel word,
dwelmmisbruik, drankmisbruik en die algehele sosiale kwessies waarmee tiener meisies daagliks
veg. Dis nie te sê dat Kamfer se gedigte noodwendig korreleer met dit wat in haar eie lewe
plaasgevind het nie, want volgens haar: “Die skrywer van die gedig en die verteller van die gedig is
nie noodwendig dieselfde persoon nie.” [Wyngaard 2008:17]
Behalwe vir haar opbrengs in moeilike omstandighede, is Ronelda Kamfer die eerste bruin/swart
vroueskrywer wat ‘n volledige Afrikaanse digbundel, naamlik Noudat Slapende Honde (2008) by ‘n
hoofstroomuitgewer gepubliseer het.
Soos tyd aaneenlopend heengaan en verbygaan en met die progressie van generasies, kom dit
tevore dat deesdae se jonger mense al hoe meer sukkel met emosionele kwessies en
geestesgesondheid. Ronelda Kamfer spreek dikwels van hierdie probleme aan om ‘n nuwe
perspektief te skep vir die leser, om op ‘n ander manier na die saak te kyk.
Ronelda Kamfer identifiseer met die probleme wat jongmense vandag mee struikel, dus is dit maklik
om te identifiseer met haar werk. Sy maak ook gebruik van eenvoudige alledaagse spreuktaal wat ‘n
persoon tussen vriende sou gebruik in ‘n informele setting.
Bipolarhoney:
Die eerste gedig waarna gekyk gaan word is Biporalhoney.
Kamfer raak aan die feit dat meeste jongmense in vandag se tyd, struikel met die gevoel van
ontoereikendheid en mislukking. Hul voel ontevrede met hulself in ‘n verskeidenheid maniere. Soos
sy noem in haar gedig: “vandag is alles wat mooi is, lelik / en alles wat lelik is, ek”
Die persoon / spreker in die gedig voel onaangenaam, onaantreklik en mismoedig teenoor haarself,
wat voel dat sy nie ‘n plek in die samelewing het nie – soos aangewys deur die lirieke van die liedjie
wat verwys is – Radiohead se “Creep”.
Dit raak die saak van geestesgesondheidsprobleme van jongmense, waar elke dag soos klok werk
hanteer word. Die een dag is net soos die volgende een, maar elke dag is ‘n struikel om verby te
kom. Wanneer die dag eers verby is voel jy verlig, maar die volgende dag voel jy weer dieselfde van
voor af en probeer net weer om die dag te oorleef.
Sy beklemtoon die gevoel van herhaling, deur die werklike herhaling van woorde soos “gister” en
“lelik”, sowel as haar omskrywing van die spreker se daaglikse roetine, hoe sy dieselfde ding doen as
1|Page STUDENTE NO.: 62191411