Afrikaans 2 Junie 2022
Kwartaal 2: Opsommings
Gespook (108+110)
Spoke loop nou
midmiddae in malls
klieng-klak op mekaar se hakke
van Clicks na Woolworths na
Sportman’s Warehouse na
Mugg & Bean
has-beens met donkerbrille
teen buisbestraling
en jy hoor van hulle
as selfone sinjaal
en kasregister kerm
Want nog ‘n spesie
is besteel
van tyd
van wyse
van plek
Neon het die nag geslaan
TV die drome
7/24 is die deure oop
om te koop
geselskap en geluk
Nou loop die spoke
maar midmiddae
in malls
Sien jy hulle ook?
Woordeskat:
Blieng - Blink klere of bykomstigehede
Buisbestraling - Te veel blootstelling aan buisligte
Has – Beens - Uitgediende, afgeleefdes, “verskiete sterre”
Kliek – klak - Geluide van skoene in winkelsentrums
Klieng - Geluid van geld; hier koop
Malls - Winkelsentrums
Midmiddae - In die middle van middae
Neon - Neonligte, neongas in buise vir beligting of advertensieborde
,Sinjaal - Sinjaaleer is die werkwoord. Hier beteken dit ; teken, sein (gee) om iets te
doen of na te laat
Spesies - Verwante plante of diere direk onder die geslag of genus; soort
7/24 - Sewed ae van die week, vie ren twintig uur per dag; d.w.s elke dag die
heeldag, voortdurend
Opsomming:
Die spoke loop deesdae helder oordag, in die middae in die winkelsnetrums rond. Die nagte is nie
Meer donker soos vroer nie, mense droom nie meer nie, want hulle kyk net TV, neonligte skyn die
Heeltyd en die winkels is snags oop. Sien jy ook die spoke in die winkelsentrum?
Vrae en Antwoorde:
1.1 Hoe lyk die “spoke” in die malls?
Hulle dra hakskoene en donkerbrille. Hulle lyk bietjie afgeleef, uitgedien (“has-beens”)
1.2 Wat doen die “spoke”? Noem 6 verskillende dinge
Hulle loop smiddae in die “malls”
Hulle koop blink modeartikels
Hulle besoek Clicks, Woolworths en Sportman’s Warehouse vir alles wat hulle benodig
Hulle eet en drink koffie by Mugg & Bean
Hulle selfone lui en ontvang boodskappe
Hulle laat kasregisters aanhoudend werk
1.3 Watter beskrywings in strofe 1 suggereer kunsmatigheid of oppervlakkigheid?
“klieng hul blieng”
“has-beens met donkerbrille”
“teen buisbestraling”
“selfone sinjaal”
“kasregister kerm”
2.1 Waarvan, dink jy is die mense in strofe 2”besteel”? Beskruf in jou eie woorde drie dinge
Baie tyd word in winkels vermors
Hierdie manier / wyse van doen is … verslawend, leeg
Die omgewing / plek is kunsmatig, onnatuurlik
Die mense word besteel van tyd, goeie tydverdrywe op gesonde plekke
3.1 Watter effek het die TV op mense?
Die TV maak mense se verbeelding en ideale dood
Die mense dink nie meer nie
Alles is reeds daar om waar te neem
3.2 Watter dinge wil mense eintlik koop?
Geselskap
Geluk
3.3 Slaag hulle daarin om vriende en geluk te bekom? Motiveer jou antwoord
Hul ewigdurende gekoop se eintlik dat hulle dit nie kry nie. Dis dus hartseer en ironies
dat hulle dit juis nie kry nie
,4 Wat word bereik met die voorafplasing van “nou” in stofe 4?
Dit skep ‘n idee dat die “geselskap en geluk” tevergeefs nagejaag is en nou loop hulle
maar weer soekend daar rond. Die kopers het spoke wat in die “malls” ronddwaal,
geword – altyd op soek na iets om hulle leegheid te vul
5. Wat word die soort vraag in die slotstrofe genome? Wat wil die digter daarmee bereik?
Dit is ‘n retoriese vraag aan die leser.
Hiermee betrek die spreker die leser by sy satire om ook krities te wees oor
koopverslawing
6. Wat kon die title “Gespook” alles beteken?
Die title Gespook kan op twee dinge dui: Die sukkel om te koop, maar ook op die
dwalende kopers wie se siele nie rus nie, die wat nie in staat is om geluk of geselskap
te koop nie
Niemand skryf meer briewe nie:
Niemand skryf meer briewe nie
met ‘n veer griffie potlood of pen
dis telegramme kits e-posse SMS’e
sel-telefoonoproepe of ‘n faks
intimiteit van die handskrif
hoe ‘n mens verlief kon raak
op skiuns vloeiende sierskrif
Kalligrafie is weg, soos in dood …
Toe verras jy my met jou peperduur
geborduurde silwer sierskrif-liefdesbrief
ek het dit opgeblaas vergroot
dit pronk nou teen my kamermuur
om te weet om dit nooit te vergeet, my lief…
liefde kom nog aangestap in ‘n handgeskrewe brief
Woorverklarings:
Griffie - ‘n Griffie of skryfstif van leiklip, waarmee leerders lank gelede geskryf het op
leie (skryfplaat van leiplaat) wat dan skoon gevee is sodat dit weer daarop
geskryf kan word
Kalligrafie - Die kuns van mooi skryf, pragtige handskrif, ook dikwels sierskrif
Opgeblaas - Om iets te vergroot (‘n Anglisisme vir “blow-up”)
Pronk - Om te spog
Sierskrif - Soort skrif wat baie versier is met krulletjies in die letters, veral die
hoofletters
Veer - In die ou dae het mense die skerpgemaakte punt van ‘n veer (veral van
ganse maar ook van bv. Kraaie) in ink gedruk en daarmee geskryf
, Opsomming van die gedig:
Niemand skryf meer briewe in pragtige handskrif nie, almal verkies deesdae e-posse SMS’e, ens. Toe
verras sy geliefde hom met ‘n pragtige liefdes brief in sierskrif. Hy het die brief vergroot en teen sy
muur opgeplak sodat hy nooit sal vergeet dat die liefde steeds in ‘n handgeskrewe brief na hom
aangestap kan kom nie
Vrae en Antwoorde:
1.1 Nadat jy die strofe 1 gelees het, wat dink jy is die groot verskil tussen die outydse en die
hedendaagse manier van kommunikasie?
Die grootste verskilhet te doen met die tyd. Om briewe met die hand te skryf met ‘n
griffie, ‘n veer’n potlood of ‘n pen, vat baie langer as om dit op ‘n rekenaar of die
selfoon te tik. Dit het weke soms selfs maande geneem voor briewe by hulle
bestemmings uitgekom het – veral as dit per skip gestuur is. Vandag is die verskil
tussen stuur- en ontvangtyd van ‘n boodkskap skaars etlike sekondes
1.2 Met watter kommunikasiemetodes is die outydse skryfmetode vervang?
Dit is vervang met telegramme (alhoewel ook reeds outyds) e-posse, SMS’e,
selfoonoproepe en fakse
2.1 Verduidelik hoe iemand se handskrif intiem kan wees.
Intiem beteken onder andere om iemand baie goed te ken, om baie naby aan iemand
te wees en om ‘n nuwee verbintenis met iemand te he. Elke mens se se handskrif is
uniek en ‘n mens se karakter word dikwels in jou handskrif weerspieel. Jy herken
mense aan hul briewe handskrif. Dit kan ook daarna verwys na dat mense wat briewe
skryf mekaar baie (intiem) leer ken, as wanneer ‘n elektroniese boodskap vining getik
en gestuur word. Dit is natuurlik ook baie meer romanties om ‘n handgeskrewe brief in
‘n koevert met jou naam en address daarop in jou posbus te kry as net nog ‘n e-
posboodskap
2.2 Die spreker raak in strofe 2 nostalagies oor briefskryf. Wat is dit wat die spreker mis?
Die spreker mis die mooi versierde en netjiese skrif, maar ook die persoonlike kontak
wat ‘n brief gebring het. Om ‘n brief in sierskrif vir iemand te skryf, beteken dat die
skrywer baie moeite daarmee gedoen het, wat die leser dit juis soveel meer laat
waaedeur
2.3 Waaraan kan die leser sien dat die leser baie erg is oor kalligrafie
Die spreker vergelyk dit met iets of iemand wat dood is – war beteken sy gaan nooit
weer sien nie. Dit het heeltemal verdwyn
2.4 Dink jy ‘n mens leer iemand beter ken deur ‘n handgeskrewe brief as deur ‘n e-posboodskap?
Motiveer jou antwoord
Ja ‘n mens moet mooi dink wanneer jy skryf, want jy kan nie soos ‘n rekenaar iets
vining uitvee nie. Ink is permanent as jy dus ‘n fout maak moet jy van voor af begin. Of
jy moet dit doodkrap en dan weet die leser hoe jy gesukkel het om presies te skryf wat
jy bedoel.
Nee die inhoud van die briewe bly dieselfde, dit is net die format wat verskil
3.1 Wie is die “jy”?
Dit is die aangesprokene, die spreker se geliefde