DIE INVLOED VAN DIE GRIEKSE MITOLOGIE OP DIE ROMAN 31
PROJECT NURSERY RHYME 33
RESENSIES 34
VRAE OOR DIE OMSLAG EN TITEL 35
PROLOOG 36
HOOFSTUKKE 1-35 VRAE EN ANTWOORDE 37-100
EPILOOG 101
OPSTELVRAE 102
, 2
VOORBLAD
Die omslag verwys na die wêreld van die rekenaar.
- Die kleure is somber, donker en onpeilbaar. Dit versterk die suggestive van bedreiging en
geheimsinnigheid.
- Daar is ‘n geel grafiekmatrys met kontrasterende kleurbane soos bewegende planete wat
die omvattendheid kuberwêreld suggereer.
- ‘n Reeks herhalende syfers sluit by die rekenaar aan.
- Daar is ‘n jong seunsgesig wat met ‘n onpeilbare uitdrukking onder broeiende oë na die leser
loer. Die gesig van die kuberkraker.
Hierin kry ons die suggestie dat die onderwêreld van die kuberkraker dalk ‘n wêreld agter die
werklike wêreld is.
Die ontwerp van die omslag, die titel, die opsomming van die verhaal op die rugkant van die
omslag en dit wat resensente van ‘n boek sê, skep sekere verwagtinge by die leser.
Die titel is Onderwêreld .
Betekenis van titel: Ryk van die dodes/ skimme/ Hades
Hades- god van die onderwêreld
Dis die onderwêreld waarin misdadigers beweeg- hier die onwettige wêreld van die
kuberkraker.
Motto : Die motto van die verhaal is ‘n aanhaling uit “The Hacker’s Manifesto “
( The Mentor 1986)
“But did you in your three-piece psychology, and 1950’s technobrain, ever took a look
behind the eyes of the hacker? Did you ever wonder what made him tick, what forces
shaped him, what may have molded him”.
,3
, 4
DIE TITEL : Onderwêreld
Tonnel onder skool
Die ingehokte tonnel onder die skoolgeboue word simbolies van die onderliggende probleme
van selfbeheptheid, materialisme, korrupsie en liefdeloosheid by die spogskool. Kuberkraker
Die onderwêreld van die kuberkraker. Kuberkrakers wat verskyn en verdwyn – en selfs soms
uitgevang word. Die syfer 2600 is ‘n belangrike getal in die kuberkrakeronderwêreld.
Eckardt gebruik die misterie, opwinding en gevaar van die onderwêreld om vir Greg in die
kuberkrakerwêreld te betrek.
Selfdood
Ook emosies word dikwels in terme van die onderwêreld beskryf. Eckardt se pa kom terug uit
die onderwêreld toe hy sy 11-jarige seun in die deur sien staan toe hy selfmoord probeer pleeg
het. Ook Greg se emosies word in terme van die onderwêreld beskryf. Sy donker gevoelens na
sy broer se selfmoord en sy gevoelens toe hy dieper in die kuberonderêreld ingetrek word, is
voorbeelde hiervan.
Griekse mitologie
Die verwysings na die Griekse mitologie vorm deel van die onderwêreldmotief. Hades is die
god van die onderwêreld.
Greg se innerlike stryd
Greg se innerlike botsing word ook in terme van die onderwêreld uitgedruk. Aan die een kant
is hy die hoofseun van ‘n spogskool. Sy pa het geweldige hoë verwagtinge van hom. Aan die
anderkant is hy vasgevang in die kuberonderwêreld – ‘n wêreld waar die opwinding en gevaar
verbonde aan ekstreme sport weer vir hom help om sy selfvertroue te herstel. Hierdie
onderwêreld waarin hy hom bevind, word dieper en dieper. Greg sê self dat sodra jy dink dat jy
op die bodem van die onderwêreld is, stop iemand jou ‘n graaf in die hand en moet jy steeds
dieper grawe.
Magteloosheid
Greg word so vasgevang in die onderwêreld van kuberkraking dat hy magteloos toekyk hoe
hy al hoe dieper daarin wegsink. Nes die mens dink dat jy alles uitgevind het, gebeur daar
iets dat jy steeds dieper moet grawe. So het hy gedink dat hy die einde van sy kuberkraking
bereik het met die inhegtenisname van Dok Pienaar. Net om uit te vind dat dit hoegenaamd
nie die einde is nie. Sy eie pa was ook betrokke.
Onderwêreld van geld
Greg moes uiteindelik uitvind dat die onderwêreld nie werklik kuberkraking is nie, maar die
werklike onderwêreld is geld. Geld laat die mens dinge doen wat werklik boos is. Baie boser
as dit wat die kuberkraker ooit kan aanvang.
The benefits of buying summaries with Stuvia:
Guaranteed quality through customer reviews
Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.
Quick and easy check-out
You can quickly pay through EFT, credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.
Focus on what matters
Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!
Frequently asked questions
What do I get when I buy this document?
You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.
Satisfaction guarantee: how does it work?
Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.
Who am I buying this summary from?
Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller Maakleermaklik. Stuvia facilitates payment to the seller.
Will I be stuck with a subscription?
No, you only buy this summary for R159,00. You're not tied to anything after your purchase.