100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary LEWENSORIËNTERING GRAAD 12 JUNIE EKSAMEN 2024 STUDIENOTAS R139,59
Add to cart

Summary

Summary LEWENSORIËNTERING GRAAD 12 JUNIE EKSAMEN 2024 STUDIENOTAS

 6 purchases

Die volgende vorige vraestelle is gebruik in hierdie notas: @IMPAQ 2018, 2019, 2020 & 2021 asook die DBE/WCED LO Hersieningsboekie 2023 & 2024. Onderwerpe: 1. ONTWIKKELING VAN SELF IN DIE SAMELEWING 2. STUDIEVAARDIGHEDE 3. LOOPBANE EN LOOPBAANKEUSES 4. DEMOKRASIE EN MENSEREGTE 5. LIGGAAMLI...

[Show more]

Preview 7 out of 46  pages

  • April 1, 2024
  • 46
  • 2023/2024
  • Summary
All documents for this subject (6)
avatar-seller
ansiestudynotes
1



LEWENSORIËNTERING
GRAAD 12
JUNIE
EKSAMEN
2024
Die volgende vorige vraestelle is gebruik in hierdie notas: @IMPAQ 2018, 2019,
2020 & 2021 asook die DBE/WCED LO LO Hersieningsboekie 2023 & 2024.

Sterkte. Juffrou Ansie
Onderwerpe:

1. ONTWIKKELING VAN SELF IN DIE SAMELEWING

2. STUDIEVAARDIGHEDE

3. LOOPBANE EN LOOPBAANKEUSES

4. DEMOKRASIE EN MENSEREGTE

5. LIGGAAMLIKE OPVOEDING

1. ONTWIKKELING VAN SELF IN DIE SAMELEWING

STRES




@Juffrou_Ansie

, 2


Gevallestudie @IMPAQ JUN 2018

’n Kitsoplossing vir spanning is om te glimlag. Dit mag dalk nie die spanning laat
verdwyn nie, maar jy sal onmiddellik beter voel. ’n Glimlag is ook aansteeklik.
Die rede daarvoor is dat deel van die brein wat die gesigsuitdrukking beheer, ’n
onbewustelik outomatiese responsarea is. Kyk na iemand wat glimlag en jy sal
nie kan help om ook te glimlag nie. Hierdie onwillekeurige responsarea boots
veral gelukkige gesigsuitdrukkings na. In ’n Switserse studie is verskillende
prente, wat emosies soos vreugde, angs, woede en verbasing uitbeeld, aan
deelnemers gewys. Hulle is aangesê om te frons as die prent ’n gelukkige,
glimlaggende persoon uitbeeld. In plaas daarvan om die navorser se instruksies
te gehoorsaam, het almal ook geglimlag. (Aangepas en vertaal: goo.gl/eQvtPJ)

Die lewensvaardigheid wat in die teks aanbeveel word: Leer om dikwels te
glimlag, want glimlag is ’n aansteeklike
emosie.

VIER HOOFGROEPE VAN STRESSORS

1. Fisiese stressor
2. Emosionele stressor
3. Omgewingstressor
4. Sosiale stressor

Simptome van stres

Fisiese simptome Voorbeelde: Kners op die tande, klem van kake,
spierspanning, hoofpyne, kort van asem, maagpyn,
moegheid, verhoogde bloeddruk, borspyne, naarheid,
lighoofdigheid, oormatige sweet, floute, droë mond,
diarree, hardlywigheid en spierspasma.
Gedragsimptome Voorbeelde: Slaap te veel of te min, eet meer of minder
as gewoonlik, gewigsverlies, dwelmmisbruik, antisosiale
gedrag, afname in persoonlike higiëne en senuweeagtige
gewoontes soos byt van naels, loop heen en weer.




@Juffrou_Ansie

, 3


Emosionele Voorbeelde: Buierigheid, depressie, angs, skuldgevoelens,
simptome selfverwyt, ontkenning, gevoelloosheid, geïrriteerd,
hulpeloosheid, wantroue, kort humeur, gevoel van
eensaamheid en afsondering, en huilerigheid.
Kognitiewe Onvermoë om te konsentreer, aandagafleibaarheid,
simptome geheueprobleme, swak probleemoplossing, swak oordeel,
ongeloof, versteurde denke, verwarring, terugflitse of
selfmoordgedagtes.
Die veg-of-vlug reaksie van stres met spesifieke verwysing na die spotprent.
@IMPAQ JUN 2020

