1
Geskiedenis
Vraestel 2
Novembereksamen
Graad 11
2023
Hierdie notas is saamgestel met behulp van vorige eksamenvraestelle: SACAI NOV 2019, SACAI NOV
2020, SACAI NOV 2021
LET WEL: Sommige inligting word herhaal, maar ek het dit aangeheg sodat jy die verskillende maniere
waarop vrae / bronne aangebied kan word, kan sien. Sterkte. Juffrou Ansie.
Nasionalisme: Suid-Afrika, die Midde-Ooste en
Afrika
1. HOE HET SWART NASIONALISME POLITIEKE GROEI ONDER SWART SUID-AFRIKANERS
BEÏNVLOED? SACAI NOV 2019
BRON 1A: Die volgende bron verwys na die veranderinge in die ANC, wat as die SANNC in 1912 begin
het. Die verkiesing van Dr Alfred Bitini Xuma as President van die ANC verteenwoordig ’n beslissende
breek met die ou, vervelige, konserwatiewe leierskap wat die ANC na ’n doodloopstraat gelei het. Onder
Xuma se leierskap, is die ANC geherstruktureer sodat dit baie meer suksesvol en polities effektief geword
het. Na Xuma se hervormings was die ANC beter in staat om op die uitdagings van die Afrika werkersklas
se ontevredenheid te reageer. Xuma en sy vennote het aan ’n nuwe konstitusie vir die ANC gewerk wat in
1943 geïmplementeer is. Die nuwe konstitusie het die bevoorregte posisie van hoofde binne die ANC
geskraap, gelyke status aan vroue lede gegee wat die weg gebaan het vir die vorming van die ANC-
Vroueliga in 1948-en baie belangrik, die mag in die organisasie gesentraliseer het met ’n vyfledige
uitvoerende komitee. Dit het nie alleen beplanning, beleidsformulering en die uitvoer van politieke
strategieë meer effektief gemaak nie, maar het ook chaotiese provinsiale faksies gestaak. Baie is gedoen
om die finansies van die organisasie te verbeter, nuwe lede te werf en hul takke se strukture te herbou.
Xuma het ook voltydse organiseerders gehuur en bande gebou mat organisasies soos die Kommunistiese
Party en die Suid-Afrikaanse Indiese Kongres (SAIK) … (Vrylik vertaal: Every Step of the Way.)
, 2
Bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die ANC veranderings ingestel het.
“Die verkiesing van Dr Alfred Bitini Xuma as President van die ANC
verteenwoordig ’n beslissende breek met die ou, vervelige, konserwatiewe
leierskap wat die ANC in ’n doodloopstraat gesit het.”
“Onder Xuma se leierskap, is die ANC struktureer sodat dit baie meer suksesvol
en polities effektief geword het.” “Na Xuma se hervormings was die ANC beter
in staat om op die uitdagings van die Afrika-werkersklas se ontevredenheid te
reageer.”
“Xuma en sy vennote het aan ’n nuwe konstitusie vir die ANC gewerk wat in 1943
geïmplementeer is.
Die redes waarom dit nodig was vir die ANC om te herstruktureer gedurende die 1940’s.
Die ANC het baie jare gelede in 1912 begin.
Onbevoegde leierskap.
Dit kon nie die werkersklas se ontevredenheid aanspreek nie
Die veranderinge wat Xuma binne die ANC in plek gestel het
Dit het ’n nuwe konstitusie in plek gestel.
Dit het die bevoorregte posisie van hoofde in die ANC geskraap.
Gee gelyke status aan vroulike lede.
