Handelsreg 193
Afdeling A: Oorsig oor die Suid-Afrikaanse regstelsel
1.3 Wat is die reg?
1.3.1 Reëls van die wet en ander reëls:
Interaksie tussen individue en groepe kan weens verskillende behoeftes en begeertes konflik
uitlok
Vier basiese gedragsreëls:
i) Godsdiensreëls.
ii) Reëls van die individuele moraal.
iii) Reëls van die kollektiewe moraal (gemeenskap sedes).
iv) Regsreëls.
o Omdat hulle almal daarop gemik is om orde en vrede in die samelewing te bewerkstellig,
oorvleuel die inhoud van hierdie gedragsreëls dikwels.
o Regsreëls is egter die enigste tipe reël wat deur staatsinstellings (soos die polisie, die howe
en die balju) toegepas en afgedwing kan word.
o By die ander tipe reëls is die gewete en sosiale verwerping die enigste sanksies.
1.3.2 Die rol van die reg binne die sake- en handel konteks
o In die handels- en sakekontekste speel regsreëls vanselfsprekend ’n belangriker rol as die
individuele en kollektiewe moraal.
o Daar word toenemend internasionale druk geplaas op besighede om etiese arbeidspraktyke
te volg in hul produksieprosesse.
Regsreëls: reëls wat daarop ingestel is om menslike gedrag (in die vorm van sosiale of
ekonomiese gedrag) te reguleer ten einde die samelewing en die sakewêreld te kan orden.
o Die hoofdoel van die (objektiewe) reg is om ‘n vreedsame en geordende samelewing (en
sakewêreld) te skep waardeur die aktiwiteite van landsburgers en sakeondernemings
beheer word.
Die wet beskryf wat mense:
1. Nie mag doen nie.
2. Hulle mag doen.
3. Hulle moet doen.
o Indien jy voorraad by verskaffers aankoop, sal betalings metodes deur die reg gereguleer
word.
o Sou voorraad nie aan jou gelewer word nie, nie voldoen aan redelike standaarde of aan wat
kontraktueel ooreengekom is nie, sal die verskaffer kontrakbreuk pleeg en sal jy volledige
prestasie kan eis of, sal jy die kontrak kan beëindig en jou voorraad by ’n ander verskaffer
kan gaan koop.
,o Sou jy nou meer moet betaal daarvoor, sal die kontakbreker moontlik skadevergoeding
moet betaal om jou te vergoed vir die ekstra uitgawe.
o Ten einde jouself te beskerm teen die risiko van skade weens diefstal, of ander onvoorsiene
omstandighede soos brand, sal jy die winkel en die inhoud daarvan moet verseker by wyse
van ‘n versekeringskontrak
o Voorts word die regsverhouding met jou werknemers by wyse van dienskontrakte
gereguleer en word die werkgewer en werknemer se onderskeie regte en verpligtinge (bv
pligte wat verrig moet word en die vergoeding wat daarvoor betaal word) daarin uiteengesit.
o In baie besigheidstransaksies sal die regsadviseur ‘n sentrale rol speel in die
onderhandelingsproses van die transaksie.
o Die reg vorm die basis vir die suksesvolle funksionering van die sakewêreld aangesien dit
sake-ooreenkomste fasiliteer en afdwing, eiendomsreg in verskeie vorms erken en deur die
regsproses geskille kan besleg.
Nie-nakoming van regsreëls kan:
1. Besigheid reputasie aantas, kan inhou vir toekomstige transaksies en winsmarges en
gevolglik ook vir aandeelhouers van maatskappye.
2. Bestuursplan beïnvloed a.g.v. professionele nalatigheid en kan hulle daarvoor
aanspreeklik gehou word.
1.3.3 Die oppergesag van die reg in ʼn konstitusionele demokrasie en
openbare belang
o In Suid-Afrika moet alle besigheid bedryf word binne die raamwerk van die Grondwet en die
Handves van Regte.
o Alle persone word as gelyk voor die reg bestempel.
o Grondwet bepaal dat staatsoptrede sowel as optrede van persone (indiwidue, maatskappye
en ander besigheidsvorm) deur die beginsels van vryheid, gelykheid en menswaardigheid
onderskryf moet word.
o Sodoende word billike, redelike en regverdige regsreëls wat menseregte respekteer
verseker.
o In ’n regstaat, waar die grondwet die hoogste vorm van reg is, funksioneer die reg as
oppergesag en word die burger beskerm teen magsmisbruik van die staat, maar ook teen
inbreukmaking op basiese fundamentele regte deur indiwidue en ander instellings.
1.4 Bronne van die reg
1. Wetgewing.
2. Hofbeslissings.
3. Gemenereg.
4. Gewoonte.
1.4.1 Wetgewing:
(i) Die Grondwet
Die grondwet: die wet wat die belangrikste regsreëls in verband met die staatkundige stelsel
van die land bevat en reguleer dit in essensie die wetgewende, uitvoerende sowel as die
regsprekende gesag.
, → Hoogste reg van die RSA.
→ Enige regsreël (nasionale of provinsiale wetgewing) of optrede van die President wat
met die bepalings van die Grondwet bots, kan deur die howe ongeldig verklaar word.
