100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary DRAMA: MIS R159,07   Add to cart

Summary

Summary DRAMA: MIS

 57 views  2 purchases

DRAMA: MIS Hulpbronne: X-Kit Presteer Studiegids Om die aarde aangehaal en ander gedigteo Impaq Gr. 12 Letterkunde Handleiding Impaq aanlyn klasse vir Gr. 12 EC/ (SEPTEMBER 2014) DBE/November 2013

Preview 4 out of 53  pages

  • January 3, 2024
  • 53
  • 2023/2024
  • Summary
All documents for this subject (488)
avatar-seller
ansiestudynotes
DRAMA: MIS
Hulpbronne:

X-Kit Presteer Studiegids Om die
aarde aangehaal en ander
gedigteo Impaq Gr. 12 Letterkunde
Handleiding Impaq aanlyn klasse vir
Gr. 12

https://www.facebook.com/watch/?v=
1259358481251454
EC/ (SEPTEMBER 2014)
DBE/November 2013




INHOUD
RUIMTE 1
TYD 2
SPANNING 3
BOTSING 9
KARAKTERS 13
SIMBOLE EN METAFORE 22
LANGVRAE:
Die rol van Konstabel in die verhaal 31
Die titel “MIS” 32
Herhalende elemente en natuurbeelde 35
Gabriël & Konstabel 36
Meisie en Gertie 38
Meisie 39
Hooftema van MIS 43
Die onderskeie ruimtes 44
Tydsaanduidings 46
Ruimte 47
Meisie ervaar konflik in die drama 49

, 1


MIS

RUIMTE

Visuele binneruimte: Die ruimte soos ons dit op die verhoog sien, stel die kombuis
van ‘n uiters armoedige huisie voor. Dit is duidelik dat dit in die
vroeër jare afspeel: kleredrag, meubels, koolstoof, ens. dui
daarop. Die huisie is van sink gebou. Daar is deure wat na
ander dele lei, bv. die gangdeur wat na die res van die huis lei
soos die slaapkamers wat dikwels ter
sprake kom. Dan is daar die
agterdeur wat na buite lei (vryheid)
en die valdeur in die plafon waar die
Pa al jare lank woon (gevangeskap).

Gesuggereerde Dit is die res van die huis wat deur die binnedeur gesuggereer
binneruimte: word. Ons sien dit nie, maar ons is bewus daarvan, want die
karakters beweeg van tyd tot tyd daarheen. Al wat van die
solder sigbaar is, is net die valdeur. Dit is egter ‘n belangrike
ruimte, want Pa woon al sewe jaar lank daar.

Gesuggereerde Die vrolike, misterieuse sirkusruimte met sy liggies staan direk in
buiteruimtes kontras met die benouende, dof verligte binneruimte.
Hierdeur word die ruimtes vir ons van kardinale belang in die
drama, want die twee ruimtes (binne - inperking/buite -
vryheid) word die heeltyd teen mekaar afgespeel. Dit word
twee botsende magte wat die spanning in die drama
verhoog en vir innerlike konflik sorg, want dit is die ruimte
waarna Meisie smag en waarteen haar ma so gekant is. Ons
kan nie die ruimte sien nie, maar deur die gesprekke en die
musiek wat telkens hoorbaar is, is ons bewus van die ruimte.
Dit word dus gesuggereer dat daar so ‘n riumte is.


‘n Ander gesuggereerde ruimte is die benouende werf om die
huisie. Dit is omhein en die hekkie is Meisie se verdere

, 2


bevryding nadat sy by die kombuisdeur uit is. Waar die
sirkusruimte ‘n kontras vorm met die binneruimte, sluit die
werkfruimte weer by die benouende binneruimte aan.


Daar is die kleinhuisie (weer eens ‘n verwysing na mis) en die
hope mis lê daar. Tog begin Meisie se bevryding juis in hierdie
ruimte wanneer sy en Konstabel uitgaan om die slopemmer te
gaan leegmaak. Dit is hier waar hy met haar reël om haar wit
voorstelrok aan te trek. As sy by hierdie hekkie uit is, is sy vry.


Die buiteruimte word deurentyd gesuggereer deur byklanke,
bv. die hond buite die agterdeur en die dialoog t.o.v. die
werf.


Daar is ook die res van die dorp en die rivier. Ons hoor dit uit
die gesprekke oor die polisie wat die wêreld om die rivier
bewaak, ons hoor die honde blaf en ons hoor Gertie se
motordeur toeslaan. Die venster bied vir Meisie ‘n uitsig op die
lewe daar buite. Sy word deur haar ma gekondisioneer om te
glo dat alles buite die huis boos is.



TYD

Dit is die agtergrond van die Depressie dat ons na Mis kyk. Tyd speel ‘n uiters belangrike
rol in die drama. Ons sien aan die kleredrag, meubels en koolstoof dat dit in die
Depressiejare afspeel toe die Afrikaner groot armoede beleef het.

In Mis hoor ons dat Miem vertel hoe hulle hul plaas verloor het en nou ‘n sukkelbestaan
op die kleinhoewe moet voer. Sy en Meisie werk goiingsakke aanmekaar wat hulle vol
mis maak en dan aan die boere verkoop. Ons kry hierdie inligting vanuit Miem se
vertelling aan Konstabel. Dit is as gevolg van die armoede van die Depressie dat
Gabriël hom in die solder onttrek het. Dis sy manier van bevyding/ontvlugting. Ons kan
aan Miem en Meisie se vertelling aflei dat hulle beter tye geken het, want Meisie mis die
nuwe rokke wat sy darem af en toe gekry het.

‘n Ander belangrike aspek van tyd is die presiese datum wat gegee word, naamlik 31
Augustus. Dit is die vooraand van 1 September – lentedag. Lente impliseer nuwe

, 3


lewe/begin/groei. Albei vorige geheimsinnige verdwynings het op dieselfde datum
plaasgevind. Dit gee die boodskap deur dat hierdie meisies bevry word van hul
knellende bestaan en ‘n nuwe lewe tegemoetgaan. Meisie dans bv. met haar wit
voorstelrok by die deur uit, d.w.s. sy begin ‘n nuwe lewe. Die wit rok dui op onskuld,
reinheid, terwyl dit ook op ‘n trourok kan dui – wat op sigself ook nuwe lewe impliseer.



LET OP: die verwysings na blomme, groei. Die bome bot al en die mense soek mis, want
hulle wil plant.



Nag: Dit is nogal beduidend dat die gebeure in die aand en dan later die nag 12:00
afspeel – die kwade uur van die nag. Dit is egter ook die tyd van die towerwêreld
(magiese uur). ‘n Mens sou hier kon verwys na Aspoestertjie wie se koets en perde ook
presies om 12:00 sou verander/transformeer. Dit pas dus in by die idee van ‘n
sprokiesagtigheid.



Verlede: Daar is ‘n terugverwysing na hul verlede toe dit goed met hulle gegaan het.
Hierdie verwysing is belangrik, gesien binne die geheel van die
drama, want dit is tye waarna verlang/gesmag word, toe Pa
nog met hulle was, toe hulle nog ryk was, toe Meisie nog nuwe
rokke kon kry, toe sy nog nie in die misreuk en klein,
benouende huisie vasgekeer was nie.

_______________________________________________

SPANNING

Ons sien reeds vroeg in die eksposisietoneel dat daar spanning
is. Dit duur ‘n hele rukkie voor ons agterkom wat die oorsaak
van die spanning is. Aanvanklik is die inligting baie vaag – net
genoeg om te weet die vrouens is baie bang. Spanning word
opgebou deur middel van uitsteltegniek.

Onheil Miem praat van die “onheil” (WATTER ONHEIL?). As die nag (tyd
wanneer die bose toeslaan) maar net wil verbygaan. Al die
verstandiges het voorsorg getref. (WAARVOOR?) Dit laat ‘n
mens dink aan die gelykenis van die 10 meisies met die lampe.
Alles is agter slot en grendel en die luike is toe. Ons weet dus iets
gaan gebeur, maar ons weet nie wat nie. Dit prikkel onmiddellik
die nuuskierigheid. Bladsy 19.

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through EFT, credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying this summary from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller ansiestudynotes. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy this summary for R159,07. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

66579 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy summaries for 14 years now

Start selling
R159,07  2x  sold
  • (0)
  Buy now