Nedersettings en grondgebruik
Wat is n nedersetting?
N nedersetting is n plek- n stuk grond waar n gemeenskap gevestig is
Nedersettings kan op baie maniere ingedeel:
• Permanent
• Tydelik
• Nomadies
Permanente nedersettings
Word met bakstene gebou
Kan nie rondgeskuif word nie
Tydelike nedersettings
Word gehou vir mense wat op permanente huise wag
Sommige van die nedersettings word van sinkplate gebou
Vlugtelingkampe is ook n tydelike nedersetting
Nomadiese nedersettings
Word gebou deur mense wat n kort rukkie op n plek bly voordat hulle na n ander trek op soek
na weiding of vis
Hoewel regerings nomadiese nedersettings ontmoedig, bestaan party steeds, hoofsaaklik
omdat dit deel vorm van die kultuur van die mense wat in die soort nedersetting woon
Lande soos Soedan en Somalie het steeds nomadiese nedersettings
Of nedersettings tydelik, nomadies of permanent is, hulle kan oor die algemeen in stedelike
nedersettings of landelike nedersettings gegroepeer word
Stedelike nedersetting
Daar was altyd groot stedelike nedersettings in afrika, selfs voor kolonialisme
Kolonialisme het egter groot veranderings gebring, soos die ontwikkeling van infrastruktuur en
nywerhede, wat gelei het tot die vinnige toename van sowel verstedeliking as stedelike
ontwikkeling
,Gevolglik is Afrika die gebied wat die vinnigste ter wereld verstedelik, n neiging wat ook op SA
van toepassing is
In 1994 het SA die eerste keer n demokratiese regerig gekry
Hoewel die nuuwe regering apartheidswette afgeskaf het wat oor nedersettinghandel, duur die
nalatenskap van die wette voort
N stedelike nedersetting word gedefineer as n bewolkte plek wat gekenmerk word deur
hoofsaaklik nywerheids-, vervoer-, kulturele en adminstratief-politieke funksies
Grondgebruik in stedelike nedersettings
Stedelike nedersettings word verdeel in grondgebiede of -sones, waar grond vir verskillende
doele gebruik word
Sommige van die grondgebruikgebiede of -sones is die sentrale sakegebied, sones vir ligte en
swaar nywerhede, woongebiede, winkelsentrums, dienste en ontspanning
Apartheid het n bepaalde patroon van grondgebruiksones in stedelike gebiede in SA nagelaat
Sentrale sakegebied
Die sentrale sakegebied (SSG) is die kommersiele en dikwels geografiese hart van n stad of
groot dorp
SSG’s word gewoonlik gekenmerk deur hoe digtheid en verkeersophopings omdat baie mense
daarheen reis om te werk
Kenmerke van n SSG sluit in:
• Hoe grondwaarde
• Vanwee die hoe grondwaarde is geboue gewoonlik hoog en naby mekaar gebou
• Dit is die belangrikste inkoopsentrum: n groot verskeidenheid winkels en
afdelingswinkel word gevind
• Kulturele en vermaaksentrums word in die SSG gevind: teaters, bioskope, klubs en kroee
• Dit is die vernaamste handelsentrum: kantore soos banke, bouverenigings,
versekeringsmaatskappye en staatskantore word in die SSG gevind
• Beperkte hoeveelheid oop ruimtes
• Beperkte getal huise en woonstelle omdat grond so waardevol is
• Parke kan waargeneem word in goed beplande stede
, Nywerheidsgebiede
Ligte nywerhede wat in n stedelike nedersetting gevind word, sluit in die vervaardiging van
klere, skoene, meubels, verbruikerselektronika en huishoudelike toestelle
Dit word naby die SSG aangetref omdat dit die nywerhede naby markte en vervoer plaas
Swaar nywerhede is energie-intensief
Dit is dikwels raserig en veroorsaak besoedeling
Swaar nywerhede in die stedelike nedersetting sluit in die konstruksie van geboue, chemiese
aanlegte, petroleumraffinaderye en aanlegte wat yster en staal vervaardig
Dit is weg van hoe-inkomste-woongebiede gelee, maar naby aan vervoergeriewe
Woongebiede en ontspanning
Woongebiede
Daar is drie soorte woongebiede:
• Hoe-inkomste-woongebiede
• Middel-inkomste-woongebiede
• Lae-inkomste-woongebiede
Hoe-inkomste-woongebiede
Word hoofsaaklik gekenmerk deur hul lae digtheid, groot huise en tuine en tuinuitleg
Dit is die resultaat van sorgvuldige stadsbeplanning, wat verseker dat dit goed uitgele en ruim
is, met uitstekende infrastruktuur en diensteverskaffing van n hoe gehalte
Dit het gewoonlik ook maklike toegang tot noodsaaklike vervoerroetes, soos die wat hulle met
die SSG verbind
In groot dele van Afrika het die koloniale administrateurs in die hoe-inkomste-woongebiede
gebly
Soos wat Afrikalande onafhanklik geword het, beginnende met Ghana in 1957, het die nuwe
regerende elite in die hoe-inkomste-gebiede ingetrek
In SA onder apartheid is swart mense nie toegelaat om in die hoe-inkomste-woongebiede te bly
nie
Eienskappe van hoe inkomste woongebiede:
• Lae digtheid-huise is verder van mekaar af