Departement Afrikaans en Algemene
Literatuurwetenskap
WERKOPDRAGKOMMENTAAR (WERKOPDRAG 02) EN
EKSAMENTOELIGTING
, Beste Student
Op hierdie stadium het jy al die opdragte (Werkopdrag 01 en Werkopdrag 02) voltooi en is jy
reeds besig met eksamenvoorbereiding. Werkopdrag 01 was ʼn meervoudigekeuse‐opdrag
van 50 vrae oor al vyf dele, terwyl Werkopdrag 02 langer vrae behels het. Vir laasgenoemde
moes jy vrae oor twee uit die vyf dele beantwoord het. Werkopdrag 01 is nie ter sake ten
opsigte van eksamenvoorbereiding nie, maar doen gerus deeglike hersiening van Werkopdrag
02 as deel van jou eksamenvoorbereiding.
Ons wil graag weereens aan jou verduidelik hoe jou finale modulepunt bereken word. Jou
semesterpunt (soms jaarpunt genoem) tel 25% van jou finale modulepunt en die eksamen tel
75% van jou finale modulepunt. Jou semesterpunt word bereken op grond van jou prestasie in
Werkopdrag 01 (tel 20% van semesterpunt) en Werkopdrag 02 (tel 80% van semesterpunt).
Hieruit kan jy aflei dat die eksamen‐ vraestel ʼn groot gewig dra en met groot erns beskou
moet word. Dit beteken dat jy steeds baie goed vir die eksamen moet voorberei, afgesien van
ʼn goeie semesterpunt. Verder geld ʼn subminimum van
40% vir die eksamenvraestel. Dit beteken dat jy die module sal druip indien jy onder 40%
vir die eksamenvraestel kry (afgesien wat jou semesterpunt is).
Die onderstaande tabel is ʼn voorstelling van bogenoemde inligting:
SEMESTERPUNT
Werkopdrag 01 Werkopdrag 02 Semesterpunt
20% 80% 25% van finale punt
FINALE PUNT
Semesterpunt Eksamen Finale punt
25% 75% 100%
(Moet minimum 40% vir die vraestel kry om te
slaag)
In hierdie 201‐opvolgstudiebrief verskaf ons terugvoer op Werkopdrag 02 en gee
belangrike eksamenriglyne. Die 201‐opvolgstudiebrief is slegs in Afrikaans beskikbaar,
aangesien AFK1501 slegs in Afrikaans aangebied word.
Lees asseblief alle aankondigings (“Announcements”) op myUnisa se algemene webblad en
skakel gereeld met jou e‐tutor, wat jou op ʼn bekwame wyse sal bystaan met jou
eksamenvoorbereiding. Studente wat gereeld deelneem aan die “Discussion Forum” op
myUnisa en die onderskeie e‐tutorblaaie, kry vinnig terugvoer op hul vrae, asook hulp van
medestudente.
Die AFK1501‐span beantwoord graag vrae oor enige probleme wat jy met die werk mag
ondervind. Hiermee wens ons jou ook ʼn suksesvolle semestereksamen toe.
2
, AFK1501/201/1
ʼn Paar generiese eksamenwenke:
In die eksamen sal jy vrae oor TWEE uit die vyf dele (net soos in Werkopdrag 02) moet
beantwoord.
Elke deel tel 50 punte. Dus tel die eksamenvraestel ʼn totaal van 100 punte. Berei asseblief
slegs dié twee dele voor wat jy vir Werkopdrag 2 gekies het. Dit maak geen sin om in
die eksamen ander keuses uit te oefen nie.
Moet asseblief nie alle dele in die eksamen beantwoord nie (kies slegs twee uit die vyf
dele) anders mors jy kosbare tyd. Nasieners merk gewoon die eerste twee dele wat jy
beantwoord het en ignoreer die res.
NB! Jy het slegs 2 ure om die vraestel te voltooi. Sorg asseblief dat jy jou werk baie
goed ken, anders bestaan die moontlikheid dat jy nie die vraestel binne die gegewe tyd
gaan kan voltooi nie.
Jy mag geen voorgeskrewe boeke by jou in die eksamen hê nie.
Fokus asseblief op die eksamenriglyne wat in hierdie 201‐opvolgstudiebrief verskaf word.
Let wel: Ons verstrek nie in hierdie studiebrief modelantwoorde op die vrae in
Werkopdrag 2 nie, maar slegs riglyne.
Alle vrae in die eksamen moet in Afrikaans beantwoord word, behalwe by die volgende
twee uitsonderings waar die vraag in Afrikaans of Engels beantwoord mag word:
o Deel 1 (Vraag 1 en Vraag 2)
o Deel 4 (al die vrae)
Me. Ihette Jacobs‐Senekal
Kursusleier (AFK1501)
3
, DEEL 1
Teks en leser: Inleiding in die literêre kommunikasieproses
Dosent: Dr. M. van Graan
Kontakbesonderhede:
Telefoon: (012) 429 6253
E‐pos: vgraam@unisa.ac.za
HIERDIE DEEL WORD AANBEVEEL VIR MOEDERTAAL‐ EN NIE‐MOEDERTAALSPREKERS VAN
AFRIKAANS.
THIS SECTION IS RECOMMENDED FOR MOTHER TONGUE AND NON‐MOTHER TONGUE SPEAKERS OF
AFRIKAANS.
Terugvoer op Werkopdrag: Deel 1
Vraag 1 (Studie‐eenheid 1)
Lees deeglik deur Studie‐eenheid 1 (p.5‐24) in die Studiegids. Fokus veral op p.16‐19, waar die verhouding
tussen fiksie en werklikheid bespreek word. Skryf ʼn kort opstel (ongeveer ʼn halwe bladsy) waarin jy die
verhouding tussen fiksie en werklikheid bespreek aan die hand van die volgende aspekte. Verskaf ook ʼn
voorbeeld van elke aspek.
Fiktiwiteit
Waarheid
Mimesis
Seleksie
Terugvoer
Volgens die instruksies in die 101‐Studiebrief moes jy spesifiek bladsye 16‐19 van die Studiegids bestudeer
het en die verhouding tussen fiksie en werklikheid bespreek. Jy moes ook voorbeelde verskaf wat elk van
die vier terme illustreer.
Met hierdie vraag moes jy dus aandag gegee het aan die volgende aspekte:
‐ Wat is fiktiwiteit in ʼn literêre teks; verskaf ʼn voorbeeld.
‐ Wat is waarheid in ʼn literêre teks; verskaf ʼn voorbeeld.
‐ Wat is mimesis in ʼn literêre teks; verskaf ʼn voorbeeld.
‐ Wat is seleksie in ʼn literêre teks; verskaf ʼn voorbeeld.
Eksamentoeligting
In die eksamen moet jy die terme fiktiwiteit, waarheid, mimesis en seleksie kan bespreek. Jy moet ook ʼn
voorbeeld van elkeen kan verskaf. Bestudeer spesifiek bladsye 16‐19 in die studiegids om hierdie vrae te
kan beantwoord.
4
The benefits of buying summaries with Stuvia:
Guaranteed quality through customer reviews
Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.
Quick and easy check-out
You can quickly pay through EFT, credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.
Focus on what matters
Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!
Frequently asked questions
What do I get when I buy this document?
You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.
Satisfaction guarantee: how does it work?
Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.
Who am I buying this summary from?
Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller unisastudentsham. Stuvia facilitates payment to the seller.
Will I be stuck with a subscription?
No, you only buy this summary for R80,00. You're not tied to anything after your purchase.