 Dit is die reaksie van die liggaam se
simpatieke senustelsel op ’n stresvolle
situasie.
 In die spotprent voel die persoon
bedreig deur die beer, dus is dit ‘n
stresvolle situasie.
 Die liggaam se verdedigingsreaksie
gaan in ’n vinnige outomatiese proses
in wat bekend staan as die veg-of-
vlug reaksie.
 In die spotprent verkies die persoon om te vlug eerder as om te veg

‘n Verduideliking van VIER fisiese reaksies wanneer ‘n stresvolle situasie
onverwags ontstaan @IMPAQ JUN 2020

 Die liggaam skei die chemikalieë kortisol, adrenalien en noradrenalien af.
 Hierdie afskeiding help die liggaam om gereed te wees om óf te veg óf te
vlug, deur die hartklop en asemhaling te versnel, en die waaksaamheid
en spiergereedheid te verhoog.
 Die liggaam begin sweet.
 Die spysvertering – en immuunstelsel word vertraag.

Die volgende as hulpmiddels om stres te bestuur @IMPAQ JUN 2020




@Juffrou_Ansie

, 4


Humor Beteken jy kan die snaaks in stresvolle situasie raaksien en
ook vir jouself lag. Deur doelbewus op die ligter kant van
dinge te fokus word stres positief hanteer.
Lagterapie Lekker lag kan stresvlakke verlaag en daar is kundiges wat
met behulp van hierdie soort terapie ‘n individu kan help
om stres beter te hanteer.
Vergifnis Almal maak foute in ‘n onvolmaakte wêreld. Leer om
jouself en ander te vergewe vir foute,want so kan jy
negatiewe energie agterlaat en konsentreer op die
positiewe


Maniere hoe negatiewe stres 'n persoon se lewenskwaliteit kan beïnvloed. LO
Hersieningsboekie 2024


Dit kan jou gelukkig, depressief en onproduktief maak. Dit kan jou ook
onverstandige lewensstylkeuses laat maak, byvoorbeeld, wanneer sommige
mense benoud is, begin hulle alcohol misbruik, wat hul stres net vererger en hul
gesondheid benadeel. Ongesonde leefstylkeuses sluit in die drink van te veel
alkohol, dwelms, seksuele losbandigheid wat lei tot SOI,s en riskante gedrag soos
bestuur terwyl onder die invloed van alkohol.

Die verskil tussen positiewe stres en negatiewe stres. LO Hersieningsboekie 2024

Positiewe stres is die stres wat jou motiveer, jou aanmoedig en druk op jouself
laat plaas en negatiewe stres is die stres wat jou laat voel asof jy nie die druk
van die stressors kan hanteer nie en dit beïnvloed verhoudings op negatiewe
wyse.

Verband: Lewenskrisis, soos die dood van 'n broodwinner of 'n ouer wat sy/haar
werk verloor, kan 'n kind motiveer om op skool hard te werk om suksesvol te
wees.

______________________________________________________________




@Juffrou_Ansie

, 5


KONFLIK

Gevallestudie/ opstelvraag @IMPAQ JUN 2019



Padwoede in Suid-Afrika

Die aantal gerapporteerde voorvalle van padwoede het oor die afgelope paar jaar
toegeneem. Padwoede het ‘n groot bedreiging vir veilige bestuur geword. Sally Davis, ‘n
kliniese sielkundige beskryf padwoede as ‘n sosiale probleem wat reg oor die wêreld
toegeneem het, met verkeersophopings en hoe vlakke van frustrasie op die paaie.
Padwoede ontstaan wanneer mense wat alreeds kwesbaar is vir aggressiewe
uitbarstings, hul woede uitdruk en - meer krities - dit na totale vreemdelinge rig. Davies
sê van agter die stuurwiel is dit so maklik om verhoudings op die pad te personaliseer.

Ons bevind ons in die magsposisie en ‘n posisie van veiligheid van waar ons ander
bestuurders mondelings kan beledig, bewegings te maak wat hulle beperk of belemmer,
aggressiewe gebare met ons hande te maak, ons ligte te flikker, ons toeters te druk of om
fantasie uit te leef om sodoende “in beheer te wees” - asof ons aangestel is as
Padmonitors! Daar is verskeie redes vir uiterste woede. Sommige mense wat 'n vorige
geskiedenis het van woede uitbarstings, kan geestelike afwykings hê, ander aanval of
eiendom weens woede vernietig.

Daar is ook ander antisosiale persoonlikhede, diegene wat dwelms en alkohol misbruik
of net jou alledaagse motoris wat sielkundig ryp is vir padwoede. Daar is absoluut geen
punt om enige van hierdie mense te steur nie - maak nie saak watter reg jy dink jy het nie.
Dit is net nie die moeite werd nie! Bron: https://bit.ly/2YWoDRY




Padwoede word geklassifiseer as 'n voorbeeld van konflik omdat: @IMPAQ JUN 2019

→ dit 'n meningsverskil is.
→ daar is 'n probleem oor iets.
→ daar is 'n verskil van opinie.