Gesentraliseerde mag in die ANC
, 3
BRON 1B: Hierdie uittreksel fokus op die verskillende redes vir die vorming van die ANC-Jeugliga. Een
aand in 1943 het ek in Walter Sisulu se huis vir Anton Lembede en AP Mda ontmoet. Van die oomblik
wat ek Lembede hoor praat het, het ek geweet dat ek met ’n magnetiese persoon wat oorspronklik
dink en wat dikwels nuwe maniere geïnisieer het, te make het. Hy was een van ’n handvol Afrikaan-
prokureurs in die hele Suid-Afrika en was die regsvennoot van Dr Pixley Seme, een van die stigters van
die ANC. Lembede het verklaar dat daar ’n nuwe gees onder die mense was, dat etniese verskille besig
was om weg te smelt, dat jong manne en vroue eerstens begin dink het aan hulself as ’n Afrikaan, nie
as ’n Xhosa, of ’n Tswana nie; dit het iets in my wakker gemaak... Baie het gevoel, miskien onregverdig
so, dat die ANC as ’n geheel gereserveerd geraak het vir ’n moeë, nie-militante, bevoorregte Afrikaan-
elite, meer besorg oor hulle eie regte as die van die massa. Die algemene konsensus was dat daar
oorgegaan moet word tot aksie en Dr Majombozi het die vorming van ’n Jeugliga voorgestel as ’n
manier om nuwe lewe in die ANC-leierskap te blaas. Die werklike stigting van die Jeugliga het op Paas
Sondag in 1944 by die Bantoe-Mans Sosiale Sentrum in Eloff Straat, plaasgevind. Daar was omtrent ’n
honderd man daar, sommige as so vêr as van Pretoria. Jordan, Ngubane, AP Mda en William Nkomo het
toesprake gelewer en die opkoms van Afrikaan-nasionalisme benadruk. Takke het gou in al die
provinsies ontstaan. Die primêre doel van die Jeugliga was om rigting te gee aan die ANC se soeke na
politieke vryheid…. (Vrylik vertaal uit Nelson Mandela se boek: Long walk to Freedom)
Afrika Nasionalisme
Afrika-nasionalisme word ook Pan-Afrikanisme genoem; dit is ’n politieke beweging vir
die eenheid van Afrika, werk vir selfbeskikking en poog om die identiteit van Afrikane te
beskerm.
Wat die redes was vir die vorming van die ANC-Jeugliga.
➢ Om die jeug by politieke aktiwiteite te betrek.
➢ Om die vervelige leierskap op ’n nuwe spoor te plaas. (vuur te maak)
➢ Om nuwe rigting aan die ANC te gee/ vergroot die vryheidstryd
Hoe die vorming van die ANC-Jeugliga bewys is van groeiende Swart nasionalisme in
Suid-Afrika.
➢ Die jeug was betrokke by die vryheidstryd.
➢ Die vorming het die groeiende gees van Afrika-nasionalisme benadruk.
➢ Takke is in al die provinsies gestig
Die bron as betroubaar
, 4
➢ Nelson Mandela, wat deelgeneem het aan die vorming van die Jeugliga se
woorde word gebruik.
➢ Baie feite, name en datums is gebruik – dit kan geverifieer word.
➢ Die inligting kom ooreen met ander bronne
BRON 1C: Die volgende is die voorblad van die “Guardian” koerant, 9 Maart 1950.
Die opskrif: “Hy word wakker” = Swart nasionalisme OF Swartes wat wou deelneem aan
die stryd.
“klein manne” = Polisie. OF Veiligheidspolisie
Die boodskap wat die spotprent uitbeeld
➢ Swartnasionalisme groei in Suid-Afrika.
➢ Die Apartheidsregering kon nie langer swart weerstand onderdruk nie
Bewys deur jou kennis te gebruik dat “hy” inderdaad besig was om wakker te word.
➢ Die baie maniere van weerstand - stakings.
➢ Die vorming van ’n nuwe organisasie soos die Jeugliga.
, 5
BRON 1D: Hierdie is ’n uittreksel van die manifes van die ANC-Jeugliga. Die stigting van die
African National Congress-Jeugliga is ’n antwoord en versekering aan die kritici van die nasionale
beweging dat die Afrikaan jeug nie die stryd en die opofferings van hulle vaders sal toelaat om
vergeefs te wees nie. Ons vaders, ons sorg dat ons beter toegerus is wanneer ons tyd kom, dat ons
sal begin en aangaan waar hulle opgehou het. Die stigting van die Liga is ’n poging van die kant van
die jeug om aan die Congress ’n ware nasionale karakter te gee. By hierdie kragsentrale sal die Liga
’n koördinerende agent van alle jeugdige magte wees wat vir die opkomende populêre politieke
bewussyn staan en wat onderdrukking en die reaksie daarteen beveg. Dit sal mense polities oplei
deur sy energie te fokus op die Afrikaan se tuisfront om alle groepe van ons mense Congress-
denkers en nasie bewus te maak. (Vrylik vertaal uit die manifes van die ANC-Jeugliga)
’n Manifes = ’n Openbare verklaring van beleid en doelwitte.
Die doel van die ANC-Jeugliga
➢ Om die stryd voort te sit wat in 1912 deur die ANC begin is.
➢ Om aan die Kongres ’n ware nasionale karakter te gee.
