Afrikaans – Vraestel 1
KLANKVERSKYNSELS
ONTRONDING - Klanke word uitgespreek met lippe plat i.p.v. gerond
Deur Deer Muur Mier
OORRONDING - wanneer geronde en ongeronde klanke met lippe in oordrewe geronde
posisie uitgespreek word.
Oorronding is onaanvaarbaar in taal.
neef neuf pa pô
NASALERING EN VOKALISERING - Met uitspraak van klank vloei lugstroom deur sowel
mond en neus.
Kans Wens Gons Mens Lens Ons
ASSIMILASIE
ALGEHELE ASSIMILASIE
Hierdie → hierie kinders → kinners in die → innie
GEDEELTELIKE ASSIMILASIE
aanbod → aambod Stellenbosch → Stellembosch onmoontlik → ommoontlik
VOKAALREDUKSIE - Vokaal word in swak beklemtoonde lettergreep gereduseer tot
neutrale klank “i”
Baklei → beklei
Klavier → Party → pirty Wanneer → Patat → Krokodil →
klivier wannir pitat krokidi
KLANKVERSPRINGING/METATESIS - Konsonant verskuif van 1 posisie in woord na ander
posisie
Granaat → Present → Probeer → Februarie → plesier →
girnaat persent perbeer Feberwarie pilsier
PALATALISASIE - g-klank en k-klank word gevolg deur “ie”-klank
Gieter Kiekie Geel Kind Geld Kerk
KLANKTOEVOEGING/KLANKWEGLATING
Warmder → warmer Pampier → papier Dubbeld → dubbel
Veldskoene → velskoene Oë → oge Koorsteen → skoorsteen
, Deelteken (¨)
Funksie: Dui nuwe lettergreep aan, byvoorbeeld re/ën, ko/öpteer.
dieet maar diëte finansieel finansiële
Deelteken word nie gebruik by woorde wat op -ieel, -ieer of -ieet eindig nie.
Woorde kry slegs deelteken by afgeleide vorme:
prieel – priële spasieer – spasiëring sekretarieel – offisieel – offisiële
sekretariële
seremonieel – kopieer – kopiëring
seremoniële
Geen deeltekens:
doopseel Eien Verleentheid fraiings
Kopieer Subsidieer Universeel
Let op gebruik van deelteken op volgende woorde:
eë: beëdig, afgeleë, beëindig, breër, geleë, posseël, treë, terdeë
ië: pasiënt, oriënteer, elektrisiën, materiële
aë: aërometer, aëronout
ieë: vlieër, bedrieër, spieël
oë: hoë, vermoë, bewoë
oeë: vroeë, moeë, genoeë
oö: koöperasie, koöpteer, koördinasie, koördineer
eü: reünie
ï: heroïen, naïef, beïnvloed, geïn, kafeïen, proteïen
ä: kobraägtig, sebraägtig (ook kobra-agtig en sebra-agtig)
eëe: tatoeëer, reëel (werklik)
Kappie (^)
Funksie: Dui lang uitgerekte klank aan
wêreld, bêre, ietermagô, affêre, brûe, rûe, wîe miljoenêr, sekondêr
Volgende woorde word nie met kappie geskryf nie:
vlermuis, kombers, pers, verwerdig, stert, perde, regverdig, ster, ver, ensovoorts.
Koppelteken (-)
Volgende kan met/sonder koppelteken geskryf word:
boaan of bo-aan nauurs of na-uurs studieobjek of negeuur of nege-uur
studie-objek
ruolie of ru-olie syingang of sy- taxioorlog of taxi- weggooiooi of
ingang oorlog weggooi-ooi
Redes vir die gebruik van koppelteken:
1. Opeenvolging van klinkers te voorkom
, asma-aanval See-eend Foto-omslag buite-uitsending
studente-unie na-aap wa-as senu-ineenstorting
2. Dubbelsinnigheid te vermy
ru-gare = rugare bo-sluis = bosluis dop-ertjie =dopertjie sand-aal = sandaal
3. Aardrykskundige name
Suid-Afrika Midde-Ooste.
4. Eiename gekoppel aan soortname
Hertzog-plein Kruger-huis
5. Lees te vergemaklik:
dieselenjin-wipbakvragmotors geaktiveerdeslyk-proses ontwikkelingspelerspan-afrigting
6. Samestellings met afkortings, simbole, syfers en getalle:
A-span DNS-molekuul R4-geweer 30%-afwyking
7. Herhalingsamestelling:
lag-lag sing-sing hap-hap
8. Gekoppelde bepalings
kruidjie-roer-my-nie klem-in-die-kaak kop-en-pootjies
ou-vrou-onder-die-kombers sieps-en-braaiboud
9. Verbinding met -hulle:
Ma-hulle oom Klaas-hulle
10.By range, titels, ampsbenaminge en saamgestelde titels
sersant-majoor speurder-sersant ouditeurgeneraal
11.Koppelteken as weglatingsteken:
vark- en hoenderhok (varkhok en kort- en langafstandbustoere
hoenderhok) (kortafstandbustoere en
langafstandbustoere)
12.Koppeling met “en”
bek-en-klouseer kaas-en-wynonthaal
drie-en-veertig of drie en veertig een-en-twintigste of een en twintigste
13. By woorde van vreemde herkoms
hidro-elektries agro-ekonomies ultra-aktief
Afkappingsteken (’)
Redes vir die gebruik van ’n afkappingsteken:
1. Meervoude en verkleiningsvorme van alfabetletters en selfstandige naamwoorde wat
op “i”, “o”, “u” en ’n beklemtoonde “a” eindig, aan te dui:
a: pa’s, ma’s, karba’s, hoera’s, a’tjie