EKONOMIESE GEOGRAFIE
Onderwerp 4:
At Hattingh 8/29/21 [Course title]
, © Copyright reserved/Kopiereg voorbehou At Hattingh ©
EENHEID 1: DIE STRUKTUUR VAN DIE EKONOMIE
DIE STRUKTUUR VAN DIE EKONOMIE
Def: Ekonomie is ‘n sisteem van aktiwiteite en mense wat afhanklik is van mekaar om in
mense se behoeftes te voorsien.
Ekonomie: is die studie van hoe mense goedere en dienste produseer.
Ekonomiese Geografie: kyk waar ekonomiese aktiwiteite uitgevoer word en waarom
sekere plekke gekies word.
Bruto Binnelandse Produk (BBP): Dit stel die totale waarde van alle goedere en dienste
voor wat in ‘n land op ‘n spesifieke tydperk gelewer is.
Bruto Nasionale Produk (BNP): Die totale waarde van goedere en dienste wat ‘n land per
jaar produseer, insluitend buitelandse dienste
DIE EKONOMIESE SEKTORE
1 DIE PRIMÊRE SEKTOR
Def: Die ontginning van natuurlike hulpbronne bv. Boerdery, mynbou, bosbou, vissery,
steengroefwerk en jag.
• Dit verskaf voedsel
• Dit verskaf rou materiale aan fabrieke
• Dit verskaf steenkool vir elektrisiteit
• Dit verskaf waardelvolle uitvoerprodukte
• Dit verskaf werk
2 DIE SEKONDÊRE SEKTOR
➢ Def: Voeg waarde by rou materiale deur rou materiale te
verander in iets meer waardevol of bruikbaar bv.
Vervaardiging, verwerking en bouwerk.
•Sluit in metaalbewerking, ingenieurswese, voedselverwerking,
tekstielvervaardiging en die chemiese nywerhede.
3 DIE TERSIÊRE SEKTOR
➢ Def: Dienssektor wat dienste, professie, handel en vervoer aan die algemene bevolking
en besighede verskaf.
• Sluit in verspreiding, handel en onderwys.
• Kleinhandel- en groothandelverkope, vervoer, vermaak, restaurante, toerisme, versekering,
bankwese, gesondheidsorg en die regering.
2
, © Copyright reserved/Kopiereg voorbehou At Hattingh ©
DIE KWATERNÊRE SEKTOR
• Def: Intellektuele dienste word verskaf bv. Inligting en
kundigheid met ‘n klem op inligtings- en rekenaartegnologie.
•Sluit in administrasie, inligting en navorsing.
•Dataverwerking, die gebruik van GIS, raadgewing.
•Dit is ‘n baie klein sektor.
EKONOMIESE SEKTORE
HOE SLUIT DIE FAKTORE BYMEKAAR AAN?
1. ‘n Boer verkry wol van skape – primêre aktiwiteit.
2. Die fabriek maak ‘n trui uit die wol – sekondêre akt
3. Die fabriek gebruik spoorweë om die trui na die winkel te vervoer en die winkel verkoop
die trui aan ‘n verbruiker. Die winkel gebruik ‘n bank, en sy perseel en voorraad is verseker.
Dit is tersiêre aktiwiteite.
4. Die winkel stel ‘n rekenaarmaatskappy aan om ‘n GIS te gebruik om te bepaal waar om
nuwe takke oop te maak. Dit is kwaternêre aktiwiteit.
DIE BYDRAE VAN EKONOMIESE SEKTORE TOT DIE SUID -AFRIKAANSE
EKONOMIE
•BBP –-om die grootte van ‘n land se ekonomie te meet.
•BBP en ontwikkeling – As ‘n land hoogs ontwikkel is, is slegs ‘n klein verhouding van die
bevolking in die primêre sektor werksaam terwyl die meerderheid in die tersiêre sektor
werksaam is.
3
, © Copyright reserved/Kopiereg voorbehou At Hattingh ©
EENHEID 2:LANDBOU
INTENSIEWE BOERDERY
Klein grondgebied, naby markte,
Insetvlakke hoog (baie arbeid, geld en water),
Hoë opbrengste van hoëwaardegoedere bv. Blomme, eiers,
groente, klein vrugte
•Klein plase
•Elke stukkie grond word benut
•Arbeidsintensief
•Opbrengs is hoog
•Vb is tonnelboerdery,
•Groente, Eiers ens.
EKSTENSIEWE BOERDERY
•Groot plase, lae insetkoste per ha,
•Opbrengs per ha laag maar totale produksie is hoog,
•Ekstensiewe saaiplase gemeganiseerd, min arbeid.
•Groot Plase
•Nie Arbeidsintensief nie
•Vee boerdery bv in Karoo
•Saaiplase
•Meganisasie vind hier plaas.
BESTAANSBOERDERY –
•Produseer vir eie gebruik,
•Tradisionele boerdery
•Klein opbrengs
•Min kapitaal
•Klein surplus
•Klein plase en landelike oorbevolking.
KOMMERSIËLE LANDBOU –
Produseer vir mark - wins
Moderne boerderymetodes met tegnologie
Groot opbrengs,
Baie kapitaal,
Groot surplus winsgewend,
Bergingsruimte word benodig, masjinerie,
trekkers
4