PPSE EKSAMEN OPSOMMINGS
LEEREENHEID 1-5
Opgestel deur gebruik te maak van die PowerPoint leesbundel
en handboeke
Let asb daarop dat alhoewel ek alles in my vermoë gedoen het om hierdie opsommings so
volledig as moontlik te maak, neem ek geen verantwoordelikheid vir werk wat in die toets
voorkom, maar nie in die opsommings is nie.
Moet asb ook nie die opsommings verkoop of versprei nie aangesien dit werklik harde werk
is wat hier in gaan
1
D.KRUGER 076 122 4180
,Leereenheid 1
Teoriee:
1. FREDERICH FROEBEL
Daar word herkenning gegee aan hom omdat hy die woord “kindergarden” uitgedink
het, wat basies bestaan uit ʼn tuin vir kinders. Hy het geglo dat alles gebeur in
verhouding tot mekaar en God en dat elke persoon ʼn bepaalde doel het op aarde.
Die belangrikheid van die individu en die respek wat vereis word is sentraal tot die
mens.
Hy het ook geglo dat spel die sentrale deel van die kind se wese is en sien preprimêr
as die brug tussen die huis en die skool. Hy het ook geglo dat spel grootliks bydra tot
leerders se verstaan van hulle omgewing en verskillende interaksies wat daarmee
kom. Hy het ook verskillende aktiwiteite ontwerp wat leerders toelaat om hulle idees
te hervorm en ontdek. Alhoewel baie van sy werk afgekeur is, is daar steeds
moderne onderwysers wat baie waarde vind by sy manier van onderrig veral spel en
die manier wat die kind moet erken word vir die individu wat hy is. Hierdie kennis
word alles vanaf Froebel geleer in sy benadering.
2. PATTY SMITH HILL
Sy het wetenskaplike navorsing gedoen oor kinders, sy het nes Froebel geglo in spel
as ʼn manier van onderrig en het dit aangevul deur kreatiewe maniere van leer aan te
moedig deur bv. musiek, kuns en dans. So het sy ook by gedra tot ʼn
geïndividualiseerde kurrikulum. Sy het verskillende aktiwiteite ontwerp wat kinders
aangemoedig het om aan binne- en buitespel deel te neem. Sy het so dan ook geglo
in kuns en vryheid van uitdrukking, sy het toegelaat dat leerders blootgestel word aan
verskillende instrumente en klanke, hiermee het sy ook formele kuns lesse verwerp
en geglo dat leerders hulle eie kreatiwiteit moet gebruik om te ontwerp en maak. Sy
was ook ‘n voorstander van die gekombineerde kurrikulum en die manier wat
leerders gestimuleer word op verskillende maniere. Sy het ook klem gele op die
belangrikheid om leerders se toekoms en verlede in ag geneem aangesien dit uit
maak van die kind se ontwikkeling op die ou end.
3. JOHN DEWEY
Word gekonnekteer met die progressiewe onderrig beweging. Hy was gesien as die
mees invloedryke opvoeder in Amerika in die 1900’s. Hy het geglo in onderwys
gerigte aktiwiteite en die onderwyser het totale beheer gehad oor watter aktiwiteite
die leerders doen en waaraan hulle deelneem. Feite was dus aangeleer deur gebruik
te maak van teks en nie noodwendig praktiese uitvoering nie, daarna het leerders
inligting herhaal deur verskillende mediums. Dus het Dewey geglo dat die kurrikulum
gebaseer moet wees op leerders se belangstelling en individuele verskille. Sy manier
van onderrig was dikwels verkeerd verstaan aangesien baie mense dit verstaan het
dat leerders net moet doen waarin hulle belangstel. Maar dit was nie die geval nie.
4. LUCY SPRAGUE MITCHELL
Mitchell was ʼn student van Johan Dewey en dit het haar werk grootliks beïnvloed.
Wanneer sy aanvanklik begin het, het straf slegte omstandighede behels, sy het dus
bygedra tot die progressiewe beweging waar leerders raak gesin word as individu en
hulle behoeftes daarvolgens bepaal is. Sy het geglo dat elke kind gestimuleer moet
2
D.KRUGER 076 122 4180
, word om hulle volle potensiaal te bereik, om kinders te verwelkom tot gesprekke en
hulleself uit te druk, Die bevordering van spel as ‘n manier van leer, Individualisering
en die vermyding van onderwysers belonings. Mitchell het dus gedien as ʼn leier wat
al hierdie beginsels bevorder.
5. STANLEY HALL
Hy het sielkundiges aangemoedig om kinders en die wetenskap van kinders te
bestudeer. Hy wou ook graag ʼn professionele basis maak vir die onderrig van
kinders. Alhoewel sy studies fokus op die natuur van die kind het hy nooit sy
bevindinge getoets in ʼn skool opset nie. Hy wou graag kinders bestudeer in terme
van hulle bydrae tot die wêreld en hoe dit bydra tot sielkunde in die opvoedkundige
veld. Hy wou graag meer aandag vestig op vry spel en fisieke gesondheid, alhoewel
hierdie aspekte nie noodwendig baie beroemd was onder jong leerders in die vroeë
1800’s nie. Hy en sy medenavorsers het dit hulle missie gemaak om studente te druk
om meer te leer van kinders en die psigologie waarop onderrig besluite gebaseer is.
Vroeë kinderontwikkeling voorsiening voor 1994
Gefragmenteer oor die verskillende departemente wat sorg vir jong leerders
Voorsien aan ras grense
Kwaliteit het gevarieer oor rasse heen
Vroeë kinderontwikkeling was nie herken en gedefinieer deur almal nie
Geen duidelike VKO beleid nie
Vroeë kinderontwikkeling na 1994:
Net voor demokrasie was daar ʼn verskeidenheid van ontwikkelingprosesse
Nie-regering organisasies wat deur die Suid-Afrikaanse kongres gelei is het baklei vir
VKO
Vroeë kinderontwikkeling prosesse in opvoeding:
Wit papier 1: opvoeding en opleiding
Die witskrif oor onderwys en opleiding (Maart 1995) dui op die regering se toewyding
vir die voorsiening van VKO in ʼn holistiese benadering wat fokus op die breër
omgewing insluitend, familie, gemeenskap ondersteuning, sisteme en regerings
beleide.
Die witskrif stel voor dat daar ʼn formele interdepartementele komitee is.
VKO strukture:
In 1997 is die eerste VKO direktoraat in die Nasionale Departement van onderwys gestig
Gevolg deur die departement van sosiale ontwikkeling
Die kantoor van die president het ʼn VKO afdeling
Nie-regering organisasie het toegeneem en in samewerking getree met die regering op
verskillende inisiatiewe
3
D.KRUGER 076 122 4180
, VKO beleid proses
1. Tussentydse VKO beleid
2. Nasionale VKO beleide en programme
3. VKO “pilot report”
4. Wiskrif 5
5. Nasionale VKO oudit
6. Nasionale geïntegreerde plan
7. Nasionale vroeë ontwikkeling standaarde
8. Nasionale kwalifikasie raamwerk geboorte tot 4 jaar
9. Nasionale geïntegreerde vroeë kinderbeleid.
1. Tussentydse VKO beleid:
Was die eerste om agter te kom hoe belangrik VKO is in die konteks van
lewenslange leer.
Die beleid dui duidelik op die regering se bedoeling vir die ontwikkeling van
die VKO programme op langtermyn
Daar is ʼn loodsstudie gehou op VKO voorsiening vir 5-jariges en het gelei na
die vestiging van die graad R program
VKO DEFINISIE: ‘N Sambreel term wat van toepassing is op die prosesse
waarby kinders van geboorte tot en met die ouderdom van 9 groei en floreer,
fisies, kognitief, emosioneel, geestelik, moreel en sosiaal.
Vroeë kinderontwikkeling vervang die term “educare” wat verwys het na die
voorsiening van opvoeding en sorg vir kinders van geboorte tot 6 jaar
2. VKO ‘Pilot report”
VKO “pilot project” was geloods in 1997 deur die departement van onderwys
Was ontwerp om die tussentydse VKO beleid te toets veral in samewerking
met die ontvangjaar (graad R)
Die “pilot” studie se doelwitte
Die skep en toets van innoverings in die VKO veld
Die bevordering van uitkomsgebaseerde assessering in die VKO
wat in lyn is met die nasionale kwalifikasie raamwerk.
Die bou van kapasiteit veral op provinsiale vlak in samewerking
met navorsing en opleidingsorganisasies
Die versekering van kwaliteit gemeenskapsgebaseerde pogings
deur subsidies en opleiding
Seker maak leerders ervaar ʼn ontvangs van kwaliteit.
Navorsing oor die mees effektiewe manier van die ontvangsjaar.
3. Witskrif 5
Die vas stel van die ontvangsjaar vir 5 jariges (graad R program)
Dring aan op die vestiging van 'n intersektorale struktuur te ontwikkeling van
ʼn strategiese plan vir geboorte tot 4-jariges
VKO: ʼn Begrypte benadering tot beleide en programme vir kinders van
geboorte tot 9 jaar met die aktiewe deelname van ouers en versorgers. Sy
doel is om die regte van die kind te beskerm en die leerder op alle vlakke te
ontwikkel.
4
D.KRUGER 076 122 4180
The benefits of buying summaries with Stuvia:
Guaranteed quality through customer reviews
Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.
Quick and easy check-out
You can quickly pay through EFT, credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.
Focus on what matters
Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!
Frequently asked questions
What do I get when I buy this document?
You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.
Satisfaction guarantee: how does it work?
Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.
Who am I buying this summary from?
Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller StudyLady. Stuvia facilitates payment to the seller.
Will I be stuck with a subscription?
No, you only buy this summary for R133,00. You're not tied to anything after your purchase.