→ Die howe (en vernaam die Konstitusionele Hof) is met bevoegdheid beklee om enige
wet aan die Grondwet te toets en selfs ongeldig te verklaar indien dit in stryd daarmee
is.
→ Hierdie toetsingsbevoegdheid word uitgeoefen aan die hand van die fundamentele
menseregte wat deur die Grondwet erken en verskans word.
o Fundamentele regte is gebaseer op die beginsels van vryheid, gelykheid en
menswaardigheid en enige wet in konflik met hierdie beginsels kan deur die Konstitusionele
Hof ongrondwetlik verklaar word.
o Die regte wat in die Handves van Regte verskans is kan deur ’n algemeen geldende
regsvoorskrif beperk word in die mate waarin dit redelik en regverdigbaar is in ‘n oop en
demokratiese samelewing gebaseer op vryheid, gelykheid en menswaardigheid met
inagneming van bepaalde faktore, bv die aard van die reg, die doel van die beperking, aard
en omvang van die beperking, verband tussen die beperking en die doel daarvan, en of
daar ’n minder beperkende wyse is om die doel te kan bereik.
(ii) Parlementêre Wetgewing (nasionale vlak):
o Die parlement ontleen sy wetgewende bevoegdheid aan die Grondwet.
o Wetgewing (ook bekend as statute) is regsreëls wat deur die parlement gemaak word.
o In ‘n demokratiese bestel word die volk (kiesers) deur die kandidate van die verskillende
politieke partye in die parlement verteenwoordig.
o Ondergeskik aan die Grondwet.
o Wetgewing is derhalwe die kragtigste regsbron in die sin dat wetgewing voorrang geniet bo
’n hofbeslissing, die gemenereg, of ‘n gewoonte, behalwe waar die wet in stryd is met die
Grondwet.
o Wetgewing dikwels ingespan om gapings in die reg te vul deur die reg aan te pas by
veranderende behoeftes.
(iii) Provinsiale Grondwet en wetgewing (Streeksvlak)
o Elke provinsie het 'n provinsiale wetgewer met betrekking tot sy eie Grondwet (sy eie sake)
vir sy spesifieke provinsie wat ingestel kan word.
→ Bv. plaaslike bestuur, provinsiale paaie, padverkeer, toerisme, grondbewaring
ens.
o Slegs in daardie provinsie van toepassing.
o Werk ook saam met die nasionale wetgewer om sekere kwessies te reguleer, bv. behuising,
handel, onderwys ens.
(iv) Ondergeskikte wetgewing (plaaslike vlak):
o Gedelegeerde wetgewing word deur stadsrade, dorpsrade, universiteitsrade,
gesondheidsrade en selfs deur ministers gemaak binne die grense van ‘n dorp.
→ Dit is ondergeskikte wetgewing omdat die persoon of liggaam uitvaardig sy mag
ontleen aan ‘n magtigende wet (van die Parlement).
, o Beperk omdat ‘n persoon of wetgewende liggaam slegs kan optree binne die grense van die
gesag wat deur die magtigingswet voorsien word
→ Dus kan ultra vires-regsreëls (die optrede van ‘n persoon buite die wettige mag
van optrede.) deur die howe ongeldig (nietig) verklaar word.
1.4.2 Hofbeslissings
Daar word tussen hoër- en laer howe onderskei:
Die Konstitusionele Hof (Johannesburg)
o Die hoogste hof in die land.
o Hierdie hof het jurisdiksie oor grondwetlike aangeleenthede asook enige ander
aangeleentheid wat die hof se openbaarheid beleid se perspektief as belangrik
genoeg ag. waar dit sou indruis teen die Grondwet.
Hoogste Hof van Appèl (Bloemfontein)
o Die hof waarnatoe geappelleer word teen die beslissings van enige afdeling van die
Hooggeregshof in siviele en kriminele aangeleenthede (behalwe in arbeids- of
mededingingsaangeleenthede).
o Altyd die hof van laaste instansie.
o Konstitusionele Hof kan steeds die beslissings van dié Hof omver werp indien dit in die
openbare belang sou wees of as dit sou indruis teen die Grondwet.
Hof van eerste instansie: sake word vir die eerste keer in die hof aangehoor.
Hof van laaste instansie: sake was reeds in ander howe aangehoor.
Hooggeregshof
o Die afdelings van die Hooggeregshof het jurisdiksie (bevoegdheid om aangeleenthede te
verhoor) oor siviele en kriminele aangeleenthede wat binne hul regsgebied ontstaan het.
o aangeleenthede soos egskeidings, status bevele oor geestesgesteldheid, sekwestrasie en
likwidasie aansoeke en die bepaling van die geldigheid en uitleg van testamente mag slegs
deur die Hooggeregshof aangehoor word.
o Kan as beide hof in appel of hof van eerste instansie sit.
Jurisdiksie: bevoegdheid om aangeleenthede te verhoor.
→ Hoër howe is gebonde aan beslissings binne hul eie afdeling,
Landdroshowe (laer howe)
o In stede en die meeste dorpe aangetref en het beperkte jurisdiksie met betrekking tot siviele
aangeleenthede.
o Laer howe is gebonde aan enige afdeling van die hooggeregshof se beslissings.
o Landdroshowe kan slegs as ‘n hof van eerste instansie sit.