➢ Om ’n koördinerende agent te wees vir alle jeugdige magte wat teen
onderdrukking wil veg.
➢ Om mense polities op te lei.
➢ Om mense Congress-denkers en nasie bewus te maak
Gebruik bronne 1A,1B en 1D om te verduidelik hoe die bronne mekaar ondersteun
aangaande die veranderinge binne die ANC.
➢ Al DRIE bronne dui aan dat die ANC verouderd was en veranderinge nodig
gehad het.
➢ Al DRIE bronne handel oor die herstrukturering van die ANC.
➢ Al DRIE bronne handel oor die uitbreiding van die lidmaatskap van die ANC.
Gebruik bronne 1B en 1D om te verduidelik hoe die bronne mekaar ondersteun
aangaande die doelwitte van die ANCJL.
➢ Beide bronne is oor om die ANC meer lewe te gee.
➢ Beide bronne dui op ’n meer nasionale karakter wat alle provinsies insluit
, 6
Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou kennis en skryf ’n paragraaf van
ongeveer 15 reëls ter verduideliking van hoe Swart nasionalisme Suid-Afrika in die
1940’s beïnvloed het. SACAI NOV 2019
➢ Daar was ’n breek met die ou leierskap van die ANC. (bron 1A)
➢ Baie is gedoen om nuwe lede te werf. (bron 1A)
➢ SANNC is in 1912 gestig deur die plaaslike geleerdes of ‘elite’ – dit was nou tyd
vir groei. (Eie Kennis)
➢ Baie het gevoel dat die Afrika elite hulle eie regte beskerm het en nie die van
die massa nie. (bron 1B)
➢ Brei uit met die Jeugliga en die Vroueliga. (bronne 1A, B)
➢ Met die vorming van die Jeugliga is die groeiende gees van
Afrikanasionalisme benadruk. (bron 1B)
➢ Lembede het verklaar dat daar ’n nuwe gees is onder die mense. (bronne 1B
en C)
➢ In die laat 1940’s, 1950’skon die polisie nie langer die ontevredenheid van
swart mense suksesvol onderdruk nie. (bron 1C)
➢ Die Jeugliga was ’n koördinerende agent vir alle jeugdiges wat teen die
onderdrukking veg. (bron 1D)
HOE HET SWART NASIONALISME IN SUID-AFRIKA ONTWIKKEL? SACAI NOV 2020
BRON 1A: Die ontstaan van die ANC Die organisasie is aanvanklik op 8 Januarie 1912 as die South
African Native National Congress (SANNC) in Bloemfontein gestig met die doel om vir swart Suid-
Afrikaners se regte te veg. Die organisasie is in 1923 na die African National Congress (ANC) herdoop.
Terwyl die organisasie se vroeë periode gekenmerk is deur politieke traagheid weens magstryde en
’n gebrek aan hulpbronne, het die toenemende onderdrukking en verskansing van die wit
minderheidsregering die party ook geteister. As gevolg van die ontstaan van apartheid, die afkeur
van swart mense se protesaksies en die brutale onderdrukking van politieke aktiviste, het die ANC in
1961 saam met die SAKP ’n militêre vleuel, Umkhonto we Sizwe (Die Spies van die Nasie/MK) gestig.
(Vrylik vertaal: https://bit.ly/3eE46Zm | Toegang verkry op 5 Februarie 2020)
, 7
Die ANC vroeër bekend gestaan as = Die South African Native National Congress
Die ANC se doel = Veg vir die regte van swart Suid-Afrikaners
“apartheid” = In Suid-Afrika ’n beleid van segregasie of diskriminasie op grond van ras
Die probleme wat die ANC in hul vroeë bestaansjare ervaar het.
➢ Interne magstryd.
➢ Gebrek aan hulpbronne.
➢ Toenemende onderdrukking.
➢ Verskansing van wit minderheidsregering
SAKP = Die Kommunistiese Party van Suid-Afrika
Waarom Umkhonto we Sizwe gevorm is.
➢ Die brutale onderdrukking van politieke aktiviste.
➢ Die apartheidsregime se geweld teenoor swart mense.
➢ Niegewelddadige aanslag misluk.
➢ Die ANC en ander anti-apartheidsorganisasies was onwettig
BRON 1B: Afrika-nasionalisme in Suid-Afrika As ’n algemene definisie kan Afrika-nasionalisme in
Suid-Afrika breedvoerig gesien word as al die politieke aksies en ideologiese elemente wat Afrikane se
status, regte en posisie in die ontluikende gemeenskap van wit inbraak en oorname teenstaan.