@Juffrou_Ansie

, 6


→ dit kan in 'n geveg eindig.
→ dit is 'n botsing tussen bestuurders.
→ dit kan onbeskofte gebare insluit.
→ dit kan verbale beledigings insluit.
→ opsetlik op 'n onveilige manier bestuur.
→ dit kan dreigemente insluit.

Maniere hoe ‘n aggressiewe houding ‘n konflik situasie affekteer. @IMPAQ JUN 2019

→ Dit vererger/eskaleer die konflik.
→ Dit verhard houdings.
→ Die konflik bly onopgelos.
→ Niemand luister na die ander party nie.
→ Onnodige geweld vind plaas

Voorstelle oor hoe ‘n persoon konflik tydens
padwoede moet benader @IMPAQ JUN 2019

❖ Luister. Die vermoë om te wys dat jy luister
na die ander persoon se gevoelens, is
waarskynlik die kragtigste
kommunikasievaardigheid gedurende
konflik. Wanneer ons luister, verbind ons op
‘n diep vlak met ons eie behoeftes en
emosies en met dié van ander mense.
❖ Wees kalm. Probeer om nie te oorreageer
nie. Fisiese en verbale misbruik is nooit aanvaarbaar nie.
❖ Respek. Alhoewel jy dalk met die persoon verskil, hou by die argument en
toon respek aan die persoon
❖ Nie 'n kompetisie nie. Fokus daarop om die konflik op te los, eerder as om
te wen of reg te wees.
❖ Emosies. Moenie jou emosies ontsê nie, maar wend ‘n poging aan om jou
standpunt te verduidelik.
❖ Laat ou koeie in die sloot. Om griewe oor ‘n lang tydperk op te gaar, is
onproduktief. Probeer om die werklikheid van die huidige situasie te
hanteer.
❖ Aanvaar. As jy nie tot ‘n ooreenkoms kan kom nie, kom ooreen om te
verskil.
❖ Vergewe. Wees dankbaar vir die kans om te leer, werk daaraan om te
aanvaar, te vergewe en maak jou los daarvan.

@Juffrou_Ansie

, 7


Konflikoplossing kan wees ……… @ LO Hersieningsboekie 2024

• die informele of formele proses wat twee of meer partye gebruik om 'n
vreedsame oplossing vir hul dispuut te vind.
Of
• metode of prosesse betrokke I fasilitering van die vreedsame beëindiging
van konflik en oplossing

Strategieë wat 'n mens kan gebruik wanneer konflikoplossing hanteer word. @ LO
Hersieningsboekie 2024

1. Tegemoetkomend

2. Samewerking.

3. Kompromie.

4. Vermy.

5. Kompeterende.

Konflikhanteringsvaardighede wat jou kan help om positiewe verhoudings met
ander mense te handhaaf. @ LO Hersieningsboekie 2024

↘ Jy moet jou gevoelens deel en eerlik wees in jou kommunikasie (✓), want
as jy die gevoel van die ander persoon wat jy is erken, sal die verhouding
groei maar mense glo dalk nie jou eerlikheid nie daarom sal die konflik
dalk nie opgelos word nie
↘ Doeltreffende kommunikasie sal jou toelaat om by die punt te bly en te
soek na 'n oplossing wat by beide partye pas. die ander partye kan egter
koppig wees wat meer konflik skep. En bring meer kwessies uit vorige
meningsverskille .
↘ Jy moet 'n goeie luisteraar wees want om die ander persoon te
onderbreek of te oordeel op wat hulle sê, sal hulle laat voel jy heg nie
waarde aan hulle of hul standpunt nie mense is egter geneig om net na
die een kant van die storie te luister terwyl hulle luister aandagtig na die
ander persoon en hul gevoelens om hulle te laat voel jy waardeer hulle
en hul standpunt
↘ Moenie emosioneel wees in jou kommunikasie nie want dit kan jou
daartoe lei om te oorreageer al raak mense emosioneel die ander
persoon sal voel jy respekteer hulle nie en hierdie reaksie lei daartoe dat
mense jou oordeel en simpatie 'n verskoning gebruik


@Juffrou_Ansie

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through EFT, credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying this summary from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller ansiestudynotes. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy this summary for R139,59. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

62774 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy summaries for 15 years now

Start selling
R139,59  6x  sold
  • (0)
Add to cart
Added