Saamgestel deur Annemie du Preez @2022
Annemie du Preez
0
,Saamgestel deur Annemie du Preez @2022
TAALLEER:
1. Inleiding
• Lettergrepe
• Oop lettergrepe eindig op ‘n vokaal of diftong, bv. by / na Geslote lettergepe
eindig op ‘n konsonant, bv. kom / buis Lettegreepverdeling van volgende:
o Bro / sju / re o Be / sproei / ing o Vrien / din
o Ko / o / pe / ra / sie
• Klankgrepe
• ‘n Klankgreep word verdeel volgens die klanke wat jy hoor.
• Lettergreep is waar die woord afgekap word.
• Verskil tussen lettergrepe en klankgrepe:
o Blom / me = lettergrepe
o Blo / (m)me = klankgrepe
• Klem
• ‘n Sekere lettergreep in ‘n woord word harder as die ander uitgespreek o Klem
aan die begin van die woord:
Korrel Prikkel
o Klem in die middel van die woord:
Geliefkoosde voortdurende o Klem
aan die einde van die woord:
Stabiel verrig
• Woorddele
• ‘n Woord word verdeel volgens die basisdele, bv:
o Roepstem = roep + stem
2. Klankleer
• As ons praat gebruik ons verskillende klanke.
• In skriftelike taalgebruik maak ons van letters gebruik, maar in gesproke taalgebruik van
klanke.
• Ons onderskei dus twee soorte taalgebruik: gesproke taal en skriftelike taal.
• Drie groepe klanke
• Alle klanke in Afrikaans word in drie groepe verdeel
Vokale of Lugstroom word vry in asemhalingsorgane a, e, u, o en i
klinkers deurgelaat. Ook oe, eu, ie
Konsonante Spraakorgane wysig op een of ander manier b, c, d, f, g, h, j, k, l, m, n, p, q,
die asemstroom wysig deur dit te versper of af r, s, t, v, w, x, z
te sluit.
Diftonge Kombinasie van meer as een vokaal wat as ‘n aai, ou, ui, ei, y, eeu, oi, ooi,
(tweeklanke) klankverbinding uitgespreel word. oei
1
,Saamgestel deur Annemie du Preez @2022
Daar vind ‘n samesmelting van twee
verskillende vokale in dieselfde klankgreep
plaas.
• Manier van vorming van konsonante o By die benoeming van konsonante moet daar
vasgestel word op watter manier die konsonante gevorm word.
Eksplosiewe Wanneer lugstroom heeltemal afgesluit Pop, bas, tou, dal, kar, berge
klanke word en ‘n skielike vrylating van die lug ‘n Berg (g-klank – frikatief)
plofgeluid laat ontstaan. Berge (g-klank – eksplosief)
Frikatiewe klanke Wanneer die lugstroom vernou word sodat Fiets, viets, soen, zoem, gryp,
‘n wrywing of skuurgeluid ontstaan. sjarmant
Nasala klanke Gevorm as die deurgang van die lugstroom Man, nog, ring
deur die mondkanaal heeltemal afgesluit
word sodat die lug deur die neus of nasale
kanaal vloei.
Laterale klank Gevorm as die lug aan albei kante van die Lag
tong verbygaan.
Triller Gevorm deur die vinnige op en af bewegings Rooi (ook bry-klank)
van die tongpunt deur die lugstroom.
• Klankverskynsels
• Jou manier van praat, verraai dikwels wie of wat jy is.
• Versorgde taal is ‘n kenmerk van ‘n opgevoede persoon.
Ronding Sekere vokale en diftonge vereis ronding van die lippe.
Dit word uitgespreek met lippe effens vooruit en min of meer sirkelvormig.
As ons natuurlik praat, sal ons geronde klanke met geronde lippe spreek.
Woord “deur” word korrek (gerond) uitgespreek as “deur”.
Ontronding Wanneer geronde klanke met spleetvormige lippe uitgespreek word.
“Steur” word verkeerdelik uitgespreek as “steer”
oorronding Wanneer geronde en ongeronde klanke met die lippe in ‘n oordrewe en
onnatuurlike posisie uitgespreek word. Die woord “pa” word as “pô”
uitgespreek
Skeef word skeuf
Neef word neuf
Beide oordrewe ontronding en oorronding word afgekeur en is nie
aanvaarbaar nie.
Nasalering en Die nasale klank verdwyn, maar die nasale kenmerk daarvan word deur die
vokalisering voorafgaande klinker wat verleng word, oorgeneem.
Vokaal kry die eienskap van die nasaal en die nasaal kry die eienskap van
die vokaal.
Lugstroom vloei in hierdie geval deur sowel die mond as die neus.
Voorbeelde: wens, kans, ons
2
, Saamgestel deur Annemie du Preez @2022
Assimilasie Gelykmaking van klanke.
Ons onderskei tussen algehele en gedeeltelike assimilasie:
Algehele assimilasie: klank verdwyn heeltemal: ander word anner, hierdie
word hierie
Gedeeltelike assimilasie: klank word gewysig: aanbrand word aambrand,
onmoontlik word ommoontlik.
Vokaalreduksie Vokaal word in ‘n swak beklemtoonde lettergreep gereduseer tot die
(vokaalverswakking) neutrale klank “i”, voorbeeld: baklei word biklei; kolonel word kolinel;
krokodil word krokidil; party word pirty.
Klankverspringing Wanneer ‘n konsonant van die een posisie in woord, na ander posisie
verskuif of spring.
Ook bekend as metatesis
Present word persent
Probeer word pirbeer
Turksvy word truksvy
• Morfologie
• Morfologie of woordvorming is die wyse waarop ‘n taal woorde vorm en bou.
• Daar word voortdurend nuwe woorde in ‘n taal gevorm.
• Dit is belangrik om ‘n mens se woordeskat uit te brei.
• ‘n Persoon wat oor ‘n wye woordeskat beskik, het ‘n groot voorsprong bo ander, want so ‘n
persoon kan homself beter uitdruk en kan goed kommunikeer.
• Stam of basis
• Die stam of basis van die woord is die kleinste deel van ‘n woord wat ‘n selfstandige
betekenis het.
• Moenie die kleinste deel van ‘n woord wat ‘n selfstandige betekenis het, met ‘n letter- of
klankgreep verwar nie.
• In die woord tafeltjie is die klank- en lettergrepe ta-fel-tjie, maar geen een van die drie dele
het ‘n selfstandige betekenis nie.
• Die morfeme is wel betekenisvol: tafel dui op ‘n meubelstuk en –tjie dui op verkleining
Let op die basis “bou” in die volgende woorde: verbou, verbouing
• Morfeme
• Morfeme staan ook bekend as voegsels.
• Morfeme het nie selfstandige betekenis nie.
o Premorfeem (voorvoegsel): Hierdie voegsel staan voor die basis, bv. versoek. o
Postmorfeem (agtervoegsel): Hierdie voegsel staan agter die basis, bv. hengelaar o
Metamorfeem (klinkerwisseling): Sommige woorde word gevorm deur die klinker
(vokaal) van die basisvorm te verander. Die twee woorde moet verband hou.
Drink – drank, dronkenskap
Gryp- greep
Ruik – reuk
Skiet – skut, skoot, uitskot Sluit – slot, sleutel,
geslotenheid Morfeme of voegsels kan ook betekenis hê.
3