1
AARDRYKSKUNDE GR 8
Kwartaal 3
ONDERWERP 3:
NEDERSETTINGS (AFRIKA MET ‘N FOKUS OP SUID-AFRIKA)
Sleutelwoorde:
- Nedersetting: ‘n plek waar mense bly
- Landelike nedersetting: ‘n nedersetting in die platteland ver van ‘n dorp of stad, dit kan ook
‘n plaas wees
- Stedelike nedersetting: ‘n nedersetting wat opgebou is, soos ‘n dorp of ‘n stad
- Vooruitskatting: beteken na raming en wat geprojekteer word (bv. Wat geograwe voorspel
die bevolking gaan wees in die toekoms)
- Opknap: beteken om ‘n ou gebou reg te maak sodat dit beter lyk en weer funksioneel is
- Besoedeling: vuil en soms giftige stowwe wat mense in die lug, water en grond versprei
- Dienste: is iets wat mense nodig het, bv elektrisiteit, water, skoolopleiding en mediese sorg
- Mall: ‘n groot inkopiesentrum
- Ontspanning: aktiwiteite wat mense doen vir pret en stresontlading bv sport, fliek
- Primêre aktiwiteite: is waar mense op en met die grond of see werk waar hulle natuurlike
hulpbronne onttrek, bv. Boerdery, bosbou, mynbou, jag en vissery
- Migreer: van jou huis af weg te gaan om werk te soek
- Saamgebondel: saam in groepe
- Kernagtig: saam in groepe
- Geïsoleer: (afgesonder) ver weg van ander plekke en mense
- Verspreid: uitgesprei, ver weg van mekaar
- Kraal: ‘n toegespande, veilige area om lewende hawe soos beeste, skape, bokke aan te hou
- Dorpie: saamgegroepeerde plaasagtige huise en ander geboue in ‘n landelike area
- Landbou: boerdery met gewasse en diere
- Tegnologie: moderne masjinerie en toerusting wat op plase gebruik word
- Kontantgewasse: gewasse wat geplant word om verkoop te word
- Monokultuur: plant en groei van net een gewas
- Mynbou: neem waardevolle minerale uit die grond, bv. Steenkool, goud, diamante
- Steengroef: minerale en klip word hier uit die grond gegrawe
- Minerale: ‘n substansie wat in klip gevind word (kan gemyn word as dit bruikbaar is)
- Bosbou: plant en kweek van bome op grootskaal om die hout te verkoop
Aardrykskunde Gr 8 Kwartaal 3
, 2
EENHEID 1
NEDERSETTINGS EN GRONDGEBRUIK
Stedelike nedersettings
Wie bly waar?
- Ongeveer 7 biljoen mense op die aarde
- Elkeen leef in ‘n tipe nedersetting
- Bv
o Groot stede
o Klein plaasdorpies
o Familiegroepe
- Landelike nedersetting:
o Platteland ver weg van die stad of dorp
o Meeste mense werk op lande
- Stedelike nedersetting:
o Groot opgeboude plekke bv dorpe / stede
o Werk in verskillende plekke
Bv winkels, banke, hospitale
Verskille tussen landelike en stedelike nedersetting
- SA in 2012
o Totale bevolking 51,77 miljoen
o 32 miljoen woon in stedelike gebiede
o 62% dus in stedelike gebiede
- Sekere lande woon min mense in stedelike gebiede en ander lande meer mense in stedelike
gebiede
Lande met klein stedelike bevolking Lande met hoë stedelike bevolkings
Burundi 11% Singapoer 100%
Uganda 13% België 97%
Malawi 19% Australië 89%
Aardrykskunde Gr 8 Kwartaal 3
, 3
Stede
Wêreld se top Tokio Mexiko- New Moembaai Jakarta Sao Delhi Sjanghai Mannika Kolkata
tien stede: Japan stad York VSA Indië Indonesië Paulo Indië China Fillipyne Indië
2012 en 2025 Mexiko Brasilië
(vooruitskattin)
Bevolking: 36,5 20,5 19.8 19,2 18,9 18,9 18,7 16,7 16,3 15,7
2012 (miljoen)
2015 (miljoen) 36,5 23 20,6 26,4 32 21,4 22,5 19,4 29 20,6
Veskillende bronne gee verskillende bevolkingsgetalle vir stede,
o Dink hoekom dit so sal wees?
Grondgebruik binne stedelike nedersettings
Funksies van stede, en wat stede mense bied
- Stedelike nedersettings gebruik verskillende stukke grond vir verskillende doeleindes
- BV:
Indiensneming:
Winkelassistent
Taxibestuurder
Bankbestuurder
Fabriekswerker
Handelaar op sypaadjies
Woonplek: plekke om te woon
Hoëblok – woonstelle
Informele huise
Meenthuise
Groot voorstedelike huise
Straatbewoners
Vermaak en ontspanning: sport, leer en pret
Fliek, teater
Gymnasium
Musiek
Kunsgalery
Biblioteke
Restaurant
Klubs
Dienste:
Dokter
Tandarts
Tradisionele geneser
Haarkapper
Aardrykskunde Gr 8 Kwartaal 3