100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary Gr 11 Lewensoriëntering November Notas R98,00   Add to cart

Summary

Summary Gr 11 Lewensoriëntering November Notas

 3 views  0 purchase
  • Course

Graad 11 Lewensoriëntering vir November eksamen is saamgestel deur gebruik te maak van 2019 – 2021 SACAI vorige eksamenvraestelle. Die notas is kompak, kleurvol en maklik om te leer. Dit gee moontlike antwoorde direk uit die memorandums en maak dit so perfek vir leerders met leerhindernisse of w...

[Show more]

Preview 4 out of 46  pages

  • November 11, 2023
  • 46
  • 2023/2024
  • Summary
  • 11th Grade
  • Unknown
  • 200
avatar-seller
ansiestudynotes
1



LEWENSORIËNTERING
GRAAD 11
NOVEMBEREKSAMEN
2023

Hierdie notas is saamgestel deur ou vraestelle. SACAI Junie & Nov 2019, 2020, 2021

LET WEL: Daar is ander moontlike antwoorde wat ook aanvaar kan word. Hierdie is net
voorgestelde antwoorde vanuit die memorandums.




1. ONTWIKKELING VAN DIE SELF IN DIE SAMELEWING
1.1 Doelwitte en doelwitstelling
Langvraag (SACAI Jun 2019 & 2021)




Goue Reëls om doelwitte te stel
As jy wil slaag, moet jy doelwitte stel. Sonder doelwitte verloor jy fokus
en rigting. Om doelwitte te stel, stel jou nie net instaat om beheer oor
jou lewe se koers te neem nie; dit bied jou ook 'n maatstaf om te
bepaal of jy werklik suksesvol is. Dink daaraan:
Om 'n miljoen Rand in die bank te hê, is slegs ‘n bewys van sukses as
dit een van jou doelwitte is om rykdom te verkry. As jou doel is om
liefdadigheidsdade te beoefen, is dit skielik teenstrydig met hoe jy
sukses sou definieer. Om jou doelwitte te bereik, moet jy egter weet

, 2


hoe om dit te stel. Jy kan nie eenvoudig sê, "Ek wil" en verwag dat dit
sal gebeur nie. Om doelwitte te stel is 'n proses wat begin met
noukeurige oorweging van wat jy wil bereik, en eindig met baie harde
werk om dit werklik te behaal.
(Bron: http://bit.ly/2GGKOFd)




Tipes doelwitte
Korttermyndoelwitte - is om by ’n sokkerklub aan te sluit. Dit is ’n doelwit wat binne ’n
week tot ’n maand of paar maande bereik kan word.
Mediumtermyndoelwitte - Hierdie soort doelwit kan binne ses maande tot ’n jaar
bereik word.
Langtermyndoelwitte - Hierdie soort doelwit is iets wat oor ’n langer tydperk bereik wil
word (of: het te doen met planne vir die toekoms
Die rede waarom dit belangrik is om doelwitte te stel en te illustreer oor hoe
uithouvermoë en prioritisering kan bydra om jou doelwitte te bereik.
• Doelwitstelling stel jou in staat om op jou idees te fokus.
• Doelwitstelling help jou om dit wat jy wil bereik, te visualiseer.
• Doelwitstelling help jou om jou prioriteite te identifiseer.
Uithouvermoë help jou om die taak te voltooi al raak dit hoe moeilik. Prioritisering
beteken om eerste aan die die belangrikste doelwitte te werk, want hulle kan langer
neem om te verwesenlik.
Die SMART tegniek
S Spesifieke Sekere inligting word benodig om die doelwit te spesifiseer,
soos: Wat presies? Wanneer? Hoe?
M Meetbare Die doelwitte wat jy stel, moet meetbaar wees.
A Achievable Dit moet moontlik wees om jou doelwit te bereik.
(haalbaar)
R Relevante Jou doelwit moet relevant wees tot wie jy is en wat jy in die
lewe wil bereik.
T Tydgebonde Daar moet ‘n teikendatum vir doelwitte wees.

, 3


Prioritisering beteken om ’n lys van pligte en verpligting te evalueer en dit volgens
belangrikheid of dringendheid te rangskik en te doen
Voordele van prioritisering
• Die fokus is op die belangrikste saak wat help dat daar nie onnodige aandag
aan ander dinge gegee word wat tyd sal steel nie.
• Daar is ’n gevoel van kalmte, met die wete dat dit wat werklik belangrik is,
aandag geniet.
• Daar is doeltreffende tydsbetuur, want tyd word nie aan onnodige en minder
belangrike sake bestee nie.
• ’n Gevoel van bevrediging, want jy weet jou pogings was lonend en dit lei tot
verdere motivering.



Opstelvraag (SACAI Nov 2021)




Die rede waarom ’n spanleier ook ’n goeie
onderhandelaar moet wees
• ‘n Spanleier moet met hul spanlede kan
onderhandel sodat hulle die leier se visie deel,
gemotiveerd is om dieselfde doel na te streef
en om die beste moontlike resultate te behaal. / kan konflik
verminder/oplos/vermy
• ’n Spanleier moet ook met borge kan onderhandel om sekere voorregte en
voordele vir die span te bekom
Eienskappe van ’n doeltreffende spanleier
Goeie kommunikasie ‘n Goeie spanleier moet baie seker maak dat hulle hul
boodskap/instruksies baie duidelik oordra sodat elke
spanlid verstaan wat presies van hulle en die span
verwag word. / kan konflik verminder/oplos/vermy
Doeltreffende ’n Goeie spanleier behoort hul spanlede se vermoëns te
organisasievaardighede ken sodat hulle take daarvolgens kan delegeer. Stel

, 4


doelwitte vir individuele spanlede sodat span
spandoelwitte as 'n eenheid kan bereik


Die belangrikheid van wedersydse respek tussen ’n spanleier en hul span.
• Die spanleier moedig die spanlede aan om insette te lewer en respekteer
almal se idees en bydraes.
• Indien die spanlede voel hul word gerespekteer, sal hul respek vir die leier
toeneem.
• Die spanlede sal toenemend na die leier opsien vir leiding en raad.
• Die entoesiasme vir die projek sal toeneem en almal sal hul bes wil doen en
wil saamwerk om suksesvol te wees
“Billike optrede” van ’n spanleier
• ’n Spanleier moet altyd konsekwent optree sodat geeneen van hul spanlede
voel hul word nie billik behandel nie.
• Alle spanlede moet op presies dieselfde manier behandel word.
Soorte mag (magsbasisse) waaroor ’n geliefde en gerespekteerde spanleier sal
beskik.
Kundige mag en referente mag
• (Deskundige mag is wanneer 'n
individu oor in-diepte inligting,
kennis of kundigheid beskik in
die area waarvoor hulle
verantwoordelik is.)
• (Verwysende/Referente mag
word gedefinieer as iemand
wat "invloed oor ander het,
verkry deur goedgesind of
gerespekteer te word deur
hulle.")

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through EFT, credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying this summary from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller ansiestudynotes. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy this summary for R98,00. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

76669 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy summaries for 14 years now

Start selling
R98,00
  • (0)
  Buy now