Afrikaans ht
, BASIESE SPELLING REËLS
SPRAAKKLANKE (SPELPATRONE)
'n Klinker → vokaal → klank in gesproke taal, soos die Afrikaanse a of ou → met 'n oop
spraakkanaal uitgespreek word sodat daar nêrens bo die glottis lugdruk opgebou word nie
→ staan in teenstelling met konsonante, soos waar 'n versperring of sluiting in die
spraakkanaal voorkom. Klinkers is normaalweg stemhebbend maar wanneer gefluister
word vibreer die stembande nie en word klinkers stemloos uitgespreek.
A,E,I,O,U, EN OE, IE , EU lang vokale : aa , ee , oo , uu
‘n Konsonant of medeklinker → klank waar die lug, in teenstelling met ‘n klinker, nie
ongehinderd deur die mond na buiten kan gaan nie → spraakklank gevorm deur ‘n volkome
of gedeeltelike onderbreking van of versperring in die lugstroom in of bo die strottehoof,
met of sonder trilling van die stembande.
B , C , D , F, G ....
‘n Diftong (van die Grieks δίφθογγος, “diphthongos”, letterlik “twee klanke” of “twee tone”),
→ tweeklank → unitêre klinker waarvan die klankwaarde tydens uitspraak verander of
“gly”, met ‘n gladde beweging van die tong van een artikulasieplek tot ‘n ander soos in die
Afrikaanse ai, boei, en lui..
Diftonge = klinkers > vorm van die spraakkanaal tydens die uitspreek van die klank
aangepas word & vorm baie keer wanneer aparte klinkers in vinnige spraak in mekaar in
loop. Daar bestaan egter ook unitêre diftonge wat deur luisteraars as ‘n enkele klank
waargeneem word.
AI , AAI , EEU , EI , Y , OOI , OEI
OOP EN GESLOTE LETTERGREPE
Oop lettergrepe → eindig op 'n vokaal of diftong, bv. dro-me, meeu-e;
Geslote lettergrepe → eindig op 'n konsonant, bv. tuin, skoo
2 © Noted Summaries [Graad 8 tot 12 Afrikaans Huistaal Taalgids]
,SPELREËLS
VOKALE
Lang klanke in geslote lettergrepe word dubbeld geskryf, soos boom, skool, muur.
Lang klanke in oop lettergrepe (behalwe by u soos skuuste) word enkel gekryf, bv.
bome, skole, mure.
KONSONANTE
Die konsonant verdubbel wanneer:
Dit tussen 'n kort beklemtoonde vokaal en nog 'n vokaal staan, soos manne, bakke, balle;
Die basis by die oortreffende trap ops eindig, bv. snaaksste;
By saamgestelde woorde waar een woord met ‘n konsonant eindig en die volgende
woord met die selfde konsonant begin, bv. lappop, gronddam.
Wanneer woorde op “s” 'n afleiding kry, bv. adresseer, bypassend
Wanneer 'n kort klinker nie die hoofklem dra nie, word dit nie verdubbel nie, bv, huwelike,
heerlike.
Baie belangrik: by woorde soos seunskool en meisieskoen, word net een “s” geskryf,
want dit is seun+skool en meisie+skoen.
Die i- en ie-klanke
Woorde wat van ander tale ontleen is, kry “i” , bv. idee, titel, maar dié wat nie ontleen is
nie, kry “ie”, soos mielie, kierie, bietjie.
WISSELVORME IN SPELLING
Daar is woorde wat op twee maniere gespel kan word, soos pawiljoen en paviljoen; tsunami
en tsoenami.
LOS EN VAS SKRYF VAN SEKERE WOORDE
VASSKRYF
Woorde wat een begrip is, word in Afrikaans vas geskryf, bv. Afrikaansonderwyser.
Onthou: 'n koppeltekenwoord is ook een woord.
Samestellings word as een woord geskryf, bv.
u 'n naamwoord + naamwoord, bv. skoolkind
u 'n naamwoord + voornaamwoord, bv. pa-hulle, Naledi-hulle
u 'n naamwoord + voorsetsel, bv. stroomop, kopaf, bergop
u 'n naamwoord en werkwoord, bv. perdry, asemskep
u 'n naamwoord + byvoeglike naamwoord, bv. kiemvry, vuurvas
u 'n byvoeglike naamwoord + byvoeglike naamwoord, bv. donkergroen, stomverbaas
3 © Noted Summaries [Graad 8 tot 12 Afrikaans Huistaal Taalgids]
, W Samestellings met 'n afkorting, simbool of syfer as eerste deel, word met 'n
koppelteken geskryf, bv. B-span, 2016-verkiesing, R100-donasie.
W Eiename met verbindings kan op verskillende maniere gespel word, bv.
Klerksdorphospitaal, Kleksdorp-Hospitaal, Klerksdorp-hospitaal, Klerksdorp Hospitaal.
W Eiename met 'n syfer of simbool as eerste deel, kry 'n koppelteken, bv. 4x4-Toyota
W Taalname word vas geskryf, bv. Standaardafrikaans, Praatafrikaans.
W Plant-en diername, bv. geelslang, blouaap, witstinkhout
W Woorde met -eens, bv. meteens
W Bywoorde + toe, bv. vorentoe, agtertoe boontoe, ondertoe
LOSSKRYF
W Saamgestelde taalname waar die eerste deel verbuig word, bv. Kaapse Afrikaans
W Woordgroepe, bv. op groot skaal, gevange neem
W Verbindings van byvoeglike en selfstandige naamwoorde, bv. 'n blink plan, 'n groen rok
W Rangtelwoorde in name, bv. 3e Laan; 33ste Straat
W Telwoord + die woordjie al, bv. al twintig kinders.
W verbinding van 'n selfstandige naamwoord + toe, bv. huis toe, skool toe, dorp toe, Kaap
toe
TELWOORDE
Dit kan op verskillende maniere geskryf word:Los of vas: drie en twintig OF drie-en-
twintig; twee duisend twee honderd OF tweeduisend tweehonderd
4 © Noted Summaries [Graad 8 tot 12 Afrikaans Huistaal Taalgids]