Afrikanasionalisme in Suid-Afrika aanvaar ook die konsep van Pan-Afrikanisme, ’n moderne verskynsel
wat probeer om ’n nasie binne ’n spesifieke geografiese area te bou. Afrika-nasionaliste se ideaal vir
Suid-Afrika was ’n multikulturele en demokratiese gemeenskap, d.w.s. die breedste en mees
inklusiewe soort nasionalisme – met gelykheid en billikheid; dit wil ’n einde bring aan diskriminasie,
ongelykheid en die grense wat op kleur gebaseer is. Afrika-nasionalisme wou al die inheemse groepe
in die stryd om vryheid teen rassisme en diskriminasie verenig, wat mettertyd ontwikkel het in
veranderende omstandighede in ’n inklusiewe Suid-Afrikanisme. Die belangrikste vertakking het in die
nasionalisme van die ANC ontwikkel, wat die opbou van ’n veelrassige, nie-seksistiese, demokratiese
samelewing beteken het. (Vrylik vertaal: https://bit.ly/3do5hfq | Toegang verkry op 12 April 2020)
, 8
“Pan-Afrikanisme” = Afrika-nasionalisme word ook Pan-Afrikanisme genoem; dit is ’n
politieke beweging vir die eenheid van Afrika, werk vir selfbeskikking en poog om die
identiteit van Afrikane te beskerm
Vergelyk bron 1A en bron 1B met mekaar. Beide bronne noem die ANC. Beide bronne
impliseer rassisme en diskriminasie in Suid-Afrika
BRON 1C: Die invloed van Swart Nasionalisme Daar is ook leiers wat die roete van swart nasionalisme
volg. Hulle wil alle swart mense en in wese alle Suid-Afrikaners verenig, ongeag etniese agtergrond, in
die stryd teen die apartheidsregime. Hulle glo dat etniese bewussyn tydens die stryd sal uitsterf.
Sommige swart nasionalistiese organisasies is veelrassig (sluit ook wittes, kleurlinge en Indiërs in), soos
die African National Congress (ANC) en die United Democratic Front (UDF). Ander is slegs vir swart
mense, soos die Azanian People’s Organisation (AZAPO). Alhoewel swart nasionalisme vir ’n lang tyd al
bestaan het (die ANC is in 1912 gestig), het dit ’n belangrike polsslag gevind in die idee van
Swartbewussyn, wat grootliks deur Steve Biko in die 1970’s uitgelê is. Biko se standpunt was dat swart
mense (waarby hy alle onderdrukte groepe ingesluit het, insluitend kleurlinge en Indiërs) vir generasies
onderwerp was aan die mees ekstreme vorm van sosiale, politieke en ekonomiese onderdrukking. Die
gevolg was dat die swart man daarby berus het; hy het “’n os wat die juk van onderdrukking met
skaapagtige bedeesdheid gedra het”, geword. Wat hy moes doen, is om hom daarvan bewus te maak en
hom te laat sien dat hy nie minderwaardig is teenoor die wit man nie. Hy kan trots wees op homself en
sy kulturele agtergrond. Die uiteindelike doelwit van Swartbewussyn is die bevryding van swart mense
en die verkryging van Swart Eenheid; “Ons word onderdruk, nie as individue nie, nie as Zoeloes, Xhosas,
Vendas en Indiërs nie. Ons word onderdruk omdat ons swart is.” (Vrylik vertaal: https://bit.ly/3gJ44Bi | Toegang verkry op 12
April 2020)
Veelrassige nasionalistiese organisasies = ANC en UDF
Dink jy, as jy die bron ingedagte hou, dat swart nasionalisme in Suid-Afrika eenheid
bevorder het?
Ja
➢ Dit sluit die onderdrukte groepe in Suid-Afrika in.
➢ Dit verenig alle nie-wit mense teen apartheid.
Nee
➢ Suid-Afrika was verdeeld tussen dié wat apartheid ondersteun het en dié wat
daarteen gekant was.
➢ Sommige swart nasionalistiese organisasies was veelrassig en ander was slegs vir
swart mense
“Wat hy moes doen, is om hom daarvan bewus te maak ...”?
Die swart man moet bewus gemaak word dat hy mishandel word. Die swart man moet
sy eie waarde besef en trots wees