Beeldspraak:
Metafoor: 1 saak is gelyk gestel aan ander sonder gebruik v nes, soos, ens
Personifikasie: menslike eienskappe aan lewelose dinge, diere / plante gegee word
Vergelyking: vergelyk 2 dinge met mekaar + gebruik nes, soos, ens
Stylfigure:
Antiklimaks: iets belangrik omswaai na iets nietig met komiese, betekenislose / omslagtige effek
Klimaks: hoogtepunt. Belangrikste deel vd storie (nie altyd einde v storie nie)
Elisie: weglating v klank / klinker uit woord vir rym / ritme
Eufemisme: versagtende uitdrukking
Hiperbool: oordrywing
Humor: grappige uitdrukking
Ironie: woordgebruik teenoorgestelde sê as wat jy bedoel
Kontras: 2 uiterstes teenoor mekaar gestel
Satire: spot met lewe (alledaagse kwessie = humoristies gemaak)
Oksimoron: teenstelling uit woorde (sienende blind)
Onomatopee / klanknabootsing: gebruik woorde om klanke na te boots
Paradoks: enige stelling wat op oog af absurd voorkom, maar wel geldig is + kern v waarheid bevat
Polisindeton: herhaling v selfde voegwoorde na mekaar (en...en...en...)
Sarkasme: bytend, bitter spot, minagting wat wil seermaak op persoonlike vlak
Simbool: voorwerp/ teken as voorstelling v iets (kruis = Christendom)
Sinestesie: sintuiglike waarneming (Die oë sien die silwer en die ore hoor d stemme)
Herhaling / repetisie: woorde / sisdele wat herhaal word om bepaalde effek te kry. Bind gedig tot eenheid + verleen
klankrykheid daaraan
Klankleer en Spelling:
Klank = Hoe dit klink as dit uitgespreek word.
Spelling = Spelreëls
Stembande = a, m
Sonder stembande = p, t, k, f, s, g
Vokale = a, e, o, u, i en soen die seun
Diftonge = aai, oi, ens. (ook in katjie-uitgespreek)
Konsonante = alles behalwe vokale
-Eksplosiewe (plofklanke) - perd, bal
-Frikatiewe (skuurklanke) - fiets, zoem, gou
-Nasale (neusklanke) – man, neus
-Laterale klanke (middelruimte deur tong afgesluit) – lyk, lelie
-Trillers – rys, ook die bry-r van Bolanders.
Lettergreep- verdeel volgens taal- en spelreëls (hon-ger)
Klankgreep- verdeel volgens klanke wat jy hoor (ho-nger)
Oop lettergreep eindig op ‘n vokaal of ‘n diftong – ska (o) – pe (o)
Geslote lettergreep eindig op ‘n consonant – een (g) – dag (g)
Ronding = normale
Normale, ronde uitspraak van vokale en diftonge – rug, soen, skreeu.
Ontronding = minder
Wanneer geronde klanke met spleetvormige lippe uitgespreek word – seun word seen, rug word rig.
Oorronding = meer
Wanneer klanke met oordrewe geronde lippe uitgespreek word – neef word neuf, sewe word seuwe.
Assimilasie
Klink soms of ‘n klank in ‘n word nie uitgespreek word nie.
Algehele assimilasie – op die word oppie, het die word heddie.
Gedeeltelike assimilasie – aanbod word aambod, onpaar word ompaar.
, (Soek ‘n n. As dit gevolg word deur ‘n k/g, b/m/p wat dan ‘n m word is dit altyd assimilasie).
Palatalisasie
Wanneer die g en k uitgespreek word as gj en kj, bv. Gjee vir die Kjind gjeld.
(Klank verskuif na harde verhemelte).
Vokaalreduksie
Wanneer sekere vokale in ‘n onbeklemtoonde lettergreep gereduseer word tot ‘n (a) – patrys word pitrys, kolonie
word kilonie.
Nasalering en vokalisering
Wanneer die consonant plus die n wat op die consonant volg, deur die neus uitgepreek word – mens, gons.
Klankweglating
Historie word storie, broeder word broer.
Klanktoevoeging
Raak word traak, skielik word skierlik.
Metatesis (klankverspringing)
Persent x present
Turksvy x truksvy
Verdubbeling van vokale
Is die vokaal lank of kort?
Beklemtoon / onbeklemtoon?
Oop / geslote lettergreep?
Hoofletters
-Eiename, enkel vanne, vanne met twee dele (Du Preez) behalwe as daar ‘n voorletter of naam by is (Jan de Wet), vanne
met drie dele, buitenste twee dele (Van den Hever) behalwe as daar ‘n voorletter of naam by is (Jan van der Merwe).
Taalname (Afrikaans), persoonseiename in idiomatiese uitdrukkings (Jan tuis bly se…), B.nwe. en s.nwe. afgelei van
geografiese naam (Gautengers), word wat begin met hoofletter begin afkorting ook met hoofletter (Apr.).
Wisselvorme
Meer as een spelvorm word aanvaar (weereens/weer eens, Chinees/Sjinees, sentrums/sentra ens.)
Spreek word hardop uit wat eindig op d/t om te hoor wat die regte spelling is (kat/katte, grond/gronde).
Woorde in Afrikaans eindig nooit op v nie.
Verkortings
Die eerste lettegreep en die volgende konsonant(e) word gebruik (Afr. Afrikaans, Gesk. Geskiedenis).
Akroniem
Is uit een of meer beginletters van twee of meer woorde saamgestel en word as ‘n word uitgespreek (VIGS-
Verworwe Immunuteitsgebreksindroom).
Onbepaalde lidwoord = ‘n,
Bepaalde lidwoord = die
Koppelteken
Wanneer vokale in woorde langsmekaar staan, soos na-aap en bo-op.
In woorde met syfers, simbole en letters vooraan, soos x-strale, B-span ens.
In woorde met afkortings, soos SMS- boodskap, e-pos ens.
In breuke, soos twee-derdes.
In die plek van “tot” in: van 1948-1994.
In die plek van “teen” in: Australië-Indië- wedstryd.
In woorde waar dele herhaal word, soos lag-lag, sit-sit.
In samestellings met “hulle”, soos ma-hulle.
In geografiese name, soos Kwazulu- Natal.
In name waar windrigtings betrokke is, soos Suid- Afrika.
In woorde waarvan ‘n deel weggelaat word in die plek van die weggelate deel, soos krieket- en sokkerveld
Deelteken