Poësie
1. Suiwer wiskunde - N.P. van Wyk Louw
2. Vroue van Vermeer - TT Cloete
3. 27 April 1994 - Vincent Olifant
4. dienaar van die nagereg - Patrick J Petersen
5. Die bokser - Ernst van Heerden
6. ‘n Paternoster vir Suid-Afrika – Lina Spies
7. Elegie vir my toekomstge vrou - André Letiot
8. Maaltyd - Peter J. Philander
9. Tsunami - Kobus de Wet
10. Op sy branderplank - Petra Müller
11. Briefie aan Madiba – Sandra O’ Kelly
12. Susan Boyle – Kobus Grobler
, Suiwer wiskunde
- N.P. van Wyk Louw
1. Die uurwerk kantel. En die ligbruin by
2. hang roerloos voor die blom wat nooit bevrug
3. word, nooit sal saadskiet, welk, en nooit verby
4. hierdie verstarde uur sal groei. Die lug
5. het stil soos ys gaan staan, so wit en blou.
6. Die brander wat wou oorbuig, val, en skuim,
7. bly in sy ligte sirkels vasgehou
8. en moet sy see 'n ewigheid versuim.
(Uit: Nuwe Verse, Tafelberg, 1954)
, TITEL
• “suiwer” – skoon Wiskunde
o WAT: “ ‘n Wetenskap wat die eienskappe van getalle en
figure ondersoek.”
o word verdeel in “suiwer” (meetkunde, algebra en
rekenkunde) en “toegepaste” (dinamika, sterrekunde,
optika en elektrisiteit) wiskunde.
• “Suiwer wiskunde” is uitsluitlik gerig op die abstrakte én die
bereik van hipoteses.
Suiwer wiskunde
DUS
Hier word gewerk met ‘n Wiskundige hipotese:
• Dat die gewone, chronologiese voortgang van tyd gestop
kan word.
• Die titel dui daarop dat die stolling van tyd net ‘n
wiskundige hipotese is en nie werklik kan bestaan nie.
• Is dit moontlik? Kan die Wiskundige hipotese bewys word?
Is dit ‘n “suiwere” hipotese?
STROFE 1
1. • Uurwerk” : Definisie - Die meganisme van ‘n horlosie.
• “kantel”: Definisie –omwentel/omval.
• “Die uurwerk kantel”: Die meganismes van die horlosie
word teruggedraai.Die sand in die uurglas loop nie meer
nie.
• Die tyd stol dus.
Die uurwerk kantel
• Aparte sin: Bepaal die hipotese – dit wat suiwer Wiskundig
getoets gaan word, naamlik – Kan tyd stol?
• Sluit by ander woorde:
o “hang roerloos” r.2
o “verstarde uur” r.4
o “stil...gaan staan” r.5
2. • ‘’En”: Verduideliking gaan volg van hoe die hipotese
getoets word.
• “die ligbruin by”: Normale, alledaagse diertjie, maar…
groot impak op die lewe.
- nektar versamel (voedselvoorraad, sekuriteit vir die swerm
se voortbestaan)
- blom bevrug (nie doelbewus)
• Bye dra by tot 60% van die bestuiwing van groente en
En die ligbruin by
vrugte wat vandag bestaan – indien die tyd stol (of bye
hang roerloos voor die blom
uitsterf) sal die bevrugting nie plaasvind nie. Dit impliseer
wat nooit bevrug
geen groente en vrugte vir mense nie!
word
• Halfrym/b-alliterasie in strofe 1: “ligbruin”, “by”, “blom”,
“bevrug”
o Beklemtoon die belangrike rol wat die by in die
bevrugtingsproses het – verdwyning van bye sal die
einde van lewe op aarde beteken.
• “hang roerloos”: Sonder beweging – Die tyd stol dus en die
by kan nie die blom bestuif, sodat dit kan ontwikkel nie.
, • “wat nooit bevrug word,”: Die blom sal dus nooit bestuif
word nie - tyd het gestop.
• “bevrug” lei tot “saadskiet” r.3 (erotiese beelde waarmee
die lewende aspek beklemtoon word)
• Stylfiguur – Kontras: “blom” teenoor “nooit bevrug word”:
Die lewe word deur die “blom” voorgestel, maar hier word
dit in kontras met ‘n blom wat verwelk/nooit bevrug word
nie, gestel.
• Stylfiguur – Simboliek: Die blom stel simbolies die lewe
voor en as dit “nooit bevrug” word nie, stel dit simbolies die
dood/ verganklikheid voor.
• As tyd stol, verval enige moontlikheid van lewe.
• Hipotese wat deur suiwer Wiskunde getoets wil word >>
Kan tyd gestol word?/Kan die dood gestop word?
Antwoord: Dit kan egter nie plaasvind nie. Die siklus van
die lewe kan nie gestop word nie – Alle lewe ontwikkel en
gaan uiteindelik dood.
3. • Retoriek van die woord “nooit”: Beklemtoon dat geen
ontwikkeling gaan plaasvind nie.
• Halfrym/s-alliterasie: “sal saadskiet”
o Beklemtoon die aksie dat saad lei tot bevrugting.
o Beklemtoon die voorplanting/bevrugting gaan nie
nooit sal saadskiet, welk, plaasvind nie.
• “saadskiet”: Koppel wel aan die erotiese: Slegs deur
bevrugting vorm daar nuwe lewe.
• welk – verwelk / verlep (nie doodgaan nie – tyd staan stil) (In
proses van saad en tot nuwe lewe kom, is die dood ook
vanselfsprekend en noodsaaklik.)
4. • “en”: Voegwoord – die verduideliking waarteen die
hipotese getoets word, gaan voort.
• Retoriek van “nooit”: Beklemtoon dat die blom nooit gaan
groei nie.
• “verby”: Die moontlikheid van bevrugting is verby. Die by
bestuif nie, so die kant van ontwikkeling van die blom is
verby.
• Rym: “by” koppel met “verby”: Beklemtoon dat die
geleentheid vir bevrugting verby is.
en nooit verby
• “hierdie”: Op hierdie oomblik
hierdie verstarde uur sal
• “verstarde”: Definisie –geen beweging nie.
groei.
• Stylfiguur – Kontras: “verstarde” teenoor “groei” – “verstar”
beteken om stil te staan en “groei” impliseer beweging.
• “nooit verby… verstarde… groei”: Impliseer, as die by die
blom nie bestuif nie, sal dit vir ewig stilstaan.
• “verstarde uur”: Stilstaande uur - koppel aan r. 1 “uurwerk
kantel” – Die tyd staan stil.
• Beeldspraak – Personifikasie: “verstarde uur” – ‘n Mens
staan verstar, maar hier verwys dit na die objek van tyd wat
stil word.
STROFE 2
5. Die lug • “Die lug”: Impliseer die kleur van blou. Koppel aan r. 5
“